Lewies droom van ‘n plekkie by die see
November 19, 2011 in Sonder kategorie
Volgende jaar, op ouderdom iets in die sestig
Gebeur dit hopenlik regtig
Dat ek by die ou hawemuur van Hermanus
Ledig kan sit op my anus
Terwyl die whale crier kraai
En die see-meeue oor die blou see draai
En die walvisse baljaar in Walkerbaai
En die jong meisies hul lywe braai
En die jong manne hulle lustig aai
En ek bestel vir Vroukie, ewe fraai
Gin en tonic, met London Dry
En Ou Lucas sing oor die draadloos “Aai, aai, aai”
Van sy possie op Victoriabaai
En ek stuur al my sorge in hul malle maai.
TS het gesê op November 19, 2011
mmmmm sand in jou hare sand in jou klere, sand oral … wind, wind, wind,… nat nat nat (in winter)
… sien jy die jaloesie?
Trakie het gesê op November 19, 2011
Ag vreeslik baie dankie
Vir hierie lekker oggend-gesangekie
🙂
benvanbruggen het gesê op November 19, 2011
Dissem, Lewies !
Perdebytjie het gesê op November 19, 2011
Lekkerrr!Na leeftyd se harde werk, gun ek enige iemand hierdie plesiertjie!
abrham het gesê op November 19, 2011
ek hou alle duime en tone vas dat dit wel gebeur, lewies
monicahaddad het gesê op November 19, 2011
Jy moenie by die see gaan bly nie, kom bly hier want die see is oppad hiernatoe 🙂
Ou-Top het gesê op November 19, 2011
Moet dit nooit doen nie, bly net waar jy is en gaan vier keer n jaar na jou huis by die see. As jy daar permanent bly is jy na twee jaar siek vir die see. Die lekker dinge bly net lekker as jy dit min doen.
loudavisi het gesê op November 19, 2011
Hermanus is DIE heel lekkerste plek ooit!
Jy kan Des vakansies in die binneland gaan kuier, of koop jou huisie langs ‘n keffie – daar’s dan nie plek om op die paaie te ry nie.
(net ‘n tip)
; )
vuurklip het gesê op November 19, 2011
As jy hard traai
mag jy dalk maai
wat jy saai.
(Hoe’s daai?)
Groete vanuit Valsbaai.
lora2me het gesê op November 19, 2011
Ek is nie ‘n swemmer nie, maar sit graag met ‘n emmertjie vol blink ronde klippies en bou damme vir skippies van oesters en perlemoen tot die son die see soen. Dus verstaan ek jou droom en is regtig mooi-jaloers dat dit waar word vir een van die ouer blog-broers. ~~~^~~~~
louisna het gesê op November 19, 2011
Pragtige droom pragitg gemunt Lewies.
HeavyHenry het gesê op November 19, 2011
*grin*
Hoekom sou dit nie?
Wat kan tog verkeerd gaan?
Doubtingthomas het gesê op November 19, 2011
Bon chance, Lewiesie! Hoop dit realiseer gouer as wat jy dink.
🙂
avega het gesê op November 19, 2011
Goed verwoord, jou lucky fish
HeavyHenry het gesê op November 19, 2011
bwaahahaha!
rosiemetdorings het gesê op November 19, 2011
klink reg! 🙂
hou vir ons plek op die kaaimuur
pasella het gesê op November 20, 2011
Hehehe! Ek sal daai kans vat!
pasella het gesê op November 20, 2011
Hi Kelkie!
pasella het gesê op November 20, 2011
net so Bruggie!
pasella het gesê op November 20, 2011
Dankie Perdebytjie!
pasella het gesê op November 20, 2011
Die kanse lyk goed Abrham!
pasella het gesê op November 20, 2011
In daai geval spoel ek daar neffens McGregor uit!
pasella het gesê op November 20, 2011
Ai Ou Top, die versoeking is te groot!
pasella het gesê op November 20, 2011
Ons het daai aspek in ag geneem–ons huisie is binne loop-afstand van die midde-dorp.
pasella het gesê op November 20, 2011
Poësie uit die pen van Vuurklip! Ik ben geëerd!
pasella het gesê op November 20, 2011
Pragtig Lora! Dankie!
pasella het gesê op November 20, 2011
Dankie Ouboet! Dis ‘n droom van lank gelede.
pasella het gesê op November 20, 2011
Eish, Henry! Ek wil nie die noodlot tart nie.
pasella het gesê op November 20, 2011
Hi Thomas! Daar is wel ‘n paar faktore wat die kwessie kan bespoedig.
pasella het gesê op November 20, 2011
Dankie Vega! Dis geinspireer deur die muse van die see!
pasella het gesê op November 20, 2011
Daar is plek genoeg!
ludwig.heuer het gesê op November 22, 2011
Ek was daar en dit was nie so lekker nie. Die wind het my dinis gewaai. Ek soek nou nog my braaivleis. Dit le iewers in die karoo. Nee die kaap is nie vir my gemaak nie. Maar alle sterkte …
eros01 het gesê op November 22, 2011
Dit is baie mooi en as jy en vroukie iets vir droge keel soek, kom kuier gerus vir ons op Kleinmond.xR
pasella het gesê op November 23, 2011
As die dassies so kan maak kan ek mos ook!
pasella het gesê op November 23, 2011
Salige vooruitsig Charlinkie!
pasella het gesê op November 23, 2011
Ek sien kans vir daai wind, Ludwig!
pasella het gesê op November 23, 2011
Dis ‘n uitnodiging wat ek hier voor in my agterkop gaan bêre!
Berwick het gesê op Desember 3, 2011
Goed gaan, Lewies.
pasella het gesê op Desember 4, 2011
Hi Berwick!
Madhatter het gesê op Desember 9, 2011
Ek droom ook van die Kaap……eendag. Love dit daar! Gaan gereeld met vakansie daarheen.
Blikskottel het gesê op Desember 10, 2011
Om af te tree en te sit en niksdoen is net om die Here te vra om jou vroeg huistoe te vat. Dus, tree af, maar sorg dat jy goed besig bly.
pasella het gesê op Desember 10, 2011
hierdie was ‘n droom wat eindelik ‘n plan geword het.
pasella het gesê op Desember 10, 2011
Ek is nie van daai oor-flukse ouens wat houtwerk doen of met voëltjies in die agterjaart boer nie, maar ek dink ek sal my kan besig hou met die dinge waarin ek belangstel.
Celiaanna het gesê op Januarie 7, 2012
Gou by jou blog kom draai en het ek lekker oor die een gekraai!
pasella het gesê op Januarie 7, 2012
Ek is bly oor jou draai!