Die een se dood is die ander se brood (waarskuwing:grillerig!)

September 15, 2012 in Sonder kategorie

Op ons onlangse besoek aan die Chobe Wildreservaat in Botswana, het ons op hierdie gru-toneel afgekom!Die seekoei is blykbaar dood in ‘n geveg en het hier alreeds drie dae gelê en sag word,sodat ‘n massa hongerige krokodille deur sy vel kon begin byt.Hy was al goed opgeblaas en die desperate hongeriges het heeltyd om hom geswem en probeer knaag aan die ongelukkige dier.

Ek is seker dat as hy eers oopgemaak is, sal ‘n getrekte vuurhoutjie daar naby,’n hengse gasontploffing veroorsaak!

Hier kan mens duidelik die interessante viertonige poot sien,wat sulke netjiese

blaarvormige spore maak.

Hierdie ou skeurtand is vreeslik honger,maar sukkel om die dik vel stukkend te byt!

Hy wend nog ‘n poging aan,want die kompetisie is straf!Die water wemel van

die grillerige oerdiere!

19 antwoorde op Die een se dood is die ander se brood (waarskuwing:grillerig!)

  1. TS het gesê op September 15, 2012

    Ag siestog…

  2. Dis een van die interessantste blogs ooit!
    Jy is flippen skerp met die kamera –
    geluk.

  3. Dankie Lou.Ek is ontsettend bevoorreg dat ons baie geleenthede kry om sulke goed raak te loop.

  4. Ja die arme seekoei se waardigheid is sooo aangetas!

  5. Wonderlike foto’s.
    En wat sou die natuur sonder sy skoonmaak-crew doen.
    Soos die nederige vlieg, byvoorbeeld.

  6. Pragtige fotos. Mooi les uit die natuur

  7. Ja,daardie massa vleis sal so lê en vrot dat dit ‘n gesondheidsgevaar inhou.Bly ek is nie ‘n krokodil wat dit moet eet nie!

  8. Dankie vir inloer ,Ouboet.

  9. Nice foties!

  10. Dít is baie interessant! Dankie hiervoor.

  11. Dankie tog vir die grilleriges wat kom eet, want anders sou dit darem maar verskriklik begin stink het. Die arme seekoei – dat hy nou so onwaardig poot in die lug moet doodgaan. Jou foto’s is baie goed en regtig so interessant, Perdebytjie.

  12. Dankie Lora,ek waardeer dit!

  13. Dankie Latino.

  14. Omtrent grillerig, maar dis maar die natuur! XXX

  15. grillerig is ‘n goeie woord hiervoor.

  16. ai dis hartseer…

  17. Feite in die natuur.

  18. TheGiz het gesê op September 17, 2012

    Ek geniet jou skryfstukkies darem baie! En die foto’s is altyd treffend! Baie dankie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.