‘n Nuwe wêreld wag

September 29, 2013 in Uncategorized

Ek is op die oomblik in ‘n baie veilige plek, ek het geen bekommernisse, geen vrese. Ek is beskerm en geborge, maar ek voel tog ek moet hier uit. Ek kan nie vir ewig hier bly nie. Ek het wasdom bereik, en ek moet aanbeweeg–die drang om voort te gaan is alles oorweldigend.  Ek hoor stemme, vreemde stemme wat ek nie voorheen gehoor het nie. Dit voel of iets my vasdruk, ek moet uit!! Die stemme–“Druk Mevroutjie!! Druk!” Die drukking word oorweldigend, ek wil vorentoe beur om dit te ontsnap maar dit kom golf op golf. Dan bars die wêreld voor my oop in ‘n verblindende lig, ek word voortgestu asof deur ‘n tonnel tot by die bron van die lig. Dan weer die stemme: “Hy is uit, hy is uit! dis ‘n seuntjie!! Geluk Mevroutjie!! ‘n Welgeskape seuntjie! Wat gaan julle hom noem?”  ‘n Bekende stem antwoord ” Lewies, sy naam is Lewies.”

Dan weer die ander stem: “Nurse, skryf daar in die kraamregister by 1 Oktober 1949: Lewies gebore om 3:24. “

30 antwoorde op ‘n Nuwe wêreld wag

  1. tina10 het gesê op September 29, 2013

    *fluister* dis 29 September? nog twee daggies wag.

    Dink net nou is dit net: ‘Ek is op die oomblik in ‘n baie veilige plek, ek het geen bekommernisse, geen vrese. Ek is beskerm en geborge’ en jy hoef nie weer so drang te beleef nie. 😆

  2. Nie sleg nie. Glad nie sleg nie…
    Geluk vir Disndag.
    Gaan julle paartie hou?

  3. Lewies se geheue is besonder goed!Baie geluk met die verjaarsdag oormôre!

  4. maryna het gesê op September 29, 2013

    Eers gedink daar’s huismoles 🙂 Baie geluk Lewies! As jy nou van Dinsdag af met elke verjaarsdag ‘n jaar aftrek, kan jy oor 64 jaar as ‘n orgasme sterf. Iets om na uit te sien!

  5. @pasella

    Lekker verjaar Dinsdag Lewies.

  6. Ek dink dis die veiligste van veilige plekkie, behalwe as die swanger vrou nie mooi na haarself omsien nie. Mooi skrywe, Lewies! Geluk met jou amper verjaarsdag.

  7. Ai, Lewies! Dis net jy wat so dieplik lekker oor jou geboortedag kan skryf. Hoop jy het ‘n wonderlike dag met hope presente om oop te maak. xx

  8. So môre is dit Lewies se verjaarsdag

    Groot hêppy

  9. Baie geluk met die geboortedagherdenking ! As mens op 64 jarige leeftyd steeds daardie fyner detail so helder in die geheue kan oproep, is die verstand mos nog jonk en fiks en gesond 🙂

  10. tina10 het gesê op Oktober 1, 2013

    Sug… jy word nou regtig oud! Nog nie eers die vorige kommentaar gemodereer nie!

    Baie geluk Dis eerste jaar as afgetredene het salig verloop hoop ek! Mag die komende jaar nog lekkerder wees

  11. Vreeslik geluk met jou verjaarsdag!

    Ek hoop dis ‘n wonderlike geseende jaar vir jou!

  12. Vandag 1/10/2013
    (in so valserige krakerige stemmetjie)
    Veelsgeluk liewe b(l)ogger…..
    😆

  13. ek-myself het gesê op Oktober 2, 2013

    Hoop jy het ‘n mooi jaar Lewies! Mag daar nog baie van wees…

  14. Baie geluk! Ons is altwee Libra’s. Ek het net hierdie jaar besluit dubbel nommers werk nie meer vir my nie, ek het die eerste nommer geskrap. Vars voor begin……

  15. Dit doen want ‘n halfuur met daai brandende hande voel soos twee ure 😉

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.

1 terugspoor