Lewies staan pa.

Desember 11, 2011 in Sonder kategorie

Ek het hierdie storietjie vroëer geblog, 17 Jan 2010. Dis ‘n ou grappie wat ek so bietjie blink gevryf  het.  ‘n Paar dae later kry ek hom in my in box, ek was baie in my noppies, hier is ek, die beskeie Lewies, nou elektronies gepubliseerd! Daarna het die storietjie nog so ‘n keer of twee via die e-pos roete by my uitgekom. Nou die dag gewaar ek hom weer by Silly, en weer eens is ek chuffed. Maar gister toe sien ek hom op ‘n ander blogger se pos, sonder enige erkenning of aanduiding dat dit van êrens gesource is nie. Toe raak ek ietwat moerig–dis mos nou elektroniese plagiaat! As mens êrens ‘n oulike storietijie raakloop en dit wil deel met mede-bloggers sê jy immers “Ek het die volgende in my in box gekry”. Dus. om alle twyfel uit die weg te ruim oor die outentieke outeurskap van “Doodskoot”

plaas ek dit weer. Ek het daai storie geskryf, ek, die uwe Lewies, die nimlike hy. Ek plaas hom met tikfoute en al.

Hier is hy.

http://blogs.litnet.co.za/pasella/doodskoot

Doodskoot

So kort voor die runderpes is r in Namakawaland ‘n oom en antie. Hulle het kinders by dosyne. By die geboorte van die laaste een waarsku die dokter dat die antie se masjienerie nie meer so lekker is nie en dat sy bes moontlik nie nog ‘n geboorte sal oorleef nie. Die oom en antie skrik, want hulle is lief vir mekaar en wil nou nie sommer moedswillig die antie laat dood nie.

Nou slaap hulle op apart op sulke ysterkateltjies, maar die ongedurigheid broei in hulle. Een nag lê die oom wakker en hy hoor die antie se kateltjie kraak en kreun soos sy rondrol. Na ‘n rukkie is dit stil en hy kyk na haar, net om te sien dat sy hom met groot oë beloer. “Jy keek vi my,”sê hy. “Ja,”sê sy,”ek keek vi jou. ” “Nou maar hoekom keek jy vi my?” vra hy. “Ek dink” sê sy.  “Nou maar wat dink jy so innie laatnag?” vra hy. “Ek dink jy moet my maar die doodskoot kom sjee”

31 antwoorde op Lewies staan pa.

  1. My wêreld lewies, ek onthou daai grappie van Potch se dae en dit bly my nog altyd by, dit is vrek snaaks! sterre vir jou!!!!!!!!!!!

  2. Johan van Wyk wat die rubriek Stop van Myne in die Volksblad behartig het, het ook dié storie daar vertel. Nou weet ons waar dit vandaan kom.

  3. pasella het gesê op Desember 11, 2011

    Dit is waarskynlik waar ek dit die eerste keer gehoor het. Ek was toenterjare ‘n Vrystater.

  4. pasella het gesê op Desember 11, 2011

    Ja, dis ‘n ou-ou storie.

  5. pasella het gesê op Desember 11, 2011

    Howzit Charlinkie!

  6. pasella het gesê op Desember 11, 2011

    Dan was sy brrod gebotter en gedjem, aan al twee kante!

  7. Laat my dink aan die volgende storietjie wat ek gehoor het: Meraai se baba word gebore sewe maande nadat sy en die sedige Gamat getrou het.
    Gamat wil by die dokter weet of daar dalk fout was omdat die baba so vroeg gekom het.
    Die dokter kyk hom so uit die hoek van sy oog en sê:”Niks om jou oor te bekommer nie, dit gebeur nogal dikwels met eerste babas. Die ander kom op die gewone tyd!”
    🙂

  8. sulke goed gebeur.
    Kom ek vertel jou iets wat erger is.
    Jarrrre gelede vertel iemand ‘n snaakse storie.
    Ek wou my dubbel vou en sy sê dat niemand haar storie al ooit so snaaks gevind nie.
    ek antwoord haar: omdat jy van ‘n gebeurtenis in my eie verlede vertel

  9. katrina het gesê op Desember 11, 2011

    Ek ken die grappie ook al jare lank, min of meer soos hier – net nie in Namakwaland nie:)

  10. TS het gesê op Desember 11, 2011

    Ek het gister ‘n vrou op FB gekry wat ‘n blogvriendin se werk net so onder haar eie naam gepubliseer het… toe sy vasgetrek word sê sy sy het dit per epos gekry maar daar is nie ‘n woord van ‘geluk of dankie ‘nie!

  11. Ai!

    Geniet die kleintjies die vakansie – hope pret en giggels.

  12. môre-seg Lewies

  13. pasella het gesê op Desember 12, 2011

    hehehe! Goeie een!

  14. pasella het gesê op Desember 12, 2011

    Stories het ‘n manier om wyd en syd te loop.

  15. pasella het gesê op Desember 12, 2011

    Ai, die arme Namakwalanners is prooi vir enige effense af storie!

  16. pasella het gesê op Desember 12, 2011

    So op ‘n openbare forum moet mens maar erkenning gee.

  17. pasella het gesê op Desember 12, 2011

    Ons gaan Lou, daar word al woes plannetjies gemaak!

  18. pasella het gesê op Desember 12, 2011

    En ‘n baie goeie more vir jou ook, Pruim!

  19. Jou storie doen goed en ek lag my simpel elke keer as ek dit lees!!!!

  20. Hehehe … gee sommer die plagiaters ‘n sweepslag of twee ook …

  21. abrham het gesê op Desember 13, 2011

    ou lewies ek is seker jy bedoel om ons lesers te plesier en die grappie het, dan het jy mos in jou doel geslaag of moet ons betaal

  22. pasella het gesê op Desember 14, 2011

    Hi Therina–gaaf om die gousblom in blom te sien!

  23. pasella het gesê op Desember 14, 2011

    Hi Silly!

  24. pasella het gesê op Desember 14, 2011

    Ek hoop nie ek is oor sensitief daaroor nie, maar my skryfsel is my maaksel!

  25. pasella het gesê op Desember 14, 2011

    Nee Abrham, niks te betale nie, en ek is bly as lesers my storietjies geniet, maar as iemand dit sy eie maak dan voel ek nie so gelukkig nie.

  26. Gie gie amper soos die ou tannie wat vir die inbreker gevra het : Rape julle nie meer mense nie ? Ook maar lus !

  27. pasella het gesê op Desember 20, 2011

    hehehe! verlore kanse!

  28. Ja, sjym !He – he

  29. Ek weet nou nie hoe om dit vir oom te vertel nie, maar ek het hierdie einste storie baie, baie jare gelede in Beeld gelees.

  30. pasella het gesê op Desember 26, 2011

    nee, ek weet dit, ek sê mos dis ‘n ou grappie, ek het net die aanbieding verander, die storie en die punchline is stokoud.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.