‘n Insident in blou, con majestuosa tempestuosa

Maart 5, 2014 in Uncategorized

Ek en Vroukie sit hier op die agterstoep, so geselsend oor die Oscar Show, wou aanvanklik nie kyk nie maar loer nou kort-kort, dis baie meer opwindend as die Protea-Chokers se no show. Vroukie sit op die trappie en doen iets aan haar voete, skrop, vyl en begin dan haar toonnaels verf. Dan sien ek dit. Blou. So asof sy die toonnael met ‘n hamer kon raakgeslaan het of dalk die slagoffer kon wees van ‘n kataklismiese besering aan diens, dis immers al tien tone wat betrokke is. ‘n Nadere bekyking bring aan die lig dat sy sowaar besig is om die toonnaels blou te verf, so asof sy ‘n Pikt is wat nou regmaak om die vyand aan te durf. Nee, kwit, dink ek by myselwers, Vroukie is nou besig om uit te haak. Sy oordoen hierdie forever young versugting nou heeltemal. Dis alles die Glam Guru se skuld. Sy is immers ‘n dame in haar senior wordende jare en as sulks moet sy mos ‘n waardige betaamlikheid handhaaf. Hierdie uitspattige bont naels is ‘n verspottigheid waarmee die jonger geslag hulle mee kan besig hou. Rooi, ‘n ouer dame se toonaels moet ‘n stemmige rooi wees om haar statige waardigheid te pas as die mater familias . Onnadenkend spreek ek hierdie gedagtes hardop uit, in wat genoem kan word “n Ligte mistykie”
Voukie sit so met haar een voet in haar hand, in die ander hand is die Cutex kwassie. Sy kyk vir my. Daar is nie ‘n twienkel in haar oog nie, maar wel ‘n baie duidelike boodskap, ‘n boodskap in hoofletters, in vetdruk. Sans serif. Die letters is HKGK. Sy sit my so en kyk. Dan staan sy op en vat my hand. “Kom saam” se sy. Sy lei my na ons slaapkamer toe. Uh huh, dalk het ek verkeerd gelees, dit was dalk tog ‘n twienkel. In die slaapkamer loop sy na my klerekas toe. Sy pluk die deur oop en skep ‘n klompie broeke uit die rak. (Dis definitief HKGK.)
“Wag nou Vroukie, wag nou. Wat maak jy?”
“Ek gaan jou Salvation Army klerekas uitgooi. Dis hoog tyd dat jy bietjie bykom en meer byderwetse klere dra. Dan sal jy ok nie meer so oud lyk nie” Net so se sy.
“Fok Vroukie…
“Los die gefokkery Lewies, jy weet ek hou nie daarvan as jy so lelik praat nie”
“Ja maar jy kan mos nie my klere begin uitgooi nie. Daardie is my werksbroeke…”
“Jy werk mos nie meer nie. Jy kan bietjie meer ontspanne aantrek. Dan sal jy ok nie meer so oud lyk nie. Kyk net hier, bruin broek, beige broek, navy broek, bruin broek, beige broek, navy broek so uit die oude doos. “
“Ja maar dis kwaliteit, ek het dit by Woollies gekoop, het my blerriewil R50 stuk gekos .”
“Kwaliteit” snork sy.”Die goed se gatte is blink gesit.”
Nou gryp sy my hemde.
“Kyk hier. Two tone Ventersdorp styl. Kry iets wat jou sal laat jonger lyk”
“Ja maar…”
“En kyk hier, hierdie onderbroeke van jou, die goed is verflenter. Jy sal koue vang as jy die goed dra.”
“Ja maar…”
Sy gooi dit op die hoop klere .
“Ek moet omsien na my belange” se sy.
Nou pluk sy my skoene uit die kas.
“Net nie my grys Grasshoppers nie!”
“Jy het die bleddie goed nog nooit gedra nie! Waarvoor bere jy dit?”
“Dalk kry ek dit eendag nodig, jy weet, as ek oud is en dalk probleme met liddorings het. Ek het dit vir ‘n bargain gekoop by Kara’s”
“Nou gaan koop vir jou iets wat jou minder oud laat lyk. ‘n Paar stapsandale sodat jy kan bybly as ons op die cliff path stap”
Fokkit. Net so se sy. Ek besluit om maar die vrede te bewaar. ‘n Huismoles in hierdie 24/7 situasie kan nogal pynlik wees.
“Kom Lewies.”
‘’Waarheen gaan ons.”
“Dorp toe. En bring jou beursie saam.”

26 antwoorde op ‘n Insident in blou, con majestuosa tempestuosa

  1. tina10 het gesê op Maart 5, 2014

    Hehehehehe mens sien duidelik wie is in beheer

  2. vuurklip het gesê op Maart 5, 2014

    Nou’t jy nie eers meer ‘n broek om te dra nie …

  3. Godiva het gesê op Maart 5, 2014

    Hahaha! Volpunte vir Vroukie, Lewies. Two tone hempies en grasshoppers (brothel creepers genoem in die 80’s) is voorwaar uit die pre historiese doos.
    Op n blou toon(pun intended), my man is ook nie lief vir blou naellak op my tone nie, en ek mag blou tone hê met pikte in my voorvaders 😀

    Kom vertel vir ons wat jy gekoop het.

  4. Godiva het gesê op Maart 5, 2014

    P.s

    y-fronts is ook uit die oude doos!

  5. blikskottel het gesê op Maart 5, 2014

    Ek’s nog nie eers oud nie en my vrou haal ook somes sulke streke met my klere kas uit. Een keer het sy my beste jean(10 jaar oue vintage), van my gat af geskeur….ek dink sy was toe tydelik mal of iets.

    • @blikskottelG’n respekte vir vintage klere nie, selfs nie in hierdie shabby chic era nie!

    • Godiva het gesê op Maart 6, 2014

      @blikskottel

      Ai tog, jy het my innige medelye by die verlies van jou beste paar denims.
      Moet sê ek het ook anderdag ‘n paar ou denims van my man stil-stil ‘n asblik-begrafnis gegee. Die paar was al so saf gedra soos flennie p’j’s. Gmpffff.

      • Godiva het gesê op Maart 6, 2014

        P.s @lewies & @likskottel

        Die rede hoekom ons vrouens so kwaai is oor dit wat julle dink nog ‘n jaar of tien se dra-waarde het is morede ons voel dit reflekteer op ons. Ek vermoed mense met kinders voel dalk dieselfde en wil nie hul bloedjies rafelgat uitstuur in die wereld nie. 😀

  6. perdebytjie het gesê op Maart 5, 2014

    Jy wou mos krap waar dit nie jeuk nie! 😆

  7. Dirkie het gesê op Maart 6, 2014

    Tweede jeug .

  8. Bwahaha, Lewies! Terloops – kan rooi ooit ‘n stemmige kleur wees?

  9. lora2me het gesê op Maart 8, 2014

    Korreksie, ou tannies dra coral op hul naels…. Lewies, maar nou lyk jy seker soos ‘n ou twintigjarige, soos dit hoort. Ek haat ook my man se ou, “lekker” klere – dis net sentimentele snert, man. Lekker pronk as julle die paadjiestap doen.

  10. gevaarlik – die 24/7 ding….

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.