Hallo Piet

November 1, 2011 in Sonder kategorie

En hier sit die uwe weer stoksielsaligalleen soos Piet Snot. Vroukie is weg. Nee, nee, darem nie as gevolg van die marakkas wat ek in my vorige blog beskryf het nie, maar weer eens in opdrag van haar werkgewer. Die keer na ‘n byeenkoms van formidabele aard in die stat van Taung, te moer en gone hiervandaan, so op die randjie van die rooi Kalahari. Maar moenie worry nie, liewe leser, ek gaan jou nie verveel met ‘n lamentasie van die hartsverlorenheid wat hier heers nie. Selwers voel ek ook nie om my aan droefgeestigheid oor te gee nie en my met sak en as te beklee nie. Herstel, ek voel so maar ek gaan nie toegee aan daardie swartgallige drang nie. Dus bou ek vanaand ‘n kitsvuurtjie en sit so ‘n minuskule stukkie steak op. Daar is darem genoeg om vir die werfhonde Pamela en Chopper elk ‘n anderhalfduimpie af te staan. Daarby kook ek aartappels en ertjies en kerf ‘n tamatie op. So a la deus ex machina diep ek ‘n halfbottel Tall Horse, wat op onverklaarbare wyse die naweek oorleef het, in die kombuiskas op. En wolla! Maar iets kort. Ja dis Vroukie. Hoe kan ek myself geniet as ek weet sy sit daar ver in ‘n verbale bombardement, opvallend eenkant vanweë haar pigment. Ai Vroukie, byt vas jong! Dis alles vir volkkenvaderland! 

24 antwoorde op Hallo Piet

  1. eros01 het gesê op November 1, 2011

    Jammer om van die hartsverlorenheid te hoor, maar ten minste is jy nou in beheer van die remote control. Pas net op dat daardie aartappels nie weer ‘n purple rinse kry nie en skink maar ‘n ou doppie KWV’tjie.xR

  2. Trakie het gesê op November 1, 2011

    Ai man. Drink maar ‘n glasiekie namens Vroukie ook.

  3. smella het gesê op November 1, 2011

    Afstand doen soms wondere vir ‘n verhouding – maar Vroukie – klink of sy die vasbyt sal moet toepas……….letterlik.

    Geniet die graswewenaarskap, klink of jy heel goed cope.

  4. Wat mens ook nie als moet opoffer vir volkkenvaderland nie!
    Tsk…

  5. pasella het gesê op November 2, 2011

    En met Vroukie nie in die omtrek nie maak ek die KWV’tjie maar ‘n dubbel!

  6. pasella het gesê op November 2, 2011

    Sommer twee!

  7. pasella het gesê op November 2, 2011

    Ek cope tot op ‘n punt, dan is die allenwees nie meer lekker nie!

  8. pasella het gesê op November 2, 2011

    Hehehe! Die nuwe patriotisme!

  9. TS het gesê op November 2, 2011

    Sterkte… jy moet asb. 2 dae voor sy terug kom op die waterkar wees en ‘n blommetjie sal nie skade verrig nie

  10. Sterkte!

  11. zephur het gesê op November 2, 2011

    Hoe was die stukkie steak toe…darem was dit nie horse nie en die wyn was darem Tall

  12. Sterkte daar. Dis lekker om bietjie alleen te wees maar ook nie. Ek ken daardie gevoelente.

  13. Berwick het gesê op November 2, 2011

    Groete, Lewies!

  14. pasella het gesê op November 2, 2011

    Goeie raad oor die blomme–ek het toe gou gaan koop. Die waterkar, mmm, net meer matigheid!

  15. pasella het gesê op November 2, 2011

    dankie Thomas!

  16. pasella het gesê op November 2, 2011

    Dis die einste plek. Oorleef kan ek oorleef, maar demmit, dit vat aan my broek!

  17. pasella het gesê op November 2, 2011

    die steak was ok, en die Tall Horse se bottel was nie so tall nie!

  18. pasella het gesê op November 2, 2011

    Ek kan nogal alleen wees, maar hierdie keer het te vinnig op die vorige keer gevolg.

  19. pasella het gesê op November 2, 2011

    Charlinkie! Wat sê jy!?

  20. pasella het gesê op November 2, 2011

    Hi Silly, ek het op 10 Okt 2008 my eerste blog geplaas, en ek blog nog lekker voort.

  21. pasella het gesê op November 2, 2011

    Dankie Berwick!

  22. abrham het gesê op November 3, 2011

    ooit die fliek gesien – man called horse?

  23. pasella het gesê op November 3, 2011

    Daai een van ou Richard Harris wat tussen die Injuns gaan bly het?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.