Die klein dingetjies in die lewe
Augustus 21, 2012 in Sonder kategorie
Wanneer ‘n mens kleiner begin kyk rondom jou, is daar ‘n wonderwêreld wat oopgaan.Ongelukkig is ons so ingestel op groot sigbaarhede,dat ons meestal die juweeltjies om ons miskyk.
Ek deel graag hierdie skatjies met julle.
‘n Streepmuisie loer versigtig na water in die bakkie.
Sy dors kry die oorhand en hy druk sy snoetjie in die water.
Twee streepmuisies en hul versamelvoëltjie-drinkebroers.
Dors is ‘n lelike ding,maar in die woestyn is daar vir almal plek,wanneer ‘n ou
afgesnyde bottel ingespan word om die dors te les.Die sterte koek en krul om mekaar!
Muisie,muisie,wat loer uit jou huisie!
Ek is terug,na ‘n wonderlike tyd in die Kgalagadi.Dis ‘n plek waar ‘n mens jou siel weer kan vind!
sirpsa het gesê op Augustus 21, 2012
Welkom terug. My hart trek nou sommer so ‘n punt Kgalagadi-duine toe.
lora2me het gesê op Augustus 21, 2012
Sjoe, maar dis die oulikste foto’s. Jy moet dit vir ‘n kompetisie of iets instuur, want ‘n mens sien dit nie elke dag nie. Ek is bly jy het jou tyd daar geniet.
TS het gesê op Augustus 21, 2012
ooooo hoe pragtig…
Welkom terug… het jou gemis
Perdebytjie het gesê op Augustus 21, 2012
Dankie Lora.Ek geniet dit maar net om deur my lens interessante goed te sien.Kompetisie sal my te senuweeagtig maak en dan raak dit stresvol.
Perdebytjie het gesê op Augustus 21, 2012
Wens ek kon julle almal saamvat.Dit was heeemels!
Perdebytjie het gesê op Augustus 21, 2012
Duine met elande met wapperende keelvelle,soos wat hulle weghardloop!Wonderlike plek.
Modigliani het gesê op Augustus 21, 2012
Niiiiiiiiiiiiiiiice fotos!
I-like-silly het gesê op Augustus 21, 2012
Welkom terug!!!!
Die fotos is “awesome”!!
Perdebytjie het gesê op Augustus 21, 2012
Dankie,dit was soveel pret en honderde kameraklikke,voordat ek hierdie foto’s gekry het.
Ek-Myself het gesê op Augustus 21, 2012
Die dors tandemuisies… dis dierbare foto’s!
avega het gesê op Augustus 21, 2012
Dis mos in Maart vanjaar wat ons in die tentkamp ons eye-to-eye met ‘n leeumannetjie gehad het. Mooiste plek ooit!
CBL1979 het gesê op Augustus 21, 2012
Pragtige foto’s! Bly jy is weer terug!
pasella het gesê op Augustus 21, 2012
Every picture tells a story–baie mooi fotos.
Carol460 het gesê op Augustus 21, 2012
Ag my moeder ! Dis die dierbaarste foto’s !
Perdebytjie het gesê op Augustus 21, 2012
Dankie,ek is bly om terug te wees.
Perdebytjie het gesê op Augustus 21, 2012
Nou weet ons hoekom muise die tande kom haal..hulle is eintlik skattige goedjies!
Perdebytjie het gesê op Augustus 21, 2012
Ek onthou jou foto’s.Dit was pragtig.Ons was in drie wilderniskampe en elke dag was vol verrassings!
Perdebytjie het gesê op Augustus 21, 2012
Dankie,waardeer!
Perdebytjie het gesê op Augustus 21, 2012
Dankie Lewies!
Perdebytjie het gesê op Augustus 21, 2012
Ek het sommer nuwe respek vir die aanpasbaarheid van diere in die natuur.Dankie vir inloer.
Carol460 het gesê op Augustus 21, 2012
xxxx Lekker aand !
Madhatter het gesê op Augustus 21, 2012
Dis die klein dingetjies wat lewe die moeite werd maak.
Perdebytjie het gesê op Augustus 22, 2012
Mens besef dit al hoe meer hoe ouer jy word.
TheGiz het gesê op Augustus 22, 2012
Baie mooi fotos! En ja, ons kyk partymaal die klein dingetjies mis!
HeavyHenry het gesê op Augustus 22, 2012
Nice foties!
Perdebytjie het gesê op Augustus 22, 2012
Dankie vir inloer!
Perdebytjie het gesê op Augustus 22, 2012
Dankie, man van min woorde!
HeavyHenry het gesê op Augustus 22, 2012
🙂
VirMyLiefling het gesê op Augustus 22, 2012
Great!
Perdebytjie het gesê op Augustus 22, 2012
Dankie vir inloer.
endlich het gesê op Augustus 30, 2012
Dis pragtig. Ons reismaters wil volgende jaar verder noord druk etosja toe…was jy al daar?
Perdebytjie het gesê op Augustus 30, 2012
Ja,dis die moeite werd.Mens sien nogal ander diere soos die Swartneusrooibok en die Soenie,wat mens nie hier in SA sien nie.Julle moet gaan.
endlich het gesê op Augustus 31, 2012
maar oe, dis ve-e-e-er. Ek weet darem nie…