Woestynvlei
April 27, 2012 in Sonder kategorie
Hierdie wonderwêreld van sand en water staan bekend as Sossusvlei en is seker een van die mees gesogte toeristebestemmings in Namibië.Om ‘n begrip te vorm van wat daar aangaan, skep lugfoto’s die heel beste prentjie.
Die Tsauchabrivier is die voedingsbron van hierdie vlei en in nat jare,sorg dit vir water in die andersins dorre vlei.Die hele vleikom bestaan uit twee groot areas wat soms water kry.Dan is daar ‘n derde geslote “meer” genaamd die Dooievlei.Rooi sandduine versper al vir jare lank die water om hier in te loop.Die gevolg is ‘n dooie wit aarde met klei neerslae en pikswart geraamtes van bome,wat donkiejare terug hier gegroei het.Dis ‘n heel spookagtige plek,veral as ‘n mens skemeraand alleen daar ronddwaal!
Die meeste mense besoek die vlei vroegoggend en omdat ‘n mens saans met sononder uit die park moet wees,is dit die beste om te bly in die Sossusvlei Dune Lodge,wat binne- in die reservaat is.Dan mag jy na sononder nog daar rondhang.Dis presies wat ons gedoen het en dit was ‘n magiese ervaring..net ons,die spokerige boomarms wat reik na ‘n hemelgewelf vol kristalle en die stilte wat mens se ore laat suis!
Uitsig oor die Dooievlei,(middel)afgeskort deur rooi duinsand.Agter is ‘n gedeelte van die vlei wat soms water kry.
Die Dooievlei met die watervlei reg langsaan en linksvoor.Dis nou van die anderkant af.
Die rivierloop is sigbaar in die middel links.
Water is duidelik sigbaar.Dooievlei is nou regs agter en ander waterdeel is reg langs Dooievlei.
Die voorste rooi duin is ‘n gewilde klimplek.
Die Kameeldoringbome daar naby,sorg vir heerlike skadu en piekniekplekke.
Dooievlei nou links bo .
Horingou modderneerslae,sorg vir ‘n pragtige sandskildery!
Grypende boomhande laatmiddag in die Dooievlei.
abrham het gesê op April 27, 2012
soos ‘n hert in dorre streke
avega het gesê op April 27, 2012
Jy’s bevoorreg. Meeste fotograwe wat ek ken gaan weer en weer Sossusvlei toe. Dis blykbaar enig in sy soort en ek het al pragtige foto’s vandaar gesien.
Perdebytjie het gesê op April 27, 2012
Ongelooflike plek..net jammer van die baie toeriste,maar as jy laatmiddag gaan,is dit beter.
Perdebytjie het gesê op April 27, 2012
Die herte daar is springbokke.
frikve het gesê op April 27, 2012
Puik fotos! Die Namib is besonders. Ek vermoed dis die oudste woestyn op aarde – – .
rosiemetdorings het gesê op April 27, 2012
Jou foto’s is pragtig
Neander het gesê op April 27, 2012
Briljant!
avega het gesê op April 27, 2012
Jy gee natuurlik heeltemaal ‘n ander perspektief (uit die Lug) maar ek was onder die indruk dat mens daar kon oorbly (of kamp)
Perdebytjie het gesê op April 27, 2012
Jy kan kamp net buite die hek van die park en dan ook binnekant,in die Sesriem kampterrein.Verder is daar heelwat Lodges naby,maar almal moet teen sononder uit die park wees.Die vlei is ‘n stewige sewentig kilometer van die hek af,maar dis ‘n goeie teerpad en daar is pragtige duine en diere soos Springbokke ook te sien.Sossusvlei is deel van die Nauklooft Nasionalepark,die grootste in die wêreld.
Perdebytjie het gesê op April 27, 2012
Ek glo so Frik.Dis veral duidelik as jy die versteende duine sien.
Perdebytjie het gesê op April 27, 2012
Dankie Roosdoring!
Perdebytjie het gesê op April 27, 2012
Kom maak weer ‘n draai,Neander.
Perdebytjie het gesê op April 27, 2012
Die Sesriemkampterrein is by die ingangshek,dus die beste plek om te kamp.Nie ver daarvandaan,reeds in die park, is die Sesriem Canyon,wat ook sorg vir ongelooflike tonele.
TS het gesê op April 27, 2012
Die een foto is mooier as die ander… ek is nou nie ‘n oomblik spyt jy was weg nie
Doubtingthomas het gesê op April 28, 2012
Pragtig!
Perdebytjie het gesê op April 28, 2012
Dankie,Thomas.
Perdebytjie het gesê op April 28, 2012
Seker spyt jy was nie saam nie!
HeavyHenry het gesê op April 28, 2012
Nice!
Losbek het gesê op April 28, 2012
Sjoe, wie sou nou kon dink dat die woestyn so mooi kan wees!
Perdebytjie het gesê op April 29, 2012
Dankie,Henry!
Perdebytjie het gesê op April 29, 2012
Kom kuier weer!
sirpsa het gesê op April 29, 2012
Werklik besonders.
erikavz het gesê op April 29, 2012
Pragtig!!!
Madhatter het gesê op April 30, 2012
Water in die woestyn! Pragtig.
Ek-Myself het gesê op April 30, 2012
Asemrowend!
Twaksak het gesê op Mei 6, 2012
Ek het weer hierna kom kyk. Dis SO spesiaal.
Perdebytjie het gesê op Mei 6, 2012
Dankie Twaksak.Ek waardeer dit baie!