‘n Skisofreniese diskoers oor Dorsale Derma Gestremdheid Sindroom, William Webb Ellis en ‘n moontlike ontheemding.

Junie 15, 2011 in Sonder kategorie

“Nou wat dink jy is ons kanse in die rugby wêreldbeker? Dink jy ons het ‘n kans?”

“Sjit, ek weet nie. Na nou die aand se geploeter tussen die Bulls en die Stormers weet ek wragtig nie. As dit ons topspanne is…”

“Dis miskien nou tyd vir ‘n nuwe aanslag, plan C. Stampkar en high kick and charge werk nie meer nie”

“Ek herrit! Ek herrit! Eufokkenreka ek herrit”!

“Ek weet—die Dorsale Derma Gestremdheid Sindroom…”

“…aangepas om voordelig benut te word in die spel van rugby!”

“Netso!! Bingfuckingo!”

“Kyk né, in die wedstryd tussen die Cheetahs en die Bulls het die Ingelse kommentator gedurig verwys na een van die Bulls se heelagterste spelers wat so blitsig ekselleryt. Na een so ‘n eksellerysjin wys hulle ‘n nabyskoot van sy gesig op die groot skerm. Toe sien ek twee dinge…”

“Een: daai verwilderde verwondering in sy oë: hy is stomgeslaan, hy het nie ‘n koekin kloe van wat nou gebeur het nie..”

“Netso, en nommer twee, daai oopmond gaap vir wind…”

“Dis mos ‘n kliniese eienskap van…”

“Die Dorsale Derma Gestremdheid Sindroom!”

(Vir die onkundige leser: ook bekend as ‘n kort rugvel)

“Sien jy, as hy sy mond oopmaak, gaan die onderste opening mos toe, want die rugvel, die dorsale derma, is te kort dat altwee openinge gelyktydig oopbly ,”

“En dan bou hy drukking op …’

… wat onderlangs ontsnap as hy sy mond toemaak, so word hy dan as’t ware voortgestu deur die ontsnappende lugstroom…”

“…en siedaar, eksellerysjin soos min! Jet aangedrewe!”

“As die mooi Afrikaans vir ‘jet’ spuitvliegtuig is, kan mens seker sê daai rugbyspeler is spuitpoepaangedrewe!”

“Dink nou net, as jy vyftien rugbyspelers het met die Dorsale Derma Gestremdheid Sindroom—hulle sal die opponenete mos dronk hardloop”

“G’n aanvallende kanale en verdedigingslinies van die teestanders sal werk nie..”

“… want daai vyftien hol kruis en dwars en hier kiep-kiep woerts deur ‘n gaping”

“Goeie plan, ek moet dit vir ou Pieter vertel, ons eer is op die spel”

“Kan egter lol in die skrums. Die agtal sal meer woema hê, maar die arme slotte!”

“Miskien kan mens iets doen om die spuitpoepgedrewenheid te beheer”

“Hulle moet leer om die pinkster te beheer”

“Jy meen sfinkter”

“Sê mos, spinkster”

“Dat so ‘n brein nou moet vrot”

“Dalk nie. Sê nou hy word gereinkarneer”

“Dink jy mens kan terug in tyd gereinkarneer word?”

“Soos terug in die tyd van Mao Tse Tung en die menseslagtings van daai tyd in China?”

“Sjit, net my luck. Ek kan nie ‘n dooie word Chinees praat nie”

“Wee’jy, hulle sê daai kinders is so slim, skaars twee jaar oud of hulle praat al Chinees”

“Ek het nie tyd vir nonsiespraat nie. Ek gaan nou die Dorsale Derma Gestremdheid Sindroom Google. Ek moet vir ou Pieter help.”

 

 

 

 

20 antwoorde op ‘n Skisofreniese diskoers oor Dorsale Derma Gestremdheid Sindroom, William Webb Ellis en ‘n moontlike ontheemding.

  1. Grapperendergewys” GO BOKKE GO” Hi Lewies. lekker aand xx

  2. katrina het gesê op Junie 15, 2011

    :-)!

  3. loudavisi het gesê op Junie 15, 2011

    Ek looove die een, Lewies.
    Jy is enig in jou soort..

  4. Vetjan het gesê op Junie 15, 2011

    Gelukkig is jannewarie die aanslaner die in die oefengroep nie.

    Die 7 of 8ste beste haker in SA is weer die kaptein.

  5. vuurklip het gesê op Junie 15, 2011

    Dink net, ‘n Blue Bulls Hakaka! Met die rug na die vyand, sing hulle met goot oopgerekte bek Liefling, en as hulle daarna almal tegelyk bek toemaak, is die vyand diep in die hakaka. Poef! Stryd gewonne. Ouvers-kedouvers. Trek die ketting.

  6. abrham het gesê op Junie 15, 2011

    ‘n stywe jockstrap sal die knaters ook beknop wat die pressure net ‘n aks hoër stel vir die spring in die lynstane en afskop. die jockstrap sal ook die vloeibare gas binne die gaskamer hou vir wankel ontbranding – GO RX2 GO

  7. bloukaap het gesê op Junie 16, 2011

    spuitpoepaangedrewe …. vok dis snaaks

  8. HeavyHenry het gesê op Junie 16, 2011

    Nice!

  9. pasella het gesê op Junie 16, 2011

    ja, laat hulle go! Spuitpoep of te not!

  10. pasella het gesê op Junie 16, 2011

    Hi Katrina!

  11. pasella het gesê op Junie 16, 2011

    ok maar goed so vir die verdere evolusie van die mens!

  12. pasella het gesê op Junie 16, 2011

    En Habana is ook daar, en sy spuitpoeper moet geresleeve word!

  13. pasella het gesê op Junie 16, 2011

    Nou sien jy! daar is meriete in die prinsiep!

  14. pasella het gesê op Junie 16, 2011

    geniepsige kombinasie–spuitpoep en testoseroon!

  15. pasella het gesê op Junie 16, 2011

    dis die groen manier!

  16. pasella het gesê op Junie 16, 2011

    Pure sci fi!

  17. pasella het gesê op Junie 17, 2011

    Goeie nuus!

  18. HeavyHenry het gesê op Junie 17, 2011

    Dis hoekom ek daarvan hou – jy ken my mos!

    🙂

  19. Great!!

  20. pasella het gesê op Junie 18, 2011

    Hi Pinky!

Los ’n antwoord vir pasella. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.