Mede Aardbewoners

Augustus 22, 2012 in Sonder kategorie

Ons mede aardbewoners voer ‘n stryd om bestaan en ek wonder of mense aldag bewus is van ons selfsugtigheid,wat uiteindelik ons mede bewoners en ons eie toekoms gaan vernietig.Gelukkig is daar nog plekke op Moederaarde se uitgemergelde lyf,waar hierdie spesies “ongehinderd” kan voortbestaan.

Dit bly egter ‘n stryd om oorlewing,want elkeen is deel van die voedselketting en moet heeltyd waak teen bekruipende vyande.Hierdie stryd word só opsigtelik,wanneer ‘n mens in die Kgalagadi is en die naaktheid van die natuur met al sy wreedheid,helder kan ervaar!

Merie Meerkat staan al vroegdag op sy miershoop op die uitkyk vir roofdiere en 

ander smulpape.

Gevaar uit die lug is natuurlik ook moontlik en knapie is voltyds paraat!

Grondjie Grondeekhoring,met sy skerp kloutjies,moet ook gedurig wonder oor

nare reptiele en geveerde gevare van bo!

Valie Vaalboskat lek sy lippe af vir ‘n eekhoring- en reptielhappie,maar moet ook

sy agterhoede dek teen die gevaarlike groter katspesies.Sy bestaan word bedreig

deur verbastering met die gewone huiskat en op baie plekke in Suid-Afrika,is

suiwer vaalboskatte iets van die verlede.

Met so ‘n besoek aan die natuur,word mens weer bewus van jou eie nietigheid!

14 antwoorde op Mede Aardbewoners

  1. Nice en ware woorde!

  2. Mens voel gestroop van grootheidswaan as jy hier was.Die natuur is sterker as die mens met al sy foefies.

  3. TheGiz het gesê op Augustus 22, 2012

    Baie ware woorde. En pragtige fotos!

  4. Ek dink as mense nou in die natuur moet oorleef sal meeste sommer gou gou dood wees. Dis omdat hulle geen kontak meer het met dit nie…en dis eintlik so jammer en siek.

  5. mooiste fotos!!!

  6. Jy is heeltemal reg!Wanneer gaan jy op jou toer?

  7. Dankie vir inloer!

  8. Dankie!

  9. Ek sal een van my voortande gee vir een van die eerste 2!

  10. CBL1979 het gesê op Augustus 22, 2012

    Fantastiese foto’s!

  11. frandr het gesê op Augustus 22, 2012

    Watter pragtige kat – ek wil hom hê!

  12. Die meerkat is my gunsteling!

  13. Dankie!

  14. Ek het hom ure lank dopgehou.Hy het eers geslaap,toe omgedraai dat jy net sy agterkant sien en toe uiteindelik wakker.Dis ‘n pragtige dier!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.