Slim Diertjie
Augustus 23, 2012 in Sonder kategorie
Terwyl ek die middag lekker op ons stoepie sit in Nossobkamp,hoor ek ‘n vreeslike geraas van iets wat skeur.Ek dag eers dis die buurman wat sy vuur al vroegaand aanpak.By nadere ondersoek sien ek die klein kalant wat vir al die lawaai verantwoordelik is.
Hy het buurman se Charcoalsak oopgeskeur en is besig om dit stelselmatig in sy mond te prop.Vir ‘n goeie halfuur hou ek hom dop en sien dat hy elke keer met mondevol papier iewers heen verdwyn. Ek volg hom en sien toe, dis eitlik ‘n haar, want sy verdwyn elke keer in ‘n gat, bly ‘n rukkie weg en kom dan weer uit vir die volgende sarsie papiermaaltyd!Die papier word natuurlik gebruik om die nes uit te voer.Wat ‘n slim dingetjie!
Die gedoente het die hele middag aangehou en buurman se sak kole was naderhand net kole!
Diere is baie aanpasbaar en hierdie grondeekhoring is weereens ‘n bewys daarvan.
I-like-silly het gesê op Augustus 23, 2012
dis sulke mooi fotos!!!
wonkytrolley het gesê op Augustus 23, 2012
Papier Vreter?
Perdebytjie het gesê op Augustus 23, 2012
Kom kyk weer,ek het per ongeluk gepos voordat ek klaar was.
Perdebytjie het gesê op Augustus 23, 2012
Kom kyk weer.Ek het per ongeluk gepos voordat ek die storie kon skryf!
Modigliani het gesê op Augustus 23, 2012
Baie slim!
Blikskottel het gesê op Augustus 23, 2012
Wys jou net hoe diere slim genoeg is om van elke moontlik meevallertjie en geleentheid gebruik te maak.
HeavyHenry het gesê op Augustus 23, 2012
Nice foties!
Perdebytjie het gesê op Augustus 23, 2012
Ja,ek wens jy kon sien hoe metodies sy te werk gegaan het.
Perdebytjie het gesê op Augustus 23, 2012
🙂
Perdebytjie het gesê op Augustus 23, 2012
Daardie hele sak was naderhand onder die grond.Die buurman kon nie verstaan wat gebeur het nie,totdat ek vir hom die foto’s gewys het.Ons het lekker gelag.
Carol460 het gesê op Augustus 23, 2012
Ag my moeder ! Ek vreet die ou dingetjie sommer op !
TS het gesê op Augustus 23, 2012
lekker slim outjie! Word deel van die moderne wêreld
Mooi foto’s
rosiemetdorings het gesê op Augustus 23, 2012
dis vrek oulike foto’s
endlich het gesê op Augustus 23, 2012
cute
loudavisi het gesê op Augustus 23, 2012
Jy is flink met die cam!
Uitstekende foto’s!.. jy kan by sekurity aansluit om die skuldiges vas te lê
Perdebytjie het gesê op Augustus 24, 2012
Hehe!Ek moes nogal ‘n ent agter haar aanhardloop om te sien waar sy heengaan.
Perdebytjie het gesê op Augustus 24, 2012
Dankie.
Perdebytjie het gesê op Augustus 24, 2012
Dankie.
CBL1979 het gesê op Augustus 24, 2012
Dis “dier”bare foto’s!
endlich het gesê op Augustus 24, 2012
🙂
sirpsa het gesê op Augustus 24, 2012
Wat ‘n voorreg om so ‘n kalant in die omtrek te hê. Hoop daar gaan nog baie charcoalsakke stukkie vir stukkie weggedra word.
Perdebytjie het gesê op Augustus 24, 2012
Bietjie harde papier vir ‘n nes,maar blykbaar dink die diertjie nie so nie!
Perdebytjie het gesê op Augustus 24, 2012
Diere lê na aan my hart!Dankie vir inloer.
VirMyLiefling het gesê op Augustus 25, 2012
En wat sal buurman my vra vir 2 sulke baies? Inbox my asb! Dankie!!
Twaksak het gesê op Augustus 26, 2012
Watter liedjie bevat die woorde, “Jou klein kabouter, jou klein stouter”? Mooi foto’s.
Perdebytjie het gesê op Augustus 27, 2012
Ek dink dis ‘n liedjie van Mynie Grove,op een van die kinderplate ,so dertig jaar gelede.Dankie vir inloer.
TheGiz het gesê op Augustus 27, 2012
Pragtige foto’s… bly jou kamera was darem naby om dit te kon vasle!
TheGiz het gesê op Augustus 27, 2012
Kom hierdie woorde nie uit Pinnocio nie?
Perdebytjie het gesê op Augustus 27, 2012
Jy is heeltemal reg.Wie het dit gesing?Was dit Mynie of Carike?
Perdebytjie het gesê op Augustus 27, 2012
Dankie.My kamera is deel van my!