Seekoeistreke

September 17, 2012 in Sonder kategorie

In ‘n baie vlak, amper droë Shumbadam in die Hwange Nasionalepark (Zimbabwe)

leef hierdie seekoei op die grens van die dood.Bedags steek sy rug heeltemal uit die water.

Ons het hom aanvanklik nie raakgesien nie,want hy lyk soos ‘n moddereiland.Selfs die voëls

sit op hom!Sy geheim vir oorlewing, is dat hy homself gedurig met ‘n modderlaag bedek.

Kostelik om die logge dier te sien modderbad!

Rol lekker op my rug!

Nog so ‘n bietjie..

Aaah,lekker!Salige koeligheid!

Nou bietjie my kinnebak skuur op die boomstomp.So ‘n droë stoppelbaard kan vreeslik jeuk!

Net gou bietjie keel skoonmaak voor ek die bos instap vir die nag se ete van dor gras!

Almal beny my modderpak!Kyk hoe blink ek in die laatmiddagson!

26 antwoorde op Seekoeistreke

  1. Pragtige foto’s!

  2. eintlik mooi van lelikgeid!!

  3. Ja hy is skreeulelik!

  4. Dankie!:-)

  5. Mooi foto’s – seker ‘n rukkie gevat om die foto’s te neem

  6. hysmal het gesê op September 17, 2012

    omtrent ‘n groot mond!!!

  7. TS het gesê op September 17, 2012

    Waarrrr’s my Chomp!

  8. Wow!

  9. frandr het gesê op September 17, 2012

    Ag kostelik! In die laaste foto boots die natuur die metaalbeeldjies langs die paaie na!

  10. Ja,mens moet laank en geduldig wag en dan sien jy sommer ander interessante goed ook raak!

  11. Gevaarlikste dier in Afrika!

  12. Jy bedoel seker: “My hele pak Chomps”!

  13. Dankie vir inloer!

  14. Dankie vir kuiertjie!

  15. Ja,hy lyk so metalerig.

  16. puik fotoverhaal! blêrrie goeie foto’s!!!

  17. ek sien jy is ook nog darem hier!

  18. Dankie Kroks!

  19. Sukkel my net vrek met links vanaf my epos na kommentaar van ander bloggers.Elke keer”page not found”.Skoon moedeloos!

  20. zephur het gesê op September 18, 2012

    Die boodskap is maar net as dinge verkeerd loop met die oorskuif en ons nooit weer op die blogs mekaar sien nie…
    Hier is my email

    [email protected]

  21. Baie dankie,ek waardeer dit baie!

  22. Ag moeder, maar moet net nie op my val nie?

  23. Lekker vet dier!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.