Die noodlot troffe Lewies

Februarie 22, 2012 in Sonder kategorie

O wrede noodlot, o bittere teleurstelling, die bottel wyn, pront en paraat in die grocery kas, is toe ‘n wynbottel.

O wee! O wee!

Ek sal my linker elmboog gee

Vir ‘n glas of twee!

29 antwoorde op Die noodlot troffe Lewies

  1. frandr het gesê op Februarie 22, 2012

    Spar is nog oop, Lewies – maak gou!

  2. net nie dit nie!

  3. Met ‘n botteltjie JC le Roux
    En ‘n nooi wat sê: Kom nou bed toe
    – Se ek: Dankie, maar néé
    – Want na ‘n glasie of twee,
    Word ek vaak, en my ogies val toe!

    vuurklip

  4. hier is die kas ook leeg. 🙁
    My lot is om met ‘n geheelonthouer getroud te wees, en om so alleen te sit en teug aan die voggies is maar vervelig.

  5. TS het gesê op Februarie 22, 2012

    Ag nee vriend… jy vergeet van laas se moeilikgeite!

  6. Ag nee wat, Lewies!
    Jy MOET paraat wees – mos.
    Laat dit vir jou ‘n dors les wees

    😀

  7. Ses rand per liter meer sondebelasting, kondig minister Gordhan ook dan nog so pas aan…

  8. Aan die eenkant voel ek jou pyn – aan die anderkant dink ek “Suffer Bliksem” – dis nou die 22e dag in Feb, die maand wat ek nie drink nie…

    🙂

  9. eros01 het gesê op Februarie 22, 2012

    More is nog ‘n dag! xR

  10. Trakie het gesê op Februarie 22, 2012

    Ai, man.

  11. Jy moet maar begin bier drink. Die belasting het maar net 9c daarop gestyg.

  12. Toe was dit gisteraand nie ‘n geval van In Vino Veritas vir jou nie.
    Simpatie.
    🙂

  13. As jy die kas aanvul en jy ‘n rooietjie geniet probeer dan gerus Van Loveren se African Java. mmmmm………….

  14. Spar–lewensreddend in die uur van nood!

  15. Gatslag!

  16. Prioriteite Vuurklip! Dankie vir die rympie!

  17. Dis waar. so ‘ alleen glasie skiet tekort aan boeket!

  18. Eish Tina! Ek sal nooit weer nie!

  19. Laat ek ‘n les leer by die vyf wyse maagde!

  20. Ongevoelige vent!

  21. En dan is dit skrikkeljaar boonop! Op 1 Maart klink ek ‘n glasie op jou.

  22. More sal die son weer skyn!

  23. My kelkie is leeg, Kelkie!

  24. Hoesit Charlinkie!

  25. Al kos bie ook R20 per kannetjie bly dit nog steeds ‘n bargain!

  26. Sine vino siccitas (Sonder wyn is daar droogte)

  27. Klink sommer lekker–sal hom traai as ek hom raakloop.

  28. die regter elmboog omhoog!

  29. Thanks – ek sal dit waardeer!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.