Die swye van Lewies Mymer
Februarie 27, 2014 in Uncategorized
Die swye van Lewies is te wyte aan ‘n besoek daar in die Noorde, Bethlehem, Klerksdorp en Kroonstad, waar ons familie en vriende gaan besoek het en my tante wat in Kroonstad woon, vir wee weke hier na ons in Hermanus gebring het. Toe ek nou my blog oopmaak, sien ek my avatar is geskaak. Dalk een of ander wonderwerker-toordokter wat ‘n dolosbeentjie vir sy doepa benodig? Ek kies toe ‘n ander avatar, die Gansies van Gansbaai-hawe, wat nie ganse is nie maar drie kleurvolle vissersbote wat in die hawe voor anker le. Ek het alles gedoen soos ek dink dit gedoen moes word, maar dis hels of die avatar verander. Toe probeer ek die foto op hierdie inskrywing plaas, maar lyk my dit geluk ook nie. Om sout in my wonde te vryf sit ek hier met ‘n nuwe rekenaar, gelaai met Windows 8, wat ‘n geniepsige stukkie tegnologie is. Ek vind die laptop se sleutelbord ook ‘n bliksem om baas te raak.
danie coetzee het gesê op Februarie 27, 2014
Lewies, gelukkig het jy dan al die ongelukkigheid wat hier was gemis. Ek en heelwat van ons, was so gelukkig om ons avatars te vermis. Lyk my jy moet daardie foto baie verklein, dan werk hy. Welkom tuis.
Lewies Mymer het gesê op Maart 5, 2014
@daniec Ai Danie, hierdie gesukkel maak my lam
Lewies Mymer het gesê op Maart 5, 2014
@daniec Ai Danie, die gesukkel maak my sommer gatvol.
Elly het gesê op Februarie 27, 2014
Jy was in my wereld. Hoop jy het lekker hier gekuier! En foto’s is byna onmoontlik om te ‘post’ deesdae … Ek kon dit nog nie regkry om deel te neem aan een uitdaging nie.
Lewies Mymer het gesê op Maart 5, 2014
@Elly (hoop die ping is reg) ‘n Vrystater! My mense daai!
Lewies Mymer het gesê op Maart 5, 2014
@elly‘n Vrystater!! Mooi skoot!!
tina10 het gesê op Februarie 27, 2014
Sterkte en Welkom terug Ja, jy moet die heel klein maak anders laai dit nie op nie
Sien jy moenie so lank wegbly want jy raak uit oefening!
Lewies Mymer het gesê op Maart 5, 2014
@tina10 Lyk my fotos plaas is vir eers taboe. Hoop erens gee iemand aandag aan die problem. Sal nietemin jou wenk prober.
Lewies Mymer het gesê op Maart 5, 2014
@tina10 Sal daai triek traai!
tantekoba het gesê op Februarie 27, 2014
my boekie was vol en ek moes nuwe blaaitjie omslaan toe verander ek myself sommer toetentaal van karakter
Lewies Mymer het gesê op Maart 5, 2014
@tantekoba Rosiemetmetdorings is so ‘n lekker sinspeling met jou naam. Maar ek lees graag wat Tante Koba met haar groottoon omroer!
vega het gesê op Februarie 27, 2014
Selle hier, Windows 8 is vir my ‘n nagmerrie en ek het ook nou ‘n klein laptop met ‘n simpel sleutelbord, kon nog nie kappie op die e uitwerk nie en my touchscreen dryf my na raserny. Ek oorweeg sommer lesse.
Lewies Mymer het gesê op Maart 5, 2014
@vega Ek gee nie om vir ‘n gesukkel as dit erens heen lei nie, maar die geploeter strip my moer.
perdebytjie het gesê op Februarie 27, 2014
Ten minste kan jy darem van jou oulike skryfsels hier pos,al is dit sonder avatar.Dit was sommer ‘n gespook.
Lewies Mymer het gesê op Maart 5, 2014
@perdebytjie Ja wat lyk my ek sal aar vrede moet maak daarmee.
ek-myself het gesê op Februarie 28, 2014
Sterkte!!!!
Lewies Mymer het gesê op Maart 5, 2014
@ek-myself Dankie, het dit nogal nodig. Ek is nie juis ‘n geduldige mens wat ‘n gesukkel met grasie kan verduur nie!
Rina Willemse het gesê op Februarie 28, 2014
Tegnologie is een groot nimmereindigende uitdaging. En soms wil mens net so bietjie stagneer en onspan.
Lewies Mymer het gesê op Maart 5, 2014
@sirpsa Ja nee, nes mens vetroud is met die een uitgawe word die wiel weer ontwerp!
blikskottel het gesê op Februarie 28, 2014
Vroulief het my verras met ‘n Lenovo Ideacentre, Windows 8 en elke ding. Byt vas, dis nie rocket science nie.
Lewies Mymer het gesê op Maart 5, 2014
Lekker geskenk! Geniet dit.
Tannie Frannie het gesê op Februarie 28, 2014
Hallo Lewies! Dis ‘n baie mooi foto daai.
Lewies Mymer het gesê op Maart 5, 2014
Dankie Tannie Frannie. Eintlik moes dit my avatar geword het, maar ten minste is dit darem op my blog.
Dirkie het gesê op Maart 1, 2014
Vir ‘n gebore Vrystater is daar niks mooier as die wuiwende grasvlaktes in Kroonstad omgewing . Bly jy’s weer oppie lug.
Lewies Mymer het gesê op Maart 5, 2014
Dis my hartland daai.