One lovely blog award
Junie 29, 2011 in Sonder kategorie
Ek het die eer aan Roosmaryn te danke. Dis egter terselfdertyd ‘n uitdaging om slegs vyf bloggers te benoem, en boonop te hoop dat hulle nie reeds benoem is nie.
Sewe dinge omtrent myself:
1 Ek is uit en uit ‘n regterbreinmens
2 Ek is verstrooid tot op ‘n punt waar ek vir myself gatvol word.
3 Ek is toetentaal rigtingbefok.
3 Ek staan aan die einde van my loopbaan, my oë waterig gerig op aftrede.
4 Ek is ‘n Frankofiel (nee, dis nie iemand wat lelike goed met Frankfurters doen nie!) , naas die bokke is Les Blues my gunsteling rugbyspan.
5 Ek hou nie van Afrikaanse musiek nie, met enkele rare uitsonderings, en Chris Chameleon is nie een van daai uitsonderings nie.
6 Ek hou daarvan om soms alleen te wees.
7 Ek het twee honde, hulle lê graag hier by my voete as ek voor die rekenaar sit. Een van hulle het so pas gepoep, en ek dink as ek daai poep kan bottel kan ek dit bemark as ‘n anti-terroriste wapen. Maar dis my luck, my geldmaakplanne is nie haalbaar nie!
Ek benoem die volgende bloggers omdat ek hul blogs om verskillende redes geniet.
1 Elsa
2 Maryke
3 Flip
4 Wynvlieg
5 Joanna
Daar’s hy! Die taak is met plesierigheid volbring!
loudavisi het gesê op Junie 29, 2011
Ek het ‘n vermoede dat ek NOOIT gaan ophou werk nie. Na die jaar nog so 2, dink ek. As ek dit gaan uithou tot dan.
Ek hou ook nie van Afr musiek nie!
Trakie het gesê op Junie 29, 2011
Hou gerus aan om daai anti-terroristeding te probeer bottel. Aanhouer wen!
Modigliani het gesê op Junie 30, 2011
Hierdie was oulik, dankie Lewies!
rosiemetdorings het gesê op Junie 30, 2011
2 en 5 deel ekke met jou.
stem staam – dis nie fair dat daar net 5 boggers gekies mag word nie
rosiemetdorings het gesê op Junie 30, 2011
Gousblommetjie, ‘n vrou kan nooit lewies se nommer 3 ding doen nie. die huishouding gaan oral saam met jou
pasella het gesê op Junie 30, 2011
Nou sien ek ek het 2 nr 3’s, getrou aan nr 2!
pasella het gesê op Junie 30, 2011
baie bedagsaam teenoor Vroukie! Sy sal my mededeling in die verband waardeer!
pasella het gesê op Junie 30, 2011
Diep binnekant is ek ook maar benoud.
pasella het gesê op Junie 30, 2011
Ek dink die werk gaan maar altyd met mens wees, al het jy opgehou. Jissie, ek gaan die vakansiedae mis!
pasella het gesê op Junie 30, 2011
Dit kan ‘n goudmyn wees!
pasella het gesê op Junie 30, 2011
Dankie Wynvliegie. Ek gaan nou daar by jou lees.
pasella het gesê op Junie 30, 2011
Hi Jeanne!
pasella het gesê op Junie 30, 2011
Elke blogger is my pel!
Joanna Graham het gesê op Julie 1, 2011
Hoe lekker het ek nou gelag vir daai laaste een! Dink jy dis omdat ons regterbrein is dat ons nie rigting kan kry nie? Ek het ‘n Garmin present gekry vir my verjaarsdag ‘n paar jaar gelede, en dit het my vleuels gegee! Nou kan ek enige stad aanpak. Dis net wanneer ek uit ‘n winkelsentrum gestap kom dat ek nog verdwaal.
Joanna Graham het gesê op Julie 1, 2011
O ja, en dankie vir die benoeming!
pasella het gesê op Julie 2, 2011
Dis ongetwyfeld daai regterbrein–sit en droom die hele tyd!