Lekker verjaar Liewe Vroukie!

Maart 10, 2011 in Sonder kategorie

Vroukie het gister verjaar. Sy is so ‘n jaar of wat jonger as ek, en ek is weer so ‘n jaar of wat ouer as sy. Ek kyk haar gister so diep in haar oë, my hart verteder as ek dink aan al die jare wat ons saam is, aan al die goeie ding wat ons beleef het. Ek sê dit vir haar. Ek sê ook: “Vroukie, weet jy wat?” Nee, sy weet nie wat nie,  sê sy. “Wat?” “Ek het nog nooit by ‘n senior burger geslaap nie”. Tja, dit lyk ook nie of ek gaan nie.

12 antwoorde op Lekker verjaar Liewe Vroukie!

  1. bloukaap het gesê op Maart 10, 2011

    alleenslaap jongman!
    en geluk aan die wederhelf.

  2. louisna het gesê op Maart 10, 2011

    Veels geluk met vroukie se verjaarsdag lewies. Hug haar lekker en se ons stuur gelukwensing en groete.

  3. hehehe julle tweekies entertain my altyd 🙂

  4. TS het gesê op Maart 10, 2011

    Baie geluk… hulle beweer mens moet die slaapding elke dag aanroer anders vergeet hulle

  5. loudavisi het gesê op Maart 10, 2011

    Dierbaar, lewies – soos altyd.

    Sorry oor die “nog nie”
    tsk…
    😀

  6. Senior burger watwou???

  7. August01 het gesê op Maart 10, 2011

    LOL ken jy en Hubby mekaar? sy noem naam vir my is ook Vroukie … HEHEHEHEHE

    Ek se vir my mede naam genoot geluk met haar verjaarsdag gister…

  8. Gooi daar ‘n hartlike geluk na haar lkant toe!
    jou bek maak dat jy al te maklik in die moeilikheid kom – jy moet hom maar toeplak

  9. Maar as ek dit nou reg het, almal wat na 1950 gebore is se verwagte ouderdom is 120 jaar, so senior burger begin dan eers by 80 of eintlik 100, dan nie?

  10. Berwick het gesê op Maart 10, 2011

    Geluk.

  11. Baie geluk Lewies se vroukie. Julle is cute! Ek sê ook ek is nie ‘n ouma nie, ek slaap net met ‘n oupa 🙂

  12. Trakie het gesê op Maart 10, 2011

    Sy’s jou een voor. Sy slaap al vir ‘n jaar of wat by ‘n senior burger.

Los ’n antwoord vir maryke-anne. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.