‘n Onbillike voordeel

Desember 24, 2011 in Sonder kategorie

Gister speel ons boulle op die gras (daai game met die groot ghoens wat die Franse ooms speel). Oupa Felix, 90 jaar, speel saam. Hy het geen sig in sy een oog nie en die ander oog kyk ook maar bedenklik. Teen alle verwagtinge in gooi hy die boulle verbasend akkuraat en wen selfs so nou en dan ‘n game. Sy oudste agterkleinkid Kara kla dat hy eintlik ‘n voordeel het bo ons ander. Sy verduidelik dit so: as sy gooi, moet sy korrel, en as sy korrel moet sy haar een oog toemaak. Oupa Felix hoef nie sy oog toe te maak nie, hy is mos blind in die oog,  hy gooi dus akkurater omdat hy nie hoef te korrel nie.

Beat that logic.

Aan al my mede-bloggers en bloggenote–mag julle ‘n vreugdevolle Kersfees geniet, omring deur geliefdes, en vervul met vrede en welbehae.

10 antwoorde op ‘n Onbillike voordeel

  1. TS het gesê op Desember 24, 2011

    In die land van die blindes…

    Hoop julle het die allermooiste Feesgety!
    Dankie dat jy altyd met my gaaf is.

  2. Jy is so bevoorreg om deur alle ouderdomme omsingel te wees…geniet elke oomblik en mooi wense vir jou en jou geliefdes…van die kleinste, jongste tot die in die 90’s
    xx

  3. Ek hou van daai logieka – daai kind gaan ver gaan!

  4. En oja – julle moet ook lekker krismis!

  5. louisna het gesê op Desember 24, 2011

    Thanks Lewies. Selle daar.

  6. avega het gesê op Desember 24, 2011

    Ons speel ook, maar noem dit Petanque, Oupa het ‘n voordeel 🙂

  7. Dankie, So ook vir julle almal daar bymekeer vir die feestyd

  8. Dankie, vir julle ook!

  9. Wat kan nou erger wees a s’n ou toppie wat cheat ook nog…volgens die kiepies natuurlik.

  10. Ja wel, as mens in elke ding ‘n voordeel kan vind, het jy beslis ‘n voorsprong bo ons platvloerse burgers, hehe. Gelukkige 2012.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.