Begrafnisondernemer en die likkewaan.

September 22, 2012 in Sonder kategorie

‘n Maraboe is loshande die lelikste gevoëlte op aarde!Net sy mamma kan hom liefhê en seker ook nie vir té lank nie. Met sy kale kop en yle, donsige  krulletjies,lyk hy meer soos iets uit die buitenste ruimte. Gewoonlik is sy bek ook bevlek met die vrot sappe van morsige eetgoed.Hy is ‘n aserige geveerde,wat dikwels by ashope en slagpale sy etes afsluk.Hy eet darem ook meer smaaklike etes soos groot insekte, vis, reptiele en voëls tot so groot soos flaminke.Wees dus in jou pasoppens vir hierdie lelike ooievaar.Ek glo nie hy is die babetjie-bring-soort nie!

Met sy swart manelpak en waardige houding,lyk hy net soos ‘n begrafnisondernemer en oor hy dikwels op plekke van die dood rondhang,is dit ‘n gepaste vergelyking.As hy egter sy vlerke oopsprei en die winde onder sy wieke vang, is hy die toonbeeld van elegansie en grasie,voorwaar pragtig in vlug!

Hier was hy en ‘n likkewaan slaags oor ‘n stuk aas.Met likkewaan se dikke stert wat klap-klap in sy rigting,het Maraboe maar lugtig sy kans afgewag vir ‘n smullige happie!

12 antwoorde op Begrafnisondernemer en die likkewaan.

  1. TS het gesê op September 22, 2012

    Die gesig is dalk lelik maar kyk hoe mooi is die bene… Sjoe jy het mooi foto’s…

    Jy moet hier inskryf… http://fotoskool.co.za/

  2. Dankie Tina,maar ek doen dit net vir ‘n stokperdjie.Sal tog daar gaan loer.

  3. Ek het bietjie daar geloer.Dit lyk lekker interessant.

  4. jou dier en natuur fotos van Namibie en Botswana sal my altd bybly. ook bv die een tyd terug oor die kar-wrakke het my baie laat dink aan daai wereld en sy verlede/legendes/werklikhede. dankie vir die tyd van geniet.

  5. Jy laat my skoon aangedaan voel.Dalk is ons verniet so pessimisties en kuier ons dalk lekker daar anderkant.

  6. Foeitog kyk die ou kieriebeentjies. Op ‘n manier is hy tog vir my mooi !

  7. Eintlik is hy nie te lelik nie,maar ek dink hy stink bietjie kwaai!

  8. hulle is werklik potsierlik

  9. Der Maraboe, der Maraboe,
    der hebt ein bein
    und schlaft dazu (umlaut missing)

    Wieredhallala, wiederhallala
    Wiederhallalalala…

    🙂

  10. Meeste woorde wat jy nog vir my geskryf het,dit nogal in ‘n vreemde taal!
    Ek hoor jou al sing,haha!

  11. Veral as die donse op die koppe deurmekaar is!

  12. Kinderliedjie wat die Duitser vir ons kinders gesing het!

    🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.