Volstruisie met jou lange nek…

Augustus 31, 2012 in Sonder kategorie

Wie onthou nog die gediggie?

Vostruisie met jou lange nek

Kan jy hom nog langer rek?

Kan jy hom nog langer maak,

Dat hy aan die dak kan raak?

Volstruise bly maar vir my vreemde goed.Hulle is so oer.Die eienaardige drietoon-pote

lyk soos iets uit die Dinosauriër-tydperk.

Hierdie juffertjie het teen sonlig in,ogies gemaak vir die aandoenlikste mannetjie!

Haar bekkie val skoon oop van verwondering, toe die kalant sy hofmaakriel

voor haar dans!

Wie kan sulke pronkerige passies weerstaan?Kyk daardie lieflike gespierde dye

en die pragtige veredos op sy vlerke en stert!

34 antwoorde op Volstruisie met jou lange nek…

  1. TS het gesê op Augustus 31, 2012

    Kyk net hoe mooi… jy maak my lus om ook weer te begin foto’s neem

  2. louisna het gesê op Augustus 31, 2012

    Ek wonder hoekom is manlike voëlspesies mooier as die vroulike geslag. Dit slaan my stom.

  3. philvr het gesê op Augustus 31, 2012

    Ja waar ne.

  4. Kyk net daai mooie, lange wimpers ! Sug !

  5. endlich het gesê op Augustus 31, 2012

    Jy Is reg perdebytjie, die naaste familie van die dinosourusse wat nog leef is voels? Het jy geweet?

  6. kan resitasie nogal so vaagweg onthou!

    foto’s is pragtig

  7. This is so nice!

  8. Kyk dan tog ‘n bietjie daar
    of jy nie dalk my bal gewaar.
    Ek het hom netnou daar verloor
    Kyk tog mooi, Volstuisie, hoor!

    Lieflike foto’s!

  9. Dankie Lou.Ek het die versie vergeet.

  10. Dankie!

  11. Baie pret gewees om hulle dop te hou.

  12. Ek verstaan so,maar die volstruispote lyk heel anders as ander voëls s’n.Miskien kan Neander meer lig werp hierop.

  13. En die mooie ooge!

  14. Dankie vir inloer!

  15. Agterstevoorspulletjie!Eintlik is die wyfievoëls baas,want die mannetjies moet allerhande pluime rondswaai,trieks uithaal en verkleur,om die dames se aandag te trek!

  16. Ag jy moet.Dis sooo bevredigend en mens sien partykeer die interessantste goed deur ‘n lens.

  17. louisna het gesê op September 1, 2012

    Yes, dit maak sin

  18. As ek reg gehoor/gelees het, is daardie “dye” eintlik volstruis se kuite. Die agterstevoor kniknop is in werklikheid die hakskeen en dus is die deel daaronder nie die onderbeen nie, maar die voetbeen! Die kniekop is dus bo tussen die vere, en dan eers die boudjie!
    Julle moet, wanneer julle weer KKNK toe kom, by die CP Nel-Museum inloer; hulle het ‘n pragtige volstruisuitstalling.
    Terloops, volstruise steek nie hulle koppe in die sand weg as hulle gevaar sien ie, so onnosel is hulle darem nie om hul neusgate onder die sand in te steek nie!

  19. frandr het gesê op September 1, 2012

    Bekoorlik! Veral daardie oop bekkie…

  20. Dis interessant en dit maak baie sin.Dus sal mens eers al die vere moet wegneem om die dye en heup te sien!Regtig ‘n vreemde wese!Ja,van die kop in die sand steek, het ek ook al gehoor dat dit nonsens is!As jy sien hoe agressief hulle is,dink ek daar is min dinge wat sulke gedrag by ‘n volstruis sal meebring.Ek wonder wie het met die twakstorie begin?

  21. Lyk of sy ingekleurde lippies ook het!Dankie vir inloer.

  22. Natuurlik is volstruis vleis ook baie gesond en heerlik om te eet.

    Moet netnie die fout maak om een te koop en nie dadelik te slag nie…dan gee vroulief dit ‘n naam en wil nie saam eet nie. Tot sy mooi vel is nou nognie in die onderbaadjie verander nie….

  23. Twaksak het gesê op September 2, 2012

    Die Boesmanraaisel lui: ‘n Bietjie kierie en ‘n bietjie knop, nog ‘n bietjie kierie en nog ‘n bietjie knop.

  24. sirpsa het gesê op September 2, 2012

    Ja-nee, onweerstaanbaar.

  25. Mens eet nie jou troeteldiertjie nie.Ek stam saam met jou vroulief!

  26. Oulik!

  27. Dankie vir inloer!

  28. ek is mal oor jou fotos!!

  29. Troeteldiere bly in jou huis of by jou huis….dus was dit nie ‘n troeteldier nie…hoe de hel troetel jy nou ‘n volstruis in elkgeval ha ha ha.

  30. Dit is so,maar vrouens dink met die hart,veral as die ding al naamgekry het.

  31. endlich het gesê op September 4, 2012

    dis interessant

  32. Dankie ek waardeer!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.