As die wag voor jou mond sluimer…

Januarie 5, 2014 in Uncategorized

Hier in die Lewies huishouding kan die staatkundige bestel beskryf word as ‘n goedaardige diktatuur bestaande uit ‘n regerende party en ‘n opposisie party, waar die uwe die rol van die opposisie  onder korrektiewe toesig vertolk.  “Onthou jy, Vroukie, verlede Woensdag…” “Nee Lewies, dit was Dinsdag” redigeer sy my storie nog voordat ek kan verder uitbrei. “Ja, dit was die dag toe ons die Halitosis Brunica geplant het…” “Nee,” korrigeer sy, “dit was die Halitosis Salponica” So vertel ek aan vriende dat die 24/7 met Vroukie nogal ‘n aanpassing is vir my noudat ons nie meer werk nie. “Nee, ” kommentaar Vroukie, “dis nie vir my ‘n aanpassing nie” “Ja Vroukie, dis oor ek ‘n nicer mens is as jy om by te wees” Sy kyk vir my, ‘n kyk wat die uitdrukking “till Hell freezes over” na ‘n besliste moontlikheid laat lyk.  Eish, dis die vierde dag van ‘n nuwe jaar wat voorlê, 365/12.

 

7 antwoorde op As die wag voor jou mond sluimer…

  1. tina10 het gesê op Januarie 5, 2014

    hehehehe… siestog jy kan ook nooit leer nie … Toemaar jy weet mos sommer een oggend gaan jy weer laat wees vir werk – oeps … ek het vergeet jy WERK nie meer nie

  2. Ek verstaan jou probleem baie goed. Met ons Namibia vakansie was ek en my blond vir 4500km in een kar, net ons twee. Week eenwas aanpassing, maar teenw eek twee was ek en sy evrseker dat ons mekaar baie lief het en eerder altyd bymekaar wil wees.

  3. Vloei het gesê op Januarie 5, 2014

    Gaan sorg vir goeie stories! Mooi jaar vir julle

  4. katrina het gesê op Januarie 6, 2014

    Hahaha, lekker lag ek nou vir jou, Lewies! Pantoffelregering, lyk dit vir my, maar gelukkig weet ons (vermoed ons) dat jy dit tong in die kies vertel. Jy sal heerlik kan saampraat met ‘n kollega van my wat dieselfde siening het. 🙂 🙂

  5. Toemaar Lewies darem vlieg die jaar vinnig verby

    Hahaha

  6. Vroukie weet hoe om die 24/7 te bestuur!Lekker gelag vir jou.

  7. *grin*

    Ek sweer ek gaan nie aftree nie!

Los ’n antwoord vir tina10. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.