Siener op die Sabbat
Julie 3, 2011 in Sonder kategorie
Vanoggend gaan ek gym toe. Daar sien ek ‘n Angie Motsega figuur wat ‘n staanfiets laat kreun. Die goue lycra broek span soos ‘n markiestent. Ek dink. Nee fok, Ousie, jy gaan nie hond haaraf maak nie.
Toe gaan ek Checkers toe. Daar sien ek ‘n vrou met ‘n Blou Bul hempie, kaalarm in die vroegoggendkoue. Sy lyk of sy in die Blou Bul skrum kan sak. Haar drie kindertjies het ook Blou Bul hempies aan. Hulle is wild, wakker en woelig. Die pa het nie ‘n Blou Bul hempie aan nie. Hy lyk ietwat oorbluf en gelate.
Ek sien ook ‘n man met olierige hare en ‘n lang baard wat hy gevleg het. The people of Wall Mart have arrived.
Ek sien ook ‘n man met ‘n groot boeppens. Hy het ‘n kort denim broek aan. Hy het ook blou lang kouse aan met Grasshoppers. In die een kous is ‘n silwer kam gesteek.
Ek sien ook my buurvrou Klein Bybie daar. Sy is gegiet in ‘n wit langbroek. Sy het lang wit stewels aan. Haar hare is delikaat gedoen in kunstige kartels. Haar oë is keurig gegrimeer, as sy haar wimpers fladder lyk dit soos Brenton Blue vlinders. Dit laat my dink aan Jo Ann Strauss. Gedagtig aan haar Corollatjie se pap battery vermy ek haar. Ek is nie nou in ‘n bui vir ‘n gestotery nie.
Op pad huis toe speel Mantovani Moon River. Toe ry ek vinniger.
‘n Lekker Sondag verder vir elkeen wat hier lees.
monicahaddad het gesê op Julie 3, 2011
Alweer gee jy my so lekker glimlag wat om my ore hak. Ons kry ook ons kwota enigma’s hier, maar hulle staan nie so uit soos ‘n paal bo water nie.
Somehow is hulle maar net hier, eienaardig…..
loudavisi het gesê op Julie 3, 2011
Ja, nee, beslis nie na ‘n gym sessie nie!
Lekker Sondag vir jou ook
shlwanjan het gesê op Julie 3, 2011
Nee wat, die poeple of wallmart het LANKAL ge-arrive. Of ge-evolve, hier plaaslik, liewer.
Lekker dag vir jou ook, Lewies {-;
TS het gesê op Julie 3, 2011
Grinnik… wat ‘n vernietigende oordeel?
Mmmmm dink jy die Jo Ann Strauss poppie is mooi? So brandmaer – ek voel altyd om ‘n ou truitjie oor die ou skouertjies te gooi want sy moet koud kry.
Lekker SondAG Lewies
fdbhdghsfg het gesê op Julie 3, 2011
http:rad.yahoo.===== http://www.bingstore.us =====
50%off ca,ed hardy t-shirt$15 jeans,coach handbag$33,air max90,dunk,polo t-shirt$13,,lacoste t-shirt $13 air jordan for sale,$35,nfl nba jersy for sale
puma gucci$35,nike jordans six ring,yeezy$%5!!
new era caps$13 gucci handbags jeans,t-shirts sunglass,caps
true religion jeans$35,ca,ed hardy jeans$35
LV,CHANAL,HANDBAGS$35
NIKE SHOX+AIR MAX+TL3+OZ+NZ ONLY $35
UGG TIMBLAND+LACOSTE SHOES+ED HARDY SHOES$35
DIESEL T-SHIRT,GSTAR T-SHIRT,CA T-SHIRT,50% OFF FOR SALE $15
DIOR SUNGLASS,DG SUNGLASS$15
our website: ===== http://www.bingstore.us =====
vuurklip het gesê op Julie 3, 2011
En jy het nie eers vir Elvis gesien nie?
lora2me het gesê op Julie 3, 2011
Dis veral mense se Sondaguitrustings wat my ook soms interesseer. Partykeer wonder ek of hulle nie net eenmaal per week afkom aarde toe vir ‘n koerant nie, want hulle is beslis nie bewus van wat rondom hulle aangaan nie. Dit maak die lewe darem interessant. Variety is the spice of life.
bloukaap het gesê op Julie 4, 2011
siener met deeglike brille
pasella het gesê op Julie 4, 2011
They live among us!
pasella het gesê op Julie 4, 2011
En daar is die Sondag nou net ‘n aangename herinnering, en Maandag amper-amper!
pasella het gesê op Julie 4, 2011
Snaakse piepols daai!
pasella het gesê op Julie 4, 2011
jissie, het jy haar eyeshadow gesien toe sy die troue gedoen het? Soos ou Valiant sing”Sy dra te veel eye shadow!”
pasella het gesê op Julie 4, 2011
Sjit! Seker net toe ek my oog geknip het was hy daar!
pasella het gesê op Julie 4, 2011
Ja vir seker. Ook maar goed so, ons kan nie almal dieselfde wees nie, en sê nou net ons het almal van denim shorts gehou?
pasella het gesê op Julie 4, 2011
dankie Celia, die week lyk rustig so ver, maar mens weet nooit wanneer pop daar ‘n onaangename verrassing uit nie!
pasella het gesê op Julie 4, 2011
Ek sien hier komme ding met die Currie beker, ek sien blou en ek sien oranje, ek sien die blou verflou, ek sien die oranje skitter!
pasella het gesê op Julie 4, 2011
Hallo Charlienkie!
pasella het gesê op Julie 4, 2011
Multi fokol!
pasella het gesê op Julie 4, 2011
Hi Diedie! Nice om jou hier te sien!
Berwick het gesê op Julie 8, 2011
A keen observer.
Respekte!
Blikskottel het gesê op Julie 8, 2011
Smaak my hulle laatook enige tipe in Potch toe deesdae…
pasella het gesê op Julie 8, 2011
There is so much to observe!
pasella het gesê op Julie 8, 2011
Hulle is maar njarrerig
HeavyHenry het gesê op Julie 9, 2011
Ek het ook so ‘n aluminium kam.
Maar ek dra hom nie in my kous nie.
🙂
pasella het gesê op Julie 9, 2011
Ek het ook een, maar ek het hom nie meer nodig nie!
HeavyHenry het gesê op Julie 9, 2011
Jis kam jy nie jou rug nie?
*ducks*
pasella het gesê op Julie 9, 2011
Hehehe! Ek het deesdae meer hare op my rug en in my ore as wat daar op Riaan Cruywagen se nuutste pruik pryk!
HeavyHenry het gesê op Julie 9, 2011
Nice dat jou sin vir humor nog orrait is – meeste ouens sou die moer in word en sê ek impliseer hulle is “hairybacks”
🙂
pasella het gesê op Julie 10, 2011
Hier waar ek heen gaan het die mense pond, pond sê ek jou, maar nie soos in geld nie!