Drome
Junie 18, 2011 in Sonder kategorie
Oupa en Ouma sit op die stoep
Oupa gee ‘n harde roep
Ouma vra wat makeer
Oupa sê ek droom alweer
Elke keer as ek slaap
Droom ek van ons kinders in die Kaap
Van Paul en Sandra en Kara en Mia
En van Christo en Hanlie en Liam en Mira
Ek droom ek lees vir hulle uit ‘n storieboek
Ek droom ons drink koffie en eet koek
Ek droom ons swem in die koue see
Ek droom dat hulle my ‘n drukkie gee
Ek droom ons speel op die strand se sand
Ek droom ons loop oor die duine, hand aan hand
Ek droom ons kuier saam tot in die nanag uur
Ek droom ons sit onder die sterre voor ‘n vuur
Ek droom ek hoor hulle liedjies sing
Ek droom hoe dit vir my vrede bring
Ag, ek droom sommer.
louisna het gesê op Junie 18, 2011
Mooi lewies. Oupa gee ‘n boontjiesoproep
lora2me het gesê op Junie 18, 2011
Gaan koop een van daardie goedkoop vliegkaartjies en gaan kuier, man.;)
HeavyHenry het gesê op Junie 18, 2011
🙂
rosiemetdorings het gesê op Junie 18, 2011
dream, dream, dream, all I have to do is dream.
Het wel nog nie kleinkinders nie, maar glo dat die verlange kan knaag
katrina het gesê op Junie 18, 2011
Beslis ‘n beter weergawe van Oupa en Ouma op die stoep hierdie….
Kragenhai het gesê op Junie 18, 2011
OK. I don’t have words for this. I’ll just rate it.
loudavisi het gesê op Junie 18, 2011
Gaan kuier, Lewies.
Moenie huiwer nie.
Dis mos volgende week skoolvakansie.
Pragtige droom.
pinkpolkadot het gesê op Junie 18, 2011
Jy verlang!! Maak ‘n plan en gaan kuier!
hutton het gesê op Junie 19, 2011
😉
pasella het gesê op Junie 19, 2011
Selle ding!
pasella het gesê op Junie 19, 2011
Daai plan is op die agenda.
pasella het gesê op Junie 19, 2011
Die een is nie sci fi nie, Henry!
pasella het gesê op Junie 19, 2011
Ai Rosiedoring, as daai kleintjies begin kom, vermurwe die hart!
pasella het gesê op Junie 19, 2011
‘n Bietjie meer betaamlik?
pasella het gesê op Junie 19, 2011
Thanks for the shiners!
pasella het gesê op Junie 19, 2011
Hallo Lou! Die plan is Augustus se kant.
pasella het gesê op Junie 19, 2011
Dis voorop in onse finansiële beplanning!
pasella het gesê op Junie 19, 2011
Hi Hutton! Always a treat to see you!
HeavyHenry het gesê op Junie 20, 2011
Dis hoekom ek net smile en nie huil nie…
bloukaap het gesê op Junie 21, 2011
om te mag droom
pasella het gesê op Junie 22, 2011
Drome kan waar word
pasella het gesê op Junie 22, 2011
Net so, die sit die grys stof aan die gang.