Wiener mischung

Maart 22, 2011 in Sonder kategorie

Verlede week had ek die voorreg om ‘n werkswinkel in Parys on Vaal by te woon–drie dae weg van die werk by ‘n venue op die oewer van die rivier. Ek het nou wel my genoot in die eg gemis, maar hoe groter die gemis, hoe lekkerder die weersiens!  Daarby maak ons gereed om volgende week by die see te gaan kuier, Natal se kant toe. Om die kroon te span is hierie jaar se April die soort van maand waarvan die werksku Lewies hou, amper meer vakansiedae as werksdae! Ai, jammer van 6 April. Die bleddie ANC.

 

By die werkswinkel is ‘n lesing oor energiebesparing aangebied, hoe mens elektrisiteit kan bespaar en herwinning kan toepas. Was maar dieselfde gesang tov energiebesparing, vervang gloeilampe met  energy savers en verduur die pieperige piepiegeel skynsel, bad saam met die buurvrou om die geyser te laat rus, ensovoorts. Wat my toe laat dink aan Skoonpa, ‘n man wat daarvan hou om elektriese toetstelle multifunksioneel aan te wend. So kuier ons ‘n tydjie gelede by hom en Vroukie maak koffie toe ons daar aankom. “Jinne Pa”, wonder sy, “watse soort koffie koop jy deesdae?” Nee wat, dieselle as altyd, sê hy. Maar die koffie het beslis ‘n anderste smaak, dalk die Mokakka water van Kroonstad?

 

Later spoel Vroukie die ketel uit om van al die kalk en Mokakka ontslae te raak. Onder in die ketel vind sy ‘n vreemde voorwerp, wat by nadere ondersoek en veel twyfel ‘n swartgekookte Vienna blyk te wees, oorblyfsel van ‘n brekfis for one minus Vienna wat in die ketel agter gebly het. Wiener mischung, dink ek so by myself.

 

 

 

(Moqaka is die naam van die munisipalieit wat oa Kroonstad insluit. ‘n Tyd gelede was daar ‘n groot ophef oor rioolstorting in die water, pure drol innie drinkwater situasie)

 

 

 

 

18 antwoorde op Wiener mischung

  1. Berwick het gesê op Maart 22, 2011

    :-))
    Hallo, Lewies.

  2. Nee gits. Ek sal daardie vreemde voorwerp ‘n slegte kyk gee 🙂

  3. loudavisi het gesê op Maart 23, 2011

    Ek gaan nie die skrywe vir Hartman wys nie!
    Netnou doen hy dit ook..

    😀

  4. pasella het gesê op Maart 23, 2011

    Dis deel van die probleem, hy net sig in een oog, en nie baie goed nie.

  5. pasella het gesê op Maart 23, 2011

    Irish Coffee vir die ontsmettings eienskap van alkohol!

  6. pasella het gesê op Maart 23, 2011

    Naandsê Berwick!

  7. pasella het gesê op Maart 23, 2011

    Lyk nie baie aptytlik nie!

  8. pasella het gesê op Maart 23, 2011

    “Die Ketel: kortpaaie in die kombuis”!

  9. lisabeth het gesê op Maart 23, 2011

    Uuugh. Klink vir my na ‘n plan wat net ‘n man en ‘n seuntjie kan uitdink!

  10. pasella het gesê op Maart 24, 2011

    Boys will be boys!

  11. bloukaap het gesê op Maart 24, 2011

    pure drol in die on-pure water sonner knertsie

  12. HeavyHenry het gesê op Maart 24, 2011

    Greasy koffie…

  13. bloukaap het gesê op April 1, 2011

    Lewies, verbeel ek my of raak jy lui …..?

  14. bloukaap het gesê op April 1, 2011

    Lewies, verbeel ek my of raak jy lui …..?

  15. pasella het gesê op April 3, 2011

    Guilty yo Honour! Was op vakansie.

  16. abrham het gesê op April 6, 2011

    dis net ‘n worsie ander half duimpie …

  17. ‘Mokakka’ jou eie woord? LOL dis super snaaks Lewies.

  18. pasella het gesê op April 9, 2011

    Ja, hy werk lekker né!

Los ’n antwoord vir HeavyHenry. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.