Wel wel waar om te begin
November 19, 2011 in Sonder kategorie
Ek het nou heeldag gedink oor die blog besigheid, waar om te begin ens.
Wel ek besluit toe maar om so iets oor my en die familie te se.
Ek werk in.Centurion, is ‘n salesman, is getroud met 2 baie gesonde kids (ek glo ‘n soet kind is ‘n siek kind)
Het onlangs huis gekoop. Ma volgens vroulief het ek vir my werk gekoop, maar nou ja dit hou my tenminste besig saterdae totdat die rugby weer begin.
Ons het nou die aand ‘n boef gehad in die nuwe huis. Dit maak my mos nou blind van befokgeid ( dis al manier om dit uit te druk) Dit kos nou duisende rande om die plek te beveilig ens ens ens. Wel my elektriese heining is vandag klaar en ek het begin met groot tralie hekke voor die skuifdeure. maar wat gelukig kan ek dit self doen.
Onlangse kommentare