Lewies en ‘n vet Griek juig saam

November 3, 2011 in Sonder kategorie

Hallelujah! Bingo!! Eureka!!! (soos daai vet Griek dit toenteryd uitgejubel het). Vandag het ek die amperse onmoontlike, Herkuleiese taak vir die manlike geslag met sukses vervolmaak; ek het ge-multi task!! Ge Mul Ti Task!! Sonder om iets te breek, iets op te fok of lelik te praat. Drie dinge tegelyk. Een: ek maak kos. Niks haute cuisine of cordon blue nie, nie eens uit ‘n boek nie, sommer geurige maalvleis en stampkoring (klink darem beter as mince). Terselfdertyd was ek ‘n merske bondel wasgoed en ek onthou die keer om die super ball in te sit. Onderwyl dit alles aan die gang is was ek die stapel skottelgoed wat deur die week opgegaar het. Waar kom dit alles vandaan? Ek was dan alleen? Kan een mens soveel skottelgoed in so ‘n kort tyd genereer? G’n gebreekte glase en bloed die keer nie.

Nou sit ek met ‘n beskaafde rooietjie in ‘n skitterskoon Sunlight glas en wag op Vroukie. Hier êrens in my reptielbrein begin ‘n vae kommer egter gedaante aanneem, noudat ek hierie eg vroulike vermoë bemesster het, sê nou, sê nou net Vroukie begin wonder of sy dalk Lesbiese neigings begin ontwikkel as ek haar nou groet na die lang afwesigheid?

25 antwoorde op Lewies en ‘n vet Griek juig saam

  1. Ek hoop Vroukie het jou vreeslik gemis en is baaie bly om jou weer te sien en groet jou behooorlik as sy tuis kom 🙂 Jy weet natuurlik nou dat jy gewys het jy kan, jy dit vir altyd gaan moet doen …

  2. Dit kan ‘n nuwe faset wees 😉

  3. jannel1 het gesĂȘ op November 3, 2011

    Ai Oom Lewies wat het jy nou aangevang! Jy moet nooit jou deugde so tentoonstel nie. Dit baan net die weg vir toekomstige misbruik.

  4. TS het gesĂȘ op November 3, 2011

    hehehe… nee wat dis net verlange wat so maak Mansmense gebruik mos hulle selfbeelde op ‘n ander plek en verbeel hulle (gerieflikheidshalwe) hulle kan nie muti-task nie

  5. loudavisi het gesĂȘ op November 3, 2011

    O genadetjie tog, Lewies gaan alweer laat wees vir werk more oggend!
    ; )
    Geniet die weersiens

  6. Berwick het gesĂȘ op November 4, 2011

    Ek onthou jy het ‘n vorige keer oor skottelgoed geskryf: die sleutel is ‘divide and rule’.
    Baie snaaks.
    Hierdie ook.

  7. Modelman!
    🙂

  8. Blikskottel het gesĂȘ op November 4, 2011

    Wys jou net, slim ou bobbojane kan baie nuwe truuks leer.

  9. bloukaap het gesĂȘ op November 4, 2011

    hehehehhehehe

  10. Gehakte rundvlees. Klink dit vir jou na mince?

  11. pasella het gesĂȘ op November 8, 2011

    Die hoogtepunt van vandag is die norm vir more!

  12. pasella het gesĂȘ op November 8, 2011

    So saam met die ouderdom?

  13. pasella het gesĂȘ op November 8, 2011

    Was ‘n oomblik van swakheid, Janneman!

  14. pasella het gesĂȘ op November 8, 2011

    gerieflikheidshalwe, ja!

  15. pasella het gesĂȘ op November 8, 2011

    In daai geval was die opmaak suksesvol!

  16. pasella het gesĂȘ op November 8, 2011

    Die uwe leer ongelukkig nie uit ervaring nie!

  17. pasella het gesĂȘ op November 8, 2011

    Ek en skottelgoed het so ‘n love-hate ding.

  18. pasella het gesĂȘ op November 8, 2011

    Sooper dooper!

  19. pasella het gesĂȘ op November 8, 2011

    hi Charlinkie! ‘n Sluimerende deug!

  20. pasella het gesĂȘ op November 8, 2011

    En agterdog sal nie deug nie!

  21. pasella het gesĂȘ op November 8, 2011

    Dis nou die ding van ‘n ou bojaan!

  22. pasella het gesĂȘ op November 8, 2011

    Naand Pruim!

  23. pasella het gesĂȘ op November 8, 2011

    Dit klink nou na ot kwisien!

  24. abrham het gesĂȘ op November 9, 2011

    lewies, die pantoffel het jou harsings defnitief herrangskik.

  25. pasella het gesĂȘ op November 9, 2011

    Ek sien hersenskimme!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.