In ‘n staat van Emeritaat
Junie 5, 2013 in Uncategorized
In ‘n staat van Emeritaat.
Nee kyk, hierdie staat van emeritaat groei op my soos muf op ou brood. My hartklop pols in ritme met Mantovani se Moon River, my bloeddruk is so af ek voel hom skaars. My brein se Alpha ritmes is amnioties kalm. Die psigiater het die dosis Fukitol halveer. Ek kom nou die dag agter dat ek nie meer my horlosie dra nie. Gevoelente is nou my horlosie. As ek voel dis nou tyd vir brekfis dan toast ek vir ons ‘n broodjie, as ek voel dis nou tyd vir ‘n koppie tee dan skink Vroukie hom al in ‘n krullerige koppietjie met pienk rosies, as ek voel dis nou tyd vir ‘n wyntjie dan maak ek so, en as daai ander gevoelente sigselwers presenteer, julle weet mos, daai een, dan worrie ek nie oor ‘n laatkommery by die werk nie. Sedert ons hier in Hermanus bly het ek nog nie ‘n middelvinger teen ‘n mede-padgebruiker gelig nie, en daai woord, wat is dit tog nou weer, nee fokkit, kannie onthou nie, maar daai woord het nog nie weer oor my lippe gekom nie. Ek kyk Pasella en Kwela en her-heruitsendings van Mollie en Wors en Orkney Snork Nie sonder om kort-kort te sê “Wat ‘n pot kak”. As dit so aangaan kyk ek een van die dae heruitsendings van TV 2 nuus met Riaan Cruywagen. Ek skel nie meer op rugby skeidsregters nie. Dit gaan so goed met my dat die Cheetahs ewe skielik een game na die ander wen. gen.
Is dit dalk iets in die water?
klarisabet het gesê op Junie 5, 2013
Solank Lewies net darem nog nou-en-dan laat vir werk kom {-; ?
Lewies Mymer het gesê op Junie 7, 2013
Hoe bedoel jy nou, hehehe!!
tina10 het gesê op Junie 5, 2013
hehehehe… ek het jou mos lankal gesê – dis ongelooflik lekker
Lewies Mymer het gesê op Junie 7, 2013
Dis die eerste prys Tina!
pienkvolla het gesê op Junie 5, 2013
Lewies, dit is mos soos dit hoort en soos mens moet aftree!!! 😀
Klink nogal na my tipe lewe.
Vreeslik bly om weer van jou te hoor. Wil nie maar meer voel en ietsie hier kom griffel nie… veral noudat jy oorgenoeg tyd het?!?
Lewies Mymer het gesê op Junie 7, 2013
So met die trekkery saam was daar nie juis tyd om WordPress baas te raak nie, maar ja, nou het ek die tyd!
exionperfexi het gesê op Junie 5, 2013
🙂 aaii…die aftrede klink hemels ! en solank daar soms ook ‘n knertsie Skotse Malt in die water beland is dit mos maar OuKei ?
Lewies Mymer het gesê op Junie 7, 2013
Daai byvoeging kan ek darem self bestuur!
ek-myself het gesê op Junie 5, 2013
Klink goed! Klink soos dit moet wees veronderstel is om te wees! Geniet! Jy is geseend!
Lewies Mymer het gesê op Junie 7, 2013
Geseënd voorwaar!
Bruggie het gesê op Junie 5, 2013
HaHaaa.
Lewies Mymer het gesê op Junie 7, 2013
Hi Bruggie!
Berwick het gesê op Junie 5, 2013
Lewies, kyk ‘n lekker reeks of so, soos The Sopranos van destyds.
Lewies Mymer het gesê op Junie 7, 2013
Ek sal so iets moet doen, Mollie en Wors irriteer my nie meer nie!
Louise Davis het gesê op Junie 5, 2013
Lekker om jou weer raak te lees, Lewies! Ek het ook eers gedog dat dit wat met jou gebeur met my ook sal, maar helaas: Ek het alweer die ja-woord gespreek en sal alweer vir die volgende 6 maande sonder Vryheid kan wees. Dalk volgende jaar, dan tree ek regtig egtig ook af. SUGTOG!
Lewies Mymer het gesê op Junie 7, 2013
Ek dink die verskil is dat my werkgewer verlig was om te sien gaan, dalk al die laatkommery bey die werk!
abrham het gesê op Junie 6, 2013
” die dag toe ek my naam vergeet het”
Lewies Mymer het gesê op Junie 7, 2013
Ai, hoop nie dit gebeur soos met FA Venter nie!
Henry @kompethenry het gesê op Junie 7, 2013
Klink half lekker…
Lewies Mymer het gesê op Junie 7, 2013
@shapeshifter
Dis die lewe Henry.
monicahaddad het gesê op Junie 7, 2013
Nog ‘n rede om Poësiefees toe te kom, sodat ons notas kan vergelyk 🙂
danie coetzee het gesê op Junie 9, 2013
Bly dat jy nou weer tyd gaan he om meer te skryf. Aftrede is aangenaam!
perdebytjie het gesê op Junie 28, 2013
Daai woordjie wat jy vergeet het begin mos met ‘n V….ek dink amper dit staan vir Vrystaat!
Nou moet jy weer gereeld skryf.Ek geniet dit vreeslik.
Zeppie - @zephur het gesê op Junie 29, 2013
Ja Lewies geniet die sit gat rus bene…
Eendag as ek daar deur Hermanus ry….gaan ek kom tee en wyn daarby jou…nee damn net wyn
Lewies Mymer het gesê op Junie 29, 2013
@zephur Enige tyd!
Petronell het gesê op Julie 26, 2013
Ek het ‘n vriendin wat daar woon (dalk het almal een?) – maar my vriendin is ‘n unieke vriendin. Sy is ook al op ‘n tipe van ‘n aftrede. Ek self sal dit nooit vir haar sê nie though.
Ek dra al jare jare jarrrrre nie horlosies nie, kyk nie tv nie. Lees op blogs en netwerke van die nuus en probeer om dit mis te kyk.
Ek het vandag ‘n nuwe woord geleer. Hier op die blogs.
Lewies Mymer het gesê op Julie 27, 2013
Mens word nooit te oud om te leer nie, selfs op die blogs is daar altyd iets nuuts!