Tandarts toe!
Februarie 29, 2012 in Sonder kategorie
Ek het só opgesien teen vandag,want ek moes gaan vir ‘n kroon.Eers tagtig rand neersit,want dis mos nou deesdae die in-ding by dokters en tandartse.Jy kan dit darem eis by jou medies,maar Dokter moet darem ook ‘n ou inkomstetjie hê as die medies bietjie lank vat..heeltemal verstaanbaar!
Gelukkig wag ek nie te lank nie,het een van daardie tandartse wat ‘n meester in tydsbestuur is.Dis hoekom ek al dertig jaar by hom is.Ander kwakke kan gerus by hom kom lesse neem!
Nou ja,ek syg half onwillig in die stoel neer en die assistent knip al die nodige fieterjasies om my nek vas en daar kom hy in,gemasker en met sy inspuiting al mikkend na my brose tandvleise.Voor my geestesoog sien ek weer daai advertensie van Vodacom,waar die veearts,’n ou bewerige omie,met dik toegewasemde brilglase, met ‘n massiewe perdespuit die ou in sy boud wil klits!
Weereens,goeie tandarts,rêrig nie seer nie,maar ai tog,die blote gedagte aan daardie liederlike naald!Lang storie kort..dit boor met allerhande groottes bore en intussen versuip ek halfpad.Meeste van die bore spuit mos water ook uit en die assistent verwring my lip met ‘n liederlike suigbuis wat kort-kort ‘n mangel ook halfpad afruk!Baie fatalisties dink ek..dis nou sommer twee vir die prys van een!
Nou is dit blou bytgoed en warm byewas en ek weet nie wat nog alles wat in my beleërde, oopgesperde mond ingedruk word.Ek dink juis by my sigselwers dat my vel hoeka nie meer so elasties soos twintig jaar gelede is nie en voor my geestesoog sien ek hoe hang my wang nou vir ewig skeef!Ek het juis so ‘n stryd teen die ouderdom,sonder dat dit nog kunsmatig aangebring hoef te word!
Terwyl die dik boor,so voel dit vir my, tot in my harsingspan dril,probeer ek aan ander goed dink en wonder hoekom tandartse nie teen hul plafonne allerhande oulike prentjies kan plak,waarna die stomme pasiënte kan kyk nie.Al wat ek teen dié dak sien,is drie plat ligte met stowwerige motkarkasse van baie somers gelede.Ek lê maar en tel hoeveel daar is en lees tot satwordens toe die naam van die spreilig wat selfs my brekfis en ek weet nie wat nog nie, verhelder!
Na amper ‘n uur,kom die marteling tot ‘n einde en moet ek my uitgerafelde mond uitspoel.Probeer dít nou doen as al jou gesigspiere lam is..die water druil gewoon by my mondhoek uit en ewe verleë wuif ek my martelaar vaarwel.
Ag,ons het deurentyd darem baie lekker gesels,hy ‘n monoloog en ek vingertaal en ‘n’n! en eee! op die regte plekke.
Tandartse het eintlik ‘n baie eensame lewe..hulle kan met niemand ‘n ordentlike gesprek voer nie.Hul pasiënte staar alewig daktoe met ‘n mondvol tande!
avega het gesĂȘ op Februarie 29, 2012
Ek het laasweek ook die prosedure deurgegaan en vandag die kroon laat opsit. Die blou bytgoed laat my erg ‘gag’ en ek moet net keer of my ontbyt land op die tandarts se hand đ Jare terug was ek by ‘n tandarts wat sulke ‘Where’s Wally’ prente teen die dak gehad het. Ek dink ‘n i-pod met musiek in die ore sal ook help.
Perdebytjie het gesĂȘ op Februarie 29, 2012
Moet oor twee weke die kroon laat opsit en sal dan tel of daar nog motte bygekom het in die lampskerm!
CelesteDumas het gesĂȘ op Februarie 29, 2012
spot on beskryf – het ook onlangs wortelkanaal laat doen, so alle simpatie!
TS het gesĂȘ op Maart 1, 2012
Lewendige beskrywing die van jou… welgedaan
Geitjie1 het gesĂȘ op Maart 1, 2012
Moet sĂȘ, my tandarts is ook ‘n man wat met deernis, so versigtig te werk gaan, kan spuit en boor dat jy dit nie voel nie – en daarvoor is ek hom innig dankbaar.
My kindertyd tandarts was ‘n regte perde dokter en ek beleef nou nog dikwels die paniek wat met my besoeke aan hom te paard gegaan het……………..
loudavisi het gesĂȘ op Maart 1, 2012
ek is glad nie ‘n tandarts mens nie!
đ
Lekker geskryf, hoor.
Perdebytjie het gesĂȘ op Maart 1, 2012
Ek wonder wie hou van tandartse?Dankie vir inloer,Lou.
Perdebytjie het gesĂȘ op Maart 1, 2012
Hul instrumente en stoele is darem vandag ook baie beter!
Perdebytjie het gesĂȘ op Maart 1, 2012
Dankie Tina!Ek probeer altyd om ‘n slegte situasie in ‘n grap te verander.
Perdebytjie het gesĂȘ op Maart 1, 2012
Dankie Celeste!
Jongie het gesĂȘ op Maart 1, 2012
Oulik Bytjie,puik beskrywing selfs iemand wat nog nooit in n tandartsstoel was nie , weet na dese presies wat dit behels !
Jongie het gesĂȘ op Maart 1, 2012
kry mens dan tandartsmense ??
I-like-silly het gesĂȘ op Maart 1, 2012
ek hou niks van tanne dokters nie….
francoiswilliams het gesĂȘ op Maart 1, 2012
was onlangs vir die eerste keer by die tandarts…interresante ervaring…sal een of anner tyd weer gaan,…
Carol460 het gesĂȘ op Maart 1, 2012
Ek is hondbang vir ‘n tandarts – Soen eerder ‘n pofadder
Perdebytjie het gesĂȘ op Maart 2, 2012
Jy is seker ‘n mediese wonder dat jy nou eers by ‘n tandarts uitgekom het!
Perdebytjie het gesĂȘ op Maart 2, 2012
Ek dink ek vat liewer die tandarts..he!he!
monicahaddad het gesĂȘ op Maart 2, 2012
ek sluk die hele tyd, ek dink ek is ‘n tandarts se nagmerrie, banger vir my as ek vir hulle hehe
Perdebytjie het gesĂȘ op Maart 2, 2012
Daar word beweer tandartse het die meeste stres van alle beroepe,want hulle is die heeltyd bang hulle maak iemand seer.