Oud en jonk.

Maart 13, 2011 in Sonder kategorie

nn Paar kiekies van toe Mira en Liam hier gekuier het.

Howzit? Liam en Chopper maak kennis.

Lekker chicken, nê Oupa! Mira dreig met die waterkanon.

(By hook or by crook het die foto gedupliseer) 

So saam met Vroukie se verjaarsdag verlede week was Skoonpa ook hier by ons vir ‘n besoek aan die oogspesialis. Hy is gepla met gloukoom en het die sig in een oog verloor, nou waak ons maar oor die ander een. Op ouderdom 89 het hy nou las van makulêre degenerasie, wat onverwgas ontwikkel het en die sig in die oorblywende oog erg aangetas het. Hy het ‘n inspuiting in die oog gekry en moet vir nog twee kom. Ons hoop en vertrou dat sy sig nie verder sal versleg nie, want dit sal hom sy relatiewe onafhanklikheid kos.

10 antwoorde op Oud en jonk.

  1. louisna het gesê op Maart 13, 2011

    Waar kom die mooi kleinkinders vandaan? Seker Vroukie se gene.

  2. pasella het gesê op Maart 13, 2011

    Hi Ouboet, seker maar ‘n verdwaalde geen van ‘n oupa/ouma van wie ons nie meer bewus is nie. Die uwe se nalatenskap is nie fisies nie sigbaar nie, hallelujah.

  3. louisna het gesê op Maart 13, 2011

    Myne ook nie. Well done.

  4. loudavisi het gesê op Maart 13, 2011

    Pragtig, Lewies.

  5. pasella het gesê op Maart 14, 2011

    Dankie Ouma Lou, ek kan mos nie lat jy alleen spog nie!

  6. skryf het gesê op Maart 17, 2011

    Ons mis jou

  7. abrham het gesê op Maart 21, 2011

    ek kannie wag vir my beurt nie – gelukkige donner – hulle het nog nie selfone nie

  8. pasella het gesê op Maart 22, 2011

    mens voel jy kry ‘n tweede kans om die eerste fokoppe te vermy.

  9. HeavyHenry het gesê op April 4, 2011

    Nice foties vannie kinners!

  10. HeavyHenry het gesê op April 4, 2011

    Ha!

    Jy meen jy kry kans om te sien hoe daar dieselle fokoppe deur anner gemaak word!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.