Moonlight and Roses
April 21, 2012 in Sonder kategorie
“Lewies ?”
“Ja Vroukie, wassit?”
“Weet jy watse dag dit vandag is?”
“Ja, natuurlik, dis Saterdag, anders sou ek nie nou nog in die kooi gele het nie” (lees ‘n kappie)
“Nee man, dis nie net Saterdag nie, dis ‘n spesiale dag”
Verjaar sy vandag? Verjaar ek vandag? Hitler sou gister verjaar het, maar ek is seker dis nie wat sy bedoel nie.
“Nee, Vroukie, gee ‘n leidraad jong.”
“Dink terug, nege en dertig jaar gelede”
Nege en dertig jaar gelede? Gits, dis diep in die geskiedenis, skuins voor die uitbreek van die builepes. Maar dan: lux in tenebris! Lig in die duister! Hetdaghet overall!
“Jis Vroukie!! Die herdenking van…
“…ONS TROUDAG!!”
“Toe daai orrel die troumars so dreun, en jy en jou pa kom in die gang afgestap, en jy smile vir my, toe voel ek soos ‘n koning.”
“Dit was die lekkerste dag van my lewe”
“En nou, ‘n leeftyd later, is jy nog net so mooi. Bietjie voller van lyf miskien…”
Vroukie ruk haar nek.
“Wat bedoel jy?”
Die magic oomblik dreig op die randjie van ‘n helse afgrond. Helse, soos in daai warm plek van swael en vlamme.
“Ek bedoel nie letterlik voller van lyf nie, dis figuurlik, ja, jy sien dis ‘n figuurlike lyf”
“Waddehel (oh oh, weer daai warm een) is ‘n figuurlike lyf?”
“Nee kyk man, jy sien Vroukie, ‘n figuurlike lyf is figuurlik. Dis nie letterlik nie. Ja, nie letterlik nie, sien jy?”
“Nee ek sien nie. Vol van lyf beteken vet”
“Nee, nee” (iemand help tog! Muse, deus ex machina, enigiemand!!) Nee, ek bedoel die moederlyf, ja die moederlyf. Jy is voller van moederlyf, voller van moederhart, daar is nou soveel meer mense wat vir jou lief is, vir wie jy lief is, ons kinders, ons skoonkinders, ons kleinkinders. Jy sien dis hoe ek dit bedoel, figuurlik”
“Mmmm, ok. Ag dis te sweet, al moes jy ook bleddie hard dink om daar uit te kom. Amper het jy die mood bederf”
“Watse mood is jy in Vroukie?”
Sy kyk na my. Daar is ‘n twienkel in haar oog.
“Na nege en dertig jaar behoort jy mos te weet”
En ek het.
daancoetzee het gesê op April 21, 2012
Lekker! Julle is bevoorreg.
TS het gesê op April 21, 2012
Baie geluk.
Vrou met hare op die tande.
avega het gesê op April 21, 2012
Nege en dertig jaar is ‘n leeftyd. Baie geluk!
loudavisi het gesê op April 21, 2012
Geluk Lewies en vir jou vroukie ook.
Gelukkig hoef jy nie vandag laat te wees vir werk nie!
; )
HeavyHenry het gesê op April 21, 2012
Nice!
volgende jaar is die “big Four Oh”
Geluk daar!
rosiemetdorings het gesê op April 21, 2012
Baie geluk aan lewies en sy vroukie! dis al ‘n goeie handvol jare saam.
(blykbaar sê die wat weet dat die eerste 40 die swaarste is – daar is lig voor in jou tonnel)
pasella het gesê op April 21, 2012
Ons besef dit maar al te goed, Latino!
pasella het gesê op April 21, 2012
En wat van die uwe? Ek vertel nie alles hier op die blog nie!
pasella het gesê op April 21, 2012
‘n Leeftyd voorwaar!
pasella het gesê op April 21, 2012
Charlinkie!! Howzit!!
pasella het gesê op April 21, 2012
Die eerste keer in nege en dertig jaar!
pasella het gesê op April 21, 2012
Ure maande jare vlieg soos skadudrome heen. Eish, Modderkoekie, tyd vlieg teen sestig minute per uur!
pasella het gesê op April 21, 2012
met Vroukie aan my sy sien ek kans vir hom !
pasella het gesê op April 21, 2012
Dankie Rosiedoring, maw nog net een jaar se suffer?!
erikavz het gesê op April 22, 2012
Baie geluk en mag daar sommer nog baie wees
pasella het gesê op April 22, 2012
Dankie Erika!
HeavyHenry het gesê op April 22, 2012
🙂
Doubtingthomas het gesê op April 23, 2012
Baie geluk!
Modigliani het gesê op April 23, 2012
Baie geluk lewies!!!
(39 sterre vir jou) 😉
pasella het gesê op April 23, 2012
Dankie Thomas!
pasella het gesê op April 23, 2012
dankie Jeanne!
abrham het gesê op Mei 1, 2012
ougeit is vir voëls!
pasella het gesê op Mei 2, 2012
hehehe! Komende van Abrham dink ek ek verstaan jou reg!
abrham het gesê op Mei 2, 2012
‘n halwe … nevermaaind
eros01 het gesê op Mei 4, 2012
Nege en dertig jaar! Jy verdien die Clitoris Crux medalje, ‘n goue een! xR
pasella het gesê op Mei 4, 2012
Ek dra daai medal met honour your honour!
Twaksak het gesê op Mei 6, 2012
*sug van salige genot*
pasella het gesê op Mei 6, 2012
Hi Twaksak!
bloukaap het gesê op Mei 6, 2012
ek weet nou hoekom jy so lanklaas geblog het
jou vrou het die blog ontdek
en gelees
nou is jy kaings gebraai
hehehehehe
pasella het gesê op Mei 7, 2012
Sy sê ek praat uit die slaapkamer uit!
Perdebytjie het gesê op Mei 10, 2012
“Never a dull moment” daar by Lewies en Vroukie nie.Geluk!
pasella het gesê op Mei 11, 2012
Dankie Perdebytjie. Dull moments are for dull people!
Ek-Myself het gesê op Mei 15, 2012
Ek is bietjie laat maar groot geluk, mins “kinders” van vandag bereik hierdie mylpaal. Dit is vandag my ouers se 41 ste huweliksherdenking en ek lig my hoed vir hulle! Julle is van ou gom aanmekaar gesit en bittereinders!
pasella het gesê op Mei 18, 2012
Geluk aan jou ouers ook, mens is werklik bevoorreg om soveel jare gelukkig saam te kan wees, en dit kaats af op die kinders ook, hoop ek!