Hierie pakkie gaan Kaap toe

Junie 3, 2011 in Sonder kategorie

Ons twee oudste kleinkinders verjaar hierdie maand-Kara word 8 op  11 Junie en Mia word 6 op 25 Junie. Dus gaan daar ‘n pakkie Kaap toe, Stanford toe, daar in die Overberg. In daai pakkie is vir elkeen ‘n Woollies toppie  (bietjie riskant,  want die twee chickies is nogal kieskeurig in hul kleresmaak), twee boeke , van Vroukie se kant ‘n vrugtestafie, van oupa Lewies tjoklits, paartie maskers, verjaarsdag kersies, neute en hotel badskuim en sepies. Ook vir die twee saam DVDs, Tangled en Liewe Lulu, oorgedub van hul ma se video uit die tagtigerjare.

Vir die ma ‘n tydskrif, ‘n outydse bottel vol tjoklits, ‘n getjipte ennemelbak, ‘n ennemel melkbeker gestop met pesto en olywe, die nuutste uitgawe van die koerant van die dorp waar die pa en ma grootgeword het, en vir die pa (en ma) ‘n klein botteltjie Jakkals en Bolf. 

En natuurlik baie liefde.

25 antwoorde op Hierie pakkie gaan Kaap toe

  1. loudavisi het gesê op Junie 3, 2011

    Goeie verskeidenheid vir almal!
    Wat van ‘n vinnige afvlieg, dan kan julle dit self gee?
    Of nee, die pakkie sal te groot wees vir die vliegtuig.
    ; )

  2. Maankind2 het gesê op Junie 3, 2011

    Ek wil ook jou kleinkind wees!

  3. avega het gesê op Junie 3, 2011

    Dis nie lekker as hul so ver is nie.

  4. omtrent ‘n kruiwavrag vol

  5. eros01 het gesê op Junie 3, 2011

    Hoop die pakkie was nie laat afgelewer by die poskantoor vir die gewone Vrydag-redes nie 🙂 xR

  6. eros01 het gesê op Junie 3, 2011

    Hoop die pakkie was nie laat afgelewer by die poskantoor vir die gewone Vrydag-redes nie 🙂 xR

  7. Geitjie1 het gesê op Junie 3, 2011

    Dis nou ‘n reuse lucky packet………iets vir almal. Wyse ouma en oupa!

  8. Lekker!

  9. pasella het gesê op Junie 4, 2011

    As ons kon, was ons daar!

  10. pasella het gesê op Junie 4, 2011

    Ek dink jy is ‘n lekker ouma vir daai krulkoppie!

  11. pasella het gesê op Junie 4, 2011

    darem is hulle nog hier te lande, al is dit daar doer in die Kaap.

  12. pasella het gesê op Junie 4, 2011

    Dis die een lekker ding van ouer word!

  13. pasella het gesê op Junie 4, 2011

    Die bymekaarmaak is pure plesier!

  14. pasella het gesê op Junie 4, 2011

    En na Vrydag is dit maandag met sy babbelaas, nou verstaan ek van snail mail!

  15. pasella het gesê op Junie 4, 2011

    Lekker om hulle te bederf!

  16. pasella het gesê op Junie 4, 2011

    ‘n Oupa en ouma se voorreg!

  17. HeavyHenry het gesê op Junie 4, 2011

    Nice!

  18. pasella het gesê op Junie 4, 2011

    Hi Henry!

  19. hutton het gesê op Junie 5, 2011

    Will jy my aanneem? 😉

  20. pasella het gesê op Junie 5, 2011

    Hehehe! As jy nog nie ‘n ouma is nie, is ek seker jy sal ‘n lekker een wees!

  21. bloukaap het gesê op Junie 6, 2011

    bye the way, is jy nie my pleeg-ouer nie? hehehehe

  22. pasella het gesê op Junie 6, 2011

    Dalk broers, drinkebroers!

  23. Klink vir my na ‘n wonderlike geskenk pakkie…veral die getjipte ennemalbak en melkbeker!!

  24. …en vir my!! LOL!

  25. pasella het gesê op Junie 8, 2011

    Shabby chic!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.