Tjek my nuwe avatar!
Maart 14, 2014 in Uncategorized
Na vele gesukkel en onderlangse geswets kry ek dit reg om ‘n nuwe avatar te plaas nadat my vorige een ontfutsel is. Ek was darem ook al uitgekuier met daai dolosbeentjie, dor en droog en oninspirerend. Hierdie windverwaaide see-meeu verteenwoordig my Hermanus heimat, en sal hopelik meer inspirerend wees as die toorbeentjie.
Terwyl ek nou hier is vergun my om ‘n grappiekie te vertel wat van Nico Nel se kant kom. Die van julle wat dit ken, verskoon maar.
Dit gaan oor hierdie ou wat op ‘n stasie daar erens in die Karoo gewerk het, toe daar nog sulke stasietjies was. Op Hoofkantoor kom iemand agter dat die ou nou op gond van jare diens kwalifiseer vir bevordering, maar hy moet darem ook ge-evalueer word om te bepaal of hy bevorderingswaardig is. Gevolglik word twee hooggeplaaste amptenare vanaf Beaufort-Wes gestuur om die evaluering te doen. Nou vra hulle die ou uit oor sy werk maar elke vaag word met doodse stilswye begroet tewyl die ou intens na die muur staar.
“Watse vrag vervoer die goederetreine wat hier deur die stasie beweeg?” Niks, g’n reaksie.
“Wat is die naam van die passassierstrein wat van Johannesburg dwarsdeur die Karoo Kaapstad toe ry?” Tjoepstil.
“Wat beteken dit as die rooi sinjaal gelig word?” Geen antwoord.
Radeloos vra een van die onderhoudvoerders “Höeveel is vyf maal ses?”
Die ou frons en kou sy lippe maar geen antwoord,
Die twee amptenare het nou genoeg gesien en staan op om te loop. So in die verbyaan se die een ” Terloops, vyf maal ses is dertig”.
Die ou vlieg orent “So baie!!” se hy.
Henry @kompethenry het gesê op Maart 14, 2014
*grin*
Lewies Mymer het gesê op Maart 15, 2014
@kompethenry Hi Henry!
tina10 het gesê op Maart 14, 2014
aha jy vorder.
Ek is soos daai ou… gelukkig het ek afgetree en niemand kom dit agter.
Lewies Mymer het gesê op Maart 15, 2014
@tina10 Ek het ook maar so onder die radar gesweef, doen my jop so goed ek kan maar volunteer niks!
perdebytjie het gesê op Maart 14, 2014
Ek hou van jou avatar..dis een goeie ding van die werfprobleme…almal het nou nuwes…party heel interessant.
Lewies Mymer het gesê op Maart 15, 2014
@perdebytjie Ja nee wat, die blogs lyk nou opgedollie!
vuurklip het gesê op Maart 14, 2014
Who ruffled his feathers? Wassit jy?
Lewies Mymer het gesê op Maart 15, 2014
@vuurklip Dis die Sedoos wat so pomp!
Tannie Frannie het gesê op Maart 14, 2014
Ek tjek – dis mooi.
Lewies Mymer het gesê op Maart 15, 2014
@frandr Dankie!
charly hardy het gesê op Maart 15, 2014
Skud jy jou vere reg Lewis?
Lewies Mymer het gesê op Maart 15, 2014
@charly Hehehe! Slim een daai!
tantekoba het gesê op Maart 15, 2014
wind so erg?