Tiervis het sy tier ontmoet!

September 21, 2012 in Sonder kategorie

Hierdie tiervis het nog gedink hy swem lekker rond,toe ‘n spies van besondere aard hom deurboor en hy ‘n slanghals se  aandete word!

Die slanghals swem onder water en skiet sy kop vorentoe soos ‘n pyl uit ‘n boog en deurpriem sy prooi.Wanneer ‘n mens die voël sien swem, lyk dit kompleet soos ‘n slang,vandaar die naam.’n Mens sien hulle dikwels op boomtakke of klippe sit,met hul vlerke oopgesprei in die son.Omdat hulle so onder water jag, moet hulle dikwels hul vere laat sondroog.

Hierdie foto’s is op die Choberivier in Botswana geneem en dit was blote geluk dat ek op die regte tyd op die regte plek was!

Eers word Vissie gevang,gesteek so by die hart langs.

Probeer Vissie posisioneer voordat die afslukproses begin.

Skud hom bietjie reg sodat hy bek eerste kan inglip,anders sny die skubbe en vinne Slanghals se keel oop!

Nog een laaste regskud en daar gaan hy..so glad soos ‘n paling!

Nog ‘n sluk en Vissie was gewees!

17 antwoorde op Tiervis het sy tier ontmoet!

  1. Rof as mens ‘n vis is!

  2. Eerste keer wat ek so ‘n voel sien! Wil nie aan sy verkeerde kant beland nie 🙂

  3. Rof as jy deel van die voedselketting is!

  4. Hulle is taamlik volop,veral by panne en vleie.Ja..daai verkeerde kant!

  5. Sjoe – dis besonders. Lyk my jy is baie keer op die regte plek

  6. Mens moet net jou oë oophou!Dankie vir inloer.

  7. TS het gesê op September 21, 2012

    Ag stomme vissie.

  8. WOW!!!!!

  9. bly is ek nou dat ek tande het.

    mooi foto’s – soos gewoonlik. 🙂

  10. Jy en jou kamera is ook altyd op die regte tyd op die regte plek – ek dink julle is gemesmeraais of iets!

  11. Een se dood is die ander se brood!

  12. Dankie!

  13. Gelukkig is jy nie ‘n vissie nie!

  14. Soms baie moeilik,maar konstant kamera in die hand,gee goeie skote op die regte tyd.

  15. STC het gesê op September 22, 2012

    Dit is besonderse fotos.

  16. Baie dankie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.