Volstruisie met jou lange nek…
Augustus 31, 2012 in Sonder kategorie
Wie onthou nog die gediggie?
Vostruisie met jou lange nek
Kan jy hom nog langer rek?
Kan jy hom nog langer maak,
Dat hy aan die dak kan raak?
Volstruise bly maar vir my vreemde goed.Hulle is so oer.Die eienaardige drietoon-pote
lyk soos iets uit die Dinosauriër-tydperk.
Hierdie juffertjie het teen sonlig in,ogies gemaak vir die aandoenlikste mannetjie!
Haar bekkie val skoon oop van verwondering, toe die kalant sy hofmaakriel
voor haar dans!
Wie kan sulke pronkerige passies weerstaan?Kyk daardie lieflike gespierde dye
en die pragtige veredos op sy vlerke en stert!
Onlangse kommentare