Paddaboudjies sal nooit weer dieselfde betekenis hê nie.

September 18, 2012 in Sonder kategorie

Hammie Hamerkop en sy trawante, het ‘n vreeslike aanslag geloods op die reeds beleërde paddas van Shumbadam

in Hwange Nasionalepark.Die dam was juis aan die opdroog en paddakinders het gespook om aan die lewe te bly.

Nie net die elemente was teen hulle nie.Die nare geveerdes uit die lug was hul finale nekslag!

Arme padda word eers vir ‘n goeie tien minute lank verbrysel teen die grond!

Eina,eina!Wanneer is my lyding nou verby?

Koppie eerste in en net my ou geel pootjies steek nog uit!

Wurg, wurg soos aan wurgpatats!

Wie het gesê daar is niks lekkerder as paddaboudjies nie?

Nammenam! Kroppie lekker vol,nou vir die volgende een!

17 antwoorde op Paddaboudjies sal nooit weer dieselfde betekenis hê nie.

  1. jou fotos is baie goed!!

  2. Jy is ‘n fotograaf van statuur

  3. TS het gesê op September 18, 2012

    …sug…

  4. Ure en duisende foto’s,waarvan net ‘n paar werk, Ouboet.Nietemin,Dankie!

  5. Dankie ek waardeer!

  6. Elke trade het sy tricks

  7. Ook maar wreed ! Mooi foto’s! xxx

  8. strokies verhaal. 🙂
    pragtige foto’s

  9. Foeitog ! Arme padda ! XXX

  10. Natuur is ‘n rou plek!Ons is so verwyderd daarvan,dat mens soms geskok word deur wat daar aangaan.

  11. Dankie Rosie.

  12. Visarend het soms die paddas gegryp by die hamerkoppe,dan is mens weer jammer vir die hamerkoppe.Wrede siklus.

  13. Groot vogel…

  14. Ek het ‘n ongepubliseerde manuskrip met die titel “Hamerkop”. Dankie hiervoor.

  15. Het jy gedigte daarin?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.