Is Oom ‘n pensioenaris Oom?
Junie 22, 2011 in Sonder kategorie
Ek koop gister so ‘n stukkie vleis vir ‘n kerrie bredie, is mos lekker koud en kerrie en sjerrie sit die koue koud. ‘n Stukkie chuck, so anderhalf kilo, teen omtrent R55 per kilo as ek reg onthou, maw so ampertjies R80 vir die pakkie vleis. Maar is ok, ons rek hom met aartappels en wortels en ertjies en stampkoring tot more toe
“Is Oom ‘n pensioenaris, Oom?” vra die blokmannetjie nuuskierig.
Ek is nou al gewoond dat al wat leef en beef my “Oom”, trouens meer mense sê vir my “Oom” as wat ek vir ander mense “Oom” en “Antie” sê. En hulle word al hoe ouer. Maar “pensioenaris” is ‘n nuwe een.
Moedswillig lieg ek “Ja, ‘n pensioenaris. Ek is met spensioen”
Met gulhartige uitgelatenheid verklaar hy:
“Dan kry Oom afslag!” so asof hy die Lotto wenner aankondig.
Gaaf, dink ek. Die slagter se belydenisskrif buite op die sypaadjie “Ek het Jesus lief!” is eerlik. Hy gee Christelik om vir sy medemens.
“En hoeveel afslag gee julle vir pensionarisse? Vyf, tien persent?”
” ‘n Rand Oom” sê hy met ‘n Vader Teresa genoegdoening.
“‘n Rand?”
“Ja Oom”, “vir elke kilo vleis wat jy koop gee ons ‘n volle Rand af, maar net vir pensionarisse”
“‘n Rand per kilo?”
“Ja Oom”, ‘n uitdrukking van welsyn op sy gelaat.
“Met ander woorde, as ek varklonge koop teen R20 ‘n kilo kry ek meer afslag as wanneer ek fillet steak koop teen R100 per kilo.”
“Nee, oom, dit bly nog steeds ‘n Rand”
“En nou het ek ‘n kilo en ‘n half gekoop, dan moet jy my mos R1, 50 afslag gee.”
“Nee Oom, dit moet eers ‘n vol kilo wees.”
Ek sit die pakkie vleis neer en draai om.
“En nou Oom? Is die vleis te duur?”
“Nee, dis net te blerrie moeilik om gewoond te raak aan my status as pensioenaris!”
TS het gesê op Junie 22, 2011
Ag hel tog… daar is ook geen genade vir ons pensionarisse nie… Gooi die Rand in die Cansa blikkie
pasella het gesê op Junie 22, 2011
Ek is nog nie een nie maar klaar gelabel!
pasella het gesê op Junie 22, 2011
Dankie Wynvliegie, ek lees ook lekker daar by jou!
TS het gesê op Junie 22, 2011
grinnik … dis alles in die houding Oom!
Angelor het gesê op Junie 22, 2011
Haha na die afslag, se vir hom “dankie!! Nou kan ek sommer aftree ook!!”
Ek gee nie om as hulle vir se “oom” nie, solank dit nie “nee oom” is nie!!
rosiemetdorings het gesê op Junie 22, 2011
moes nou die dag inligting aan beampte verskaf en na die tyd die uitgedrukte dokument teken nadat ek seker is die inligting is korrek ingevul.
My beroep: Pensioenaris! en sy’t my nie eers daardei vraag gevra nie!
loudavisi het gesê op Junie 22, 2011
Aaaaaahw! Cute Oom Lewies.
Jy mag maar antie Lou se…:D
pasella het gesê op Junie 22, 2011
En dis nou juis die probleem!
pasella het gesê op Junie 22, 2011
Lyk my as jy is dan is jy!
pasella het gesê op Junie 22, 2011
Ek is onskuldig aan die ding Flenters!
pasella het gesê op Junie 22, 2011
Ons is mos karperde Antie!
abrham het gesê op Junie 23, 2011
in die verlengde dae wat jy nou loop
onthou mens die oues wat jou gemaak het
ek was al op 19 ‘n pensionaris
(ongeskikte militêere pensioen)
eenkeer toe ek my geldjie by die poskantoor gaan trek
vra ‘n ou tannie
en nou seunie hoe pensioen jy dan
salusa 45 antie
moerig dat iemand my ‘n pensionaris noem
so ou lewies, ek ken daai feeling
Modigliani het gesê op Junie 23, 2011
Laat dit juig!
kerneelsie het gesê op Junie 23, 2011
Haha. Soos myse moeder op stemdag: sy haat dit as mens die woord “oud” voor haar noem. Maar toe hulle haar daai dag so in die middel van die elle lange tou mense uithaal omdat “ou mense” eerste kans kry om te stem, was sy ‘n baie gelukkige ou mens.
bloukaap het gesê op Junie 23, 2011
wel Lewies………eet ‘n’bees’n’dag en spaar ou maat!
HeavyHenry het gesê op Junie 23, 2011
Dis nou bleddie tokenism as ek dit al ooit gesien het!
pasella het gesê op Junie 24, 2011
Kieriegeld!
pasella het gesê op Junie 24, 2011
Dit laat hom goed voel om die gryses van dae te help!
pasella het gesê op Junie 24, 2011
oor die bulte oor die rante!
pasella het gesê op Junie 24, 2011
Dit het my ook oorgekom, gemengde gevoelens, bly dat ek nie in die tou hoef te staan nie maar darem ook verleë om ten aanskoue van die toustaners special treatment te kry op grond van my ouderdom!
pasella het gesê op Junie 24, 2011
Lekker slogan vir daai slaghhuis!
pasella het gesê op Junie 24, 2011
Goeie bedoelinge kan soms blerrie irriterend wees!
pasella het gesê op Junie 24, 2011
Dis nou my luck, Mevrou, Saddles in onse dorp het toegemaak, die pensionarisse het hom bankrot geëet!
pasella het gesê op Junie 24, 2011
eet moet mens eet, en gewoond raak aan die jare wat aanstap moet ek gewoond raak. Toe tel ek maar weer die pakkie op!
HeavyHenry het gesê op Junie 25, 2011
Jip!
Doubtingthomas het gesê op Junie 26, 2011
Hallo Oom! Dis nog OK as ‘n blokman mens dit noem maar my brose ou egotjie kan dit nie hanteer wanneer ‘n aanvallige jong dametjie my sò aanspreek nie!
🙂
eros01 het gesê op Junie 26, 2011
Weet hoe dit voel. Wynruit het nou die dag met donker wolk om sy kop hier aangekom. Toe ek hom uitvra, se hy dat hulle hom ook ‘n pensioenaris afslag wou gee wat hy geweier het.xR
eros01 het gesê op Junie 26, 2011
Weet hoe dit voel. Wynruit het nou die dag met donker wolk om sy kop hier aangekom. Toe ek hom uitvra, se hy dat hulle hom ook ‘n pensioenaris afslag wou gee wat hy geweier het.xR
pasella het gesê op Junie 27, 2011
Veral as sy sê “nee Oom!”
pasella het gesê op Junie 27, 2011
En hulle verwag mens moet dankbaar wees!
eros01 het gesê op Junie 28, 2011
Het jou genomineer vir One Lovely Blog Award. As jy wil gaan kyk op my blog.xR
pasella het gesê op Junie 29, 2011
Jis, dankie! Ek weet nie presies wat dit is nie, maar klink na roem!
Papegaaislaai het gesê op Junie 30, 2012
I’m as young as the woman I feel.
pasella het gesê op Julie 9, 2012
Hehehe! Slim een!