Weerlig slaan nie twee maal op dieselfde plek nie, ‘n kort relaas oor die voorbereiding vir die trek Hermanus toe

Januarie 8, 2013 in Uncategorized

 Hierdie huis staan op sy kop, dit lyk asof hier ‘n butengewone bliksemaktiwiteit plaasgevind het en asof die hemelskigte ‘n paar voltreffers hier geplant het. Bokse (72 op hierdie stadium) staan die huis vol, die kaste is ontruim asof die inwoners inderhaas voor die Maja of ‘n ander apokalips gevlug het. Die gesketter van buff tape wat afgerol word versteur die andersinds vreedsame omgewing. Lewies en sy Vroukie pak boks na boks, gooi uit vir Julia, Abel, Seun, Hospice. Boeke wat reed 34 winters op die boerak oorleef het gaan na die tweedhandse book shop, mahala.  ‘n Propperse houtkas, custom made to fit the purpose, word vir die twee werfhonde gemaak om die lang pad Kaap toe aan te pak. Hoe die rit gaan verloop is nogals ‘n bron van bekommernis–nie een is gewoond om in ‘n kar te ry nie, Chopper sal regkom, maar die sensitiewe Pamela is ‘n ander saak. Sal hulle maar half benewel hou vir die duur van die reis en probeer aanstoot sonder om oor te slaap soos ons gewoonlik doen. Vroukie se Corolla is gister verkoop–sal ons werklik twee voertuie daar nodig hê?  Saans is ons twee poot-uit, maar ons liewe vriende wil nog ‘n keer afskeid neem, specials by die restaurante, braai by ou kennisse wat nou, hier op die allerlaaste, vriende word. Tussendeur probeer ek Seun help om ‘n ID te kry, dis ‘n helske gesukkel, maar dit lyk my aanhouer gaan wen. Seun kort egter gereeld ‘n skop onner die jack om aan te hou aanhou. Dit lyk darem of ek suksesvol ‘n werk vir hom georganize het, hy moet Vrydag aanmeld, soort van op appro. As dit uitwerk is dit ‘n groot worry minder, vir my en natuurlik vir hom.

Die treklorrie is vir die 22 ste Januarie bespreek, ons raak benoud, gaan die tyd genoeg wees om klaar te pak?

15 antwoorde op Weerlig slaan nie twee maal op dieselfde plek nie, ‘n kort relaas oor die voorbereiding vir die trek Hermanus toe

  1. tina10 het gesê op Januarie 8, 2013

    Ai toggie Ek gesels netnou met ‘n vriendin wat ook nou aftree en half huilerig is oor sy ‘n draai by die skool gemaak het en dit net nie meer dieselfde is nie… Die lewe gaan aan en die tyd wat voorlê is opwindend.
    Geniet hierdie tydjie want al te gou is dit vir altyd verby.

  2. ek wil weet hoekom hierdie helske proses met net 4 lettertjies
    T R E K
    omskryf word.

    Ek moes nou eers gaan lees van Seun.
    Hoop hy wil die werk probeer behou

  3. Ai toggie – sterkte vir julle! Hermanus is ‘n wonderlike vooruitsig.

  4. Wat die inpakkery so emosioneel uitputtend maak is terwyl jy inpak, sien jy jou lewe voor jou afspeel, maar die uitsmytery, was vir my ongelooflik bevrydend!

  5. Ek het sopas ‘n flippen lang relaas gekommentaar, toe se hulle die Captcha Code was verkeerd. en nogals nadat ek dit oor en oor gecheck het.
    Ag, ek wou net eintlik voorspoed met die trekkery toewens..

    • Ai, lyk my kommunikasie tov kommentaar tussen my en jou is gepox, het geantwoord op jou kommentaar maar dit is nie geplaas nie. Dus probeer ek weer.

  6. Charlene het gesê op Januarie 9, 2013

    Klink vir my opwindend, Lewies!

  7. Dirkie het gesê op Januarie 9, 2013

    @ pasella …Die inpak vreeslik – wonder of die uitpak nie erger is nie? Aftrede lê en loer vir ons van Julie 2013 af!!!!

    • met die inpakkery is daar ‘n dead line, die treklorrie kom, met die uitpakkery sal mens moet waak teen uitstel. Darem is daar nou al ‘n horde goed uitgegooi.

  8. Afskeid is altyd swaar,maar nuwe dinge wink anderkant.Sterkte met die honne.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.