Pragtige Gebaar.
Augustus 27, 2012 in Sonder kategorie
Vanoggend is ek teen my beterwete bank toe..het skoon vergeet dis amper die einde van die maand!Terwyl ek daar sit en wag om ‘n konsultant te sien,ryg die mense in op die verspotte moderne stoele van die “nuwe gerbruikersvriendelike” konsultasie-afdeling in my plaaslike bank.
Party stoele het rugleunings,ander is net sulke poefs wat soos blokkies langs mekaar staan en dan is daar langderm bankies sonder rugleunings.Alles natuurlik in helder kleure,maar o,so onprakties! As jy op ‘n poef sit, sit jy letterlik bo-op die ou langs jou.Op die dermbankies spook die swanger vrou langs my,om asem te kry,want sonder ‘n rugleuning,druk haar magie ongemaklik teen haar kleintongetjie en spook haar platgedrukte longe om vars lug te kry! Een of ander oorywerige ontwerper moet beslis ‘n skop op sy jis kry oor hierdie verspotte sitgoed!
Ek val nou eintlik myself in die rede en wou nie kla oor sulke nietighede nie..net ‘n waarneming gewees!Sommige mense neem mos maar ‘n Kaapse draai met baie vertakkinge voordat hulle by die storie uitkom.
Nietemin, by een van die konsultante sit ‘n vrou seker al ‘n halfuur op die bankfoon met iemand en praat..duidelik besig om haar gestorwe ma se sake te probeer uitsorteer.Ek kon nie die gesprek hoor nie,maar skielik sê sy moedeloos en kliphard:”My mother is dead, can’t you understand?”Sy plak toe sommer ook die foon neer en bars in trane uit.Ek het onmiddelik verstaan,dat dit weer ‘n burokratiese riekmeroul is waardeur die arme dame moes ploeter.Gelukkig was die konsultant baie simpatiek en het self die foon geneem en probeer uitpluis wat aangaan.
Die mooiste van die hele ding was,dat ‘n wildvreemde vrou, vanuit die wagtende skare op die moderne poefbankies,opgestaan het en ‘n handvol tissues in die snikkende vrou se hande geprop en vir haar ‘n drukkie gegee het!
Dankie aan hierdie naamlose samaritaan,jou daad het nie ongesiens verby gegaan nie!
lora2me het gesê op Augustus 27, 2012
Goeie mense vergoed vir harde bankies in sulke plekke. Ek haat wagplekke, want ‘n mens kry altyd die een of ander griep daar as jy lank genoeg sit.
TS het gesê op Augustus 27, 2012
Ag hoe mooi! Mense geen nog om.
By my bank kan jy nie sit nie jy moet staan en wag en hang aan sulke pieperige reelinkie
Perdebytjie het gesê op Augustus 27, 2012
Die vrou aan my anderkant het juis so ‘n vieslike roggelende,slymerige hoesie gehad.Hoop nie ek het kieme opgetel nie.
Perdebytjie het gesê op Augustus 27, 2012
Lyk my ek is verniet lelik oor die sitgoed!
Carol460 het gesê op Augustus 27, 2012
So kry jy mense en mense, né, en hulle hou nooit op om mens te verbaas nie
rosiemetdorings het gesê op Augustus 27, 2012
wou ek vir jou so terloops noem. waardeer die sitgoed. 🙂
rosiemetdorings het gesê op Augustus 27, 2012
nie net het sy die tissues gekry nie, al het sy dit nie besef nie glo ek daar was etlikes wat ook medelye vir haar situasie gehad het
postatdo het gesê op Augustus 27, 2012
Designer office furniture, usually impractical, very nice post.
avega het gesê op Augustus 27, 2012
So ‘n gebeurtenis gee mens hoop vir die mensdom
verbeeldingsvlug het gesê op Augustus 27, 2012
Dis wonderlik om te sien en te voel hoe mense nog omgee.
HeavyHenry het gesê op Augustus 28, 2012
Nice!
Perdebytjie het gesê op Augustus 28, 2012
By die hartseer ook die mooi!
Perdebytjie het gesê op Augustus 28, 2012
Ek dink almal daar het sleg gevoel.
Perdebytjie het gesê op Augustus 28, 2012
Dankie!
Perdebytjie het gesê op Augustus 28, 2012
Daar is nog baie mense wat omgee.
Perdebytjie het gesê op Augustus 28, 2012
Ja,ek dink mens sal verbaas wees hoeveel liefde en omgee nog steeds in die wêreld is,ten spyte van al die slegte goed.
Perdebytjie het gesê op Augustus 28, 2012
🙂
Perdebytjie het gesê op Augustus 28, 2012
Ja,dis strate beter as om te staan of in een van die staatsdiensplekke op daai vuil stoele van stoel tot stoel te skuif!Was net vir my vreemd ontwerpte goed,wat eintlik onprakties is.
I-like-silly het gesê op Augustus 29, 2012
ons banke se dienste is amper so swak soos die regering sin…..sterre vir die tissue dame!!
loudavisi het gesê op Augustus 30, 2012
Iets anders wat my verslae laat:
So baie mense wat wag om gediens te word, maar dié wat ‘n oop telefoonlyn kry, kry eerste diens.
HA!
Pragtige, menslike storie wat weer moed gee.
Perdebytjie het gesê op Augustus 30, 2012
Maar ons betaal baie “diens”geld!
Perdebytjie het gesê op Augustus 30, 2012
Jip!Dit het regtig sagte salf op my oggend gesmeer!
zephur het gesê op Augustus 30, 2012
Sal wil sien hoe hou daai stoele as ‘n plaasboer van die Vrystaat wat 150kg weeg sy sitvlak op hulle neer plak.
Perdebytjie het gesê op Augustus 30, 2012
Die skuimrubber sal om sy ore vou..hehe!