Feetjiesirkels
April 24, 2012 in Sonder kategorie
Die geheimsinnige feetjiesirkels van Namibië,wat strek vanaf Angola tot in die Noord-Kaap,lê in ‘n parallelle strook met die Atlantiese kus.Niks groei in hierdie sanderige sirkels nie en vanuit die lug gee dit ‘n mens ‘n goeie beeld van hoe dit lyk.Onlangs was daar ‘n berig in Beeld,wat min of meer die mites ager die sirkels, die lug inskiet.
Daar was aanvanklik drie teorieë:
1.Radio-aktiewe grond-geen tekens van buitengewone uitstraling is egter gevind nie.
2.Gifstowwe wat deur die Damara-melkbos afgeskei word-daar is gevind dat woestynplante soos die grasspesie “Lolium Multiflorum”, onder melkbosse floreer..dus is dié teorie ook onder die bos begrawe.
3.Grasdraertermiete wat die plante binne die sirkels wegdra-slote van twee meter en dieper is in en om die sirkels gegrawe en geen teken van termiete is gevind nie.Dus is hierdie teorie ook na die miere!
Nou het hul tot die gevolgtrekking gekom ,dat dit aardgas is wat boontoe borrel en dan op die oppervlak oopbreek in ‘n volmaakte sirkel.Die gronchemie verander en niks groei in die sirkel nie.
Ek hoop van harte nie dat die vraatsugtige mensdom in hierdie wonderlike wêreld gaan ronddolwe vir olie of ander energiebronne nie.
Ek wens dit was regtig feetjies wat hier gedans het!
Hierdie lugfoto’s is naby Sossusvlei geneem.
net myself het gesê op April 24, 2012
Dis baie interessant, het nog nie eers hiervan gehoor nie. As mens kyk na die tweede foto, en jouself verbeel dat die groenerige deel water is, dan lyk die sirkels nogals soos borrels. Weet nie of daar gasse is daar nie, maar is seker moontlik.
avega het gesê op April 24, 2012
Daardie sirkels het my pa jare lank laat wonder.
frikve het gesê op April 24, 2012
Die energievretende wêreld gaan ongelukkig daardie mooi land omdolwe – dis hoe dit werk. On the other hand – Namibië het daardie finansiële inspuiting sekerlik nodig.
Perdebytjie het gesê op April 24, 2012
Ek hoop net dis nie in my tyd nie.Ek sal my doodhuil as ek dit moet aanskou.
HeavyHenry het gesê op April 24, 2012
Weird – nie hiervan gewet nie!
Perdebytjie het gesê op April 24, 2012
Dit dui op fossielbrandstowwe wat miljoene jare onder die grond vasgevang is.
Perdebytjie het gesê op April 24, 2012
As jy in so ‘n sirkel staan,is die grond morsdood.Daar groei nie eers ‘n grassprietjie nie.
Perdebytjie het gesê op April 24, 2012
Dit sorg vir asemrowende landskappe.
Perdebytjie het gesê op April 24, 2012
Navorsers beweer dat die aardgasbronne nie noodwendig direk onder die sirkels is nie,maar dat dit kilometers deur krake beweeg.
HeavyHenry het gesê op April 24, 2012
Weet jy wat dit so onvrugbaar maak?
lora2me het gesê op April 24, 2012
Dit lyk nogal asof daar borrels was, maar dis seker van die see. Ag, dis lekker om te glo dat dit een of ander bowêreldse of buitengewone towersirkels is – daar’s so min fantasie deesdae. Dis in elk geval verskriklik mooi.
TS het gesê op April 24, 2012
Interessant
Jou foto’s is pragtig… wens my lugfoto’s was so helder. Klein vliegtuig?
Perdebytjie het gesê op April 24, 2012
Ja,muskietgrootte.Klein flappie in die venster waardeur jy jou lens kan skuif.Glo my,die wind suig jou amper uit en op ‘n stadium was my kameralens amper vort die woestyn in!
Perdebytjie het gesê op April 24, 2012
Die aardgas ontneem die grond van suurstofryke lug,wat nodig is vir plante om te groei.Dit verander ook die grondchemie.Aardgas bestaan grootliks uit metaan en dis natuurlik ook giftig.
Perdebytjie het gesê op April 24, 2012
Fantasie is lekker!
TS het gesê op April 24, 2012
Oeps… so klein sou my nog ook laat bewe het …
rosiemetdorings het gesê op April 24, 2012
nes vele ander, is dit ook die eerste maal wat ek van hierdie interessante verskynsel hoor. Thx vir die deel
Perdebytjie het gesê op April 24, 2012
Was aanvanklik vrek bang,maar met so ‘n wonderlike uitsig,was ek gou op my gemak.
Perdebytjie het gesê op April 24, 2012
Dankie vir die inloer!
loudavisi het gesê op April 24, 2012
Hier by ons op Klawer is daar ook sulke sirkels. Mens sien dit sommer so van die N7 af teen die koppies. Ons sirkels is net kleiner en daar groei ook niks in nie. Het ‘n paar jaar gelede ‘n tv program daaroor gesien, maar toe het hulle nog nie van aardgas gepraat nie.
Lieflike misterieuse foto’s!
Perdebytjie het gesê op April 25, 2012
Die aardgasstorie is vroeg in Maart,hierdie jaar eers ,bekend gemaak.
HeavyHenry het gesê op April 25, 2012
Ta!
Perdebytjie het gesê op April 25, 2012
Gelukkig is daar nog baie ongerepte plekke.Dankie vir kuiertjie.
hysmal het gesê op Mei 13, 2012
baie interresant
Perdebytjie het gesê op Mei 14, 2012
So leer ons elke dag iets nuuts van die omgewing om ons.