Dinges
Februarie 24, 2012 in Sonder kategorie
“Dinges” is so ‘n lekker woord,veral as mens vergeetagtig raak.Hierdie ou woordjie kom soms handig te pas.
Dink daaraan as jy iemand se naam vergeet.Dan is dit sommer “Dinges Watsenaam”.Wanneer ek kwaad is en ek kan nie sê ek is die [email protected] in nie (vanweë die geselskap waarin ek my bevind),dan is “de dinges in” net so lekker om te gebruik.
Vergeet jy wat jy wou sê,dan is “ag dinges,jy weet mos” ook goed genoeg vir die toehoorder!
“Wat de donner” kan ook versag word met “wat de dinges”.
Nou ja,voor ek meegevoer raak met dinges praat,laat ek gou vir my ‘n dingestoebroodjie vir middagete maak voordat die Dr.Dinges Show op die dinges begin.
TS het gesê op Februarie 24, 2012
Ja voorwaar ‘n heerlike woord
umhlanga het gesê op Februarie 24, 2012
Ek dink mens moet juis partykeer sê: “Ek is nou die MOER in!” 🙂
Perdebytjie het gesê op Februarie 24, 2012
Ja,dis so ‘n lekker stresontlader!Maar ek kan nou nie so praat voor my skoonma of een van ons ouer familielede nie.Dan moet “dinges” maar doen.
rosiemetdorings het gesê op Februarie 24, 2012
die Engelse woord vir de dinges in, is demurin
Madhatter het gesê op Februarie 24, 2012
Dinges is my woord. Dis soos die joker in ‘n pak kaarte. Pas enige plek in.
HeavyHenry het gesê op Februarie 24, 2012
Dis sommer dinges – jy weet mos!
Perdebytjie het gesê op Februarie 24, 2012
Ag ja,Henry Dinges!
Perdebytjie het gesê op Februarie 24, 2012
Nee man..party “dinges” maak jou de dinges in..lekker dinges
Perdebytjie het gesê op Februarie 24, 2012
Lekker woord!Een van my gunstelinge.
Perdebytjie het gesê op Februarie 24, 2012
Seker net ‘n SA Engelsman sal dit verstaan!
HeavyHenry het gesê op Februarie 25, 2012
🙂
Blikskottel het gesê op Februarie 27, 2012
Ek dink ons taal is uniek met al goedjies wat ons so maklik gebruik.
bloukaap het gesê op Februarie 27, 2012
soms, ja soms, is daar te min dinges in dinges… hehehehehe
Perdebytjie het gesê op Februarie 27, 2012
Ag Dinges,jy’s so dinges!He!he!
Perdebytjie het gesê op Februarie 27, 2012
Aag Blikkie,ek is bly ons dinges nie meer met mekaar oor die dinges watsenaam nie!