Besondere reisgenoot

Augustus 22, 2012 in Sonder kategorie

Met my onlangse terugkeer van die Kgalagadi,pak ek toe mos my goedjies uit.Ek het so ‘n groterige toiletware tassie en toe ek nou die laaste ding uitlig,sluk ek amper my krone in van skrik.Hierdie kalant het omtrent duisend kilometer saam met my gereis.Ek was vinnig by met die kamera en met ‘n amper pap battery,kon ek darem sy grieselrige lyfie vaslê op my laaste foto.Terwyl ek vinnig batterye omruil,verdwyn ta soos ‘n groot speld!Hy is iewers in my kamer!

Gelukkig is dit nie ‘n gevaarlike spinnekop nie en is spinnekoppe my gunsteling inwoners in ons huis.(Ek vertel dit net nie vir almal nie,anders sal ek nooit kuiergaste kry nie!)Dis ‘n muurkrapspinnekop,ook bekend as ‘n “flattie”,omdat hy so plat teen die mure sit.

Iets meer oor my reisgenoot:

Latynse naam:Anypops,Selenops

Leefwyse:vry bewegend en grondlewend.

Habitat:beboude gebiede,op en onder boombas,op rotse en in skeure.

Grootte:Groot tot baie groot.15 tot 30mm.

Gif:Skadeloos.

25 antwoorde op Besondere reisgenoot

  1. Ek sal vir my mos in ‘n ander bloedgroep skrik ! :-))

  2. Hulle sê dan juis die spikkelpote is die gevaarlikste!

    Ek gaan anyway stop om te vra nie..

  3. frandr het gesê op Augustus 22, 2012

    Ek gril my morsdood vir daai plattes…

  4. Ons noem hulle sommer huis spinnekop en hulle is welkom in ons huis.Baie goeie vlieevangers.

  5. TS het gesê op Augustus 22, 2012

    oulike knaap!

  6. arachnofobia is my middelnaam, die plat spinnekoppe het ek gewoond geraak en hulle kan ek hanteer maar die wat hulle reenspinnekop roep, gee my die kreeps

  7. Ah, as ek skielik op hom afkom, wip ek hemelhoog. Maar ek los hulle ook maar dat hulle in die huis rondbeweeg as hulle hulle mooi gedra. (So een tot drie elke maand in die somer. Nie hierdie soort nie, reenspinnekoppe en rooi romane.)

  8. Bly nog steeds n Spinnekop

  9. Hierdie outjies is eintlik skadeloos en doen goeie werk om die ander ongediertes soos vlieë, kakkerlakke en vismotte in jou huis te tem.Die gevaarlikes is viool- en sakspinnekoppe.Liederlike gif wat die weefsel aanval.Ook swart knopiespinnekop,wat senuweestelsel aanval.

  10. Ek skrik ook as ek hom skielik sien,maar raak dan rustig as ek weet waar hy rond beweeg.

  11. Voorwaar beter as om gif te spuit vir die ander peste.

  12. Ek het eers,want toe ek my waslap optel,wag hierdie verrassinkie vir my!

  13. Skattig,veral as hy so skarrel teen die mure langs.

  14. Reënspinnekoppe is nogal grillerig,maar darem ook onskadelik.

  15. Mense besef nie hoe waardevol spinnekoppe is nie.Ek wil darem net nie die giftiges in my huis hê nie en gooi hulle gereeld uit.Ek sit ‘n glas bo-oor en skuif dan ‘n papier onderdeur die glas,dop dit om,en dan is die knapie oppad buite toe,ver van my kamer af!

  16. Versigtigheid is altyd maar die beste as dit by spinnekoppe en politici… o ja en “regs geleerdes” kom!

  17. Ja,hulle is maar grillerig.Juis daarom het ek bietjie meer oor hulle begin leer,sodat ek my vrees kan oorkom.

  18. Hehe! Janee,ek dink politici doen baie meer skade as al die spinnekoppe in die wêreld saam.

  19. Ag nice!

  20. Gril ek myself nou MORSDOOD.

  21. Vir so ‘n ou benerige diertjie? Hehe!

  22. Kringe het gesê op Augustus 23, 2012

    My seuntjie is baie beïndruk

  23. Oulik dat hy nie eers bang is nie!

  24. Mooi van ver. Ons weet eintlik te min van hulle om te weet vir wie ons moet skrik en vir wie nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.