Volspoed op veertig

April 25, 2013 in Uncategorized

Ek en Vroukie het verlede Sondag ons veertigste troudag herdenk, ja, liewe leser, veertig jaar, net so lank as wat Moses en sy troepe in die woestyn geswerf het. Maar anders as daai ongelukkige siele het ons nie ons Kanaan eers na veertig jaar bereik nie. Dit was uit die staanspoor duidelik dat ons vir die heilige eg, met mekaar, bestem is. Hulle sê die eerste veertig jaar is die moeilikste, daarna is dit maklik. Maar sê nou net een van die twee partye verwissel die tydelike met die ewige na een en veertig jaar, dan het hulle mos net een jaar van huweliksgeluk beleef! Nee wat, ‘n mens moet maar werk aan die huwelik, en nie so ‘n Gods-water -oor-Gods-akker benadering openbaar en dan hoop alles sal uitwerk nie. So is die ou lewe mos, wat jy saai sal jy maai, wat jy insit sal uitkry. Dankie Vroukie, vir veertig jaar se maatwees, liefwees, sterkwees. Met jou aan my sy sien ek kans vir die lewensmylpale wat verskuil in die pad vorentoe lê.

28 antwoorde op Volspoed op veertig

  1. WOW geluk Lewies….geluk Mev Lewies
    Jip volspoed vorentoe

  2. Baie, baie geluk. Julle is voorwaar geseënd.

  3. tina10 het gesê op April 25, 2013

    Ag hoe mooi! Baie geluk!
    Ek onthou nog goed hoe sterk jy in die moeilikheid was toe ek by Litnet aangesluit het… 😆

  4. bruggie het gesê op April 25, 2013

    Geluk !

  5. Nice!

    Geluk daar!

  6. Baie geluk! Voorwaar ‘n mylpaal wat julle bereik het.

  7. vega het gesê op April 25, 2013

    Geluk, daar moet fees gevier word! ‘n huwelik wat so lank hou, en gelukkig daarby; is ‘n rare verskynsel.

  8. Pragtig Lewies!Julle klink na ‘n wenpaartjie!

  9. klarisabet het gesê op April 26, 2013

    bravo!

  10. Is gelukwensing in order of soek jy heimlik ook na bietjie medelye soos meeste ander mans? Wel ek gee albei.

  11. ek-myself het gesê op April 26, 2013

    Geluk! Min mense haal deesdae daai merk, en ek hou van wat jy hier se, my tipe man, ‘n WARE een en nie ‘n regte een nie! Geluk!!! Bou hierop voort!

  12. Julle is voorwaar bevooregd. ( besig om ‘n uitgestorwe spesie te word) Tel jou seëninge lewies, tel hulle een vir een……

  13. Twakkies het gesê op April 27, 2013

    Soos ‘n ou vriend van my sou sê, “FANTASTIES!”

  14. monicahaddad het gesê op Mei 8, 2013

    Ek was noudiedag in jou dorp en toe wonder ek darem vreeslik watter een is jou huis.

  15. danie coetzee het gesê op Mei 8, 2013

    Baie geluk van hierdie kant ook.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.