Ruilhandel

April 12, 2011 in Sonder kategorie

Vanoggend vroegerig. Ek staan en skeer.

 

“Lewies!”

 

“Washit Vroukie?” My tong is in my kies geprop sodat ek die laaste hardnekkige stoppels kan afskraap.

 

“Het jy gister onthou van die griepinspuiting?”

 

Vroukie het ‘n griepvaksiene by die apteek gekoop, ek moes net ‘n nurs kry wat die spuitwerk kon doen. Die nurs by die apteek het haar beduie hoe sy dit self kan doen, maar ek is lugtig om proefkonyn te speel vir so ‘n do-it-yourself joppie. Vroukie kan dalk haar onkundigheid misbruik om my terug te betaal vir ‘n lank vergete “onreg”.

 

“Ja, ek het een van die susters by gemeenskapgesondheid gevra om my te spuit. Dit het nogal goed gewerk, sy het ‘n lift dorp toe gesoek om haar kar by die garage te kry. So kon ons mekaar help.”

 

Verbeel ek my of hoor ek vir Vroukie snork-lag? So effe gedemp, maar dis beslis ‘n lag. Dan bars sy hard en onfatsoenlik uit van die lag.

 

“Nou wassit nou met jou?” vra ek, failing to catch the joke.

 

“Jy meen dit was ‘n ruiltransaksie.”

 

“Hoe kom jy daarby uit?”

 

‘n Stekie vir ‘n rytjie!”

 

“Hene Vroukie, jy het ‘n evil mind!”

 

“Wil jy weet presies hoe evil my  mind rêrig kan wees, Lewies?” Haar stem is skalks en onnutsig, daar is ‘n twienkel in haar oë.

 

Reg geraai, toe kom ek weer laat by die werk.

 

 

 

 

 

18 antwoorde op Ruilhandel

  1. TS het gesê op April 12, 2011

    Aitsa Jy is darem nog ‘n hupse bok!

  2. jannel1 het gesê op April 12, 2011

    Hehehe

    Ek sien jy’t by die werk ook gekom, al was dit laat.

    To Evil Minds!

  3. klink na fair exchange …….

  4. Berwick het gesê op April 13, 2011

    (-:

  5. You go, Lewiesie!
    🙂

  6. Sy weet dus van “ravaged by a savage”…kappit flou.

  7. Modigliani het gesê op April 13, 2011

    He he he 🙂
    Ek like jou vroutjie!

  8. bloukaap het gesê op April 13, 2011

    lank lewe ruilhandel

  9. pasella het gesê op April 13, 2011

    ‘n Man is ‘n bok en ‘n bok is ‘n bliksem!

  10. pasella het gesê op April 13, 2011

    Lekker stuitig jy, Janneman!

  11. pasella het gesê op April 13, 2011

    Hi Therina! Lekker as ek daai mooi gousblom hier sien!

  12. pasella het gesê op April 13, 2011

    ‘n Goeie deal!

  13. pasella het gesê op April 13, 2011

    Hi Wynvlieg! Welkom, welkom!

  14. pasella het gesê op April 13, 2011

    Hi Berwick!

  15. pasella het gesê op April 13, 2011

    Naandsê Thomas!

  16. pasella het gesê op April 13, 2011

    Hehehe! Wil jy nou impliseer ek is ‘n savage?

  17. pasella het gesê op April 13, 2011

    Ek ook!

  18. pasella het gesê op April 13, 2011

    Ja nee kyk, as geld betrokke was dan was dit lelik!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.