Interessante waarskuwing.
Februarie 20, 2012 in Sonder kategorie
Oppad vanaf Kaap Kruis na Brandberg,het ons hierop afgekom.Kan iemand dalk
vir my sê watse kar dit is?
Laat mens nogal dink, né!
Februarie 20, 2012 in Sonder kategorie
Oppad vanaf Kaap Kruis na Brandberg,het ons hierop afgekom.Kan iemand dalk
vir my sê watse kar dit is?
Laat mens nogal dink, né!
rosiemetdorings het gesê op Februarie 20, 2012
my raai – ‘n stukkende ene.
mooi foto’s
ajordaan het gesê op Februarie 20, 2012
Is daai nie BMW gaatjies daar voorop nie? ‘n Ou 80’s ene ?
Ek wil nou nie snaaks wees nie, maar daai ronde gaatjies lyk baie suspect…..shooting range?
TS het gesê op Februarie 20, 2012
‘n Mafia een… oooo ek het vergeet hulle is nie in die woestyn nie!
Perdebytjie het gesê op Februarie 20, 2012
Ek het ook gedink dis ‘n BMW,maar agter lyk dit soos ‘n bakkie.Mens weet egter nooit,iemand het dalk die kar omskep in ‘n bakkie.
Perdebytjie het gesê op Februarie 20, 2012
Ja-nee,daai ryk,vet,gemaksugtige Mafiosi sal nie in daai dor plek aard nie!
Perdebytjie het gesê op Februarie 20, 2012
Ek dink ook so.Daai halfmaan-roostergate laat dit so lyk.
Perdebytjie het gesê op Februarie 20, 2012
Definitief vol gate geskiet!
Perdebytjie het gesê op Februarie 20, 2012
Nou lyk dit mos vir my ook so!Dalk een van daai opgezoeptes van die laat sestigerjare?
Papegaaislaai het gesê op Februarie 20, 2012
Isse vodde een…
Perdebytjie het gesê op Februarie 20, 2012
He!he!Dis ‘n oulike een !
Perdebytjie het gesê op Februarie 20, 2012
Jy kan nie stry nie,sy aircon werk goed!
Papegaaislaai het gesê op Februarie 21, 2012
OK, ernstig. Eerstens is dit die kajuit van ‘n bakkie. Tweedens, te oordeel aan die hoekigheid van die neus gedeelte en die dun vensterrame aan die deure, is dit heel waarskynlik ‘n Ford Cortina bakkie gewees.
Papegaaislaai het gesê op Februarie 21, 2012
Ek dink ook dis die kajuit van ‘n Cortina bakkie.
Perdebytjie het gesê op Februarie 21, 2012
Jis,ja,ek sien nou ook eers hoe dun die vensterrame is.Wonder wat die geskiedenis agter die bakkie is.Moontlik gerol en iemand dalk dood. Die skietgate is seker deur jagters gemaak toe die voggies lekker gevloei het.Maar dis in die middel van nerens hoor!
Perdebytjie het gesê op Februarie 21, 2012
Jong,Namibie le vol sulke wrakke.Afstande is so ver,dat jy maar jou skedonk net daar sal los as hy breek.Te veel moeite om hom te laat insleep,veral as jy weet hy’s op sy laaste bene.
HeavyHenry het gesê op Februarie 21, 2012
DIs eintlik moer snaaks hoe elkeen wat verbykom, die ding verder stukkend skiet!
Perdebytjie het gesê op Februarie 21, 2012
Skyfskiet in die woestyn!
HeavyHenry het gesê op Februarie 21, 2012
Yip!
sirpsa het gesê op Februarie 21, 2012
Dis nou vir jou ‘n klomp ventilasiegate daai.
Perdebytjie het gesê op Februarie 22, 2012
He!he!Dankie vir inloer.
Ek-Myself het gesê op Februarie 23, 2012
Oud en opgeroes, die lyk van n eens deftige motor.