Hierie Vrydag…

Maart 4, 2011 in Sonder kategorie

…het ek nie laat gekom by die werk nie, trouens ek het nie werk toe gegaan nie. Me Influenza het my paartie ge-gate crash, hier opgedaag met ‘n suitcase vol hoofpyn, rou hoesbuie, bloederige snotuitwerpsels, branderige oë, jeukende ore, asemrowende niesbuie. En daarby voel ek nog kak ook. Ek dous haar met Linctagon en Echincea en Vit C, die ander apteekpreparate laat my nog kakker voel. Tot dusver geniet sy die aandag, sit oopketel hier in my borskas en kielie my alveoli. Dus sit ek maar in die huis gehul in ‘n floers van selfbejammering, met Pamela en Chopper wat hul ouwaas se teenwoordigheid by die huis gate uit geniet. Niks buitekant lê vir die twee vandag nie. Daar is genesende kragte in die interaksie met diere, sê hulle, maar die bleddie Chopper poep so stink mens kan dit bemark vir chemiese oorlogvoering. Ek dink hy moet herdoop word tot Ghaddafi. Seker ‘n newe-effek van sy houtskoolvervaardigende vermoëns. 

 

Nou gaan ek eers bietjie skuins lê, dalk sal Morpheus ook tot die stryd toetree om Me Infuenza uit te boender.


28 antwoorde op Hierie Vrydag…

  1. Modigliani het gesê op Maart 4, 2011

    Ek hoop jy word sommer gou gesond!

  2. Maankind2 het gesê op Maart 4, 2011

    ZINC! Sinkpille

  3. zephur het gesê op Maart 4, 2011

    Jis en ‘n hond se poep hang mos so in die lug…hy verflou nie.

  4. pasella het gesê op Maart 4, 2011

    dankie, goeie wense en simpatie is al wat nou sal help!

  5. pasella het gesê op Maart 4, 2011

    Vir Me Influenza of vir Chopper?

  6. pasella het gesê op Maart 4, 2011

    Hehehe! ‘n Onheilige chemie daai!

  7. Maankind2 het gesê op Maart 4, 2011

    Vir jou! Werk soos ‘n bom!

  8. Beterskap!

  9. pasella het gesê op Maart 4, 2011

    Ek onthou nou kleintyd het my pa my altyd Zinc pain specific gevoer, bleddie sleg gewees.

  10. pasella het gesê op Maart 4, 2011

    dankie, ek dink ek kort ‘n bar lunch!

  11. Ervaring het al gewys dat die madam haar tyd vat voordat sy weer vertrek.

  12. HeavyHenry het gesê op Maart 4, 2011

    Ag hel dissie lekker nie – sterkte daar!

  13. TS het gesê op Maart 4, 2011

    Ag nee net sodra ek dink die ou gestelletjie is nou bietjie beter dan kry ons ‘n terugslag. Hou die borsie warm en kry baie liefde by Mammie, al wat werk.

    Sterkte

  14. pasella het gesê op Maart 4, 2011

    Overstaying her welcome, soos hulle sê

  15. pasella het gesê op Maart 4, 2011

    dankie Henry.

  16. pasella het gesê op Maart 4, 2011

    Nee sjit, gestelletjie of te not, die een het my bekruip.

  17. gardenia het gesê op Maart 4, 2011

    Hoendersop?

  18. pasella het gesê op Maart 5, 2011

    Vandag dr toe, lyk nie of ek vanself gaan regkom nie.

  19. Blikskottel het gesê op Maart 5, 2011

    Griep in die warm weer in Potjiestorm? Dis mos ongehoord!

  20. pasella het gesê op Maart 5, 2011

    Ja fok, kan jy dit glo.

    (Ek bly in Klerksdorp, maar die keuselys op Letterdash maak nie vir onse dorp voorsiening nie)

  21. Sterkte Lewies. Hoop jy voel gou beter!

  22. pasella het gesê op Maart 5, 2011

    Dankie Joanna.

  23. bloukaap het gesê op Maart 8, 2011

    is djy al okei?

  24. pasella het gesê op Maart 8, 2011

    So reg soos ‘n roer, dankie Pruim!

  25. Berwick het gesê op Maart 8, 2011

    Hoop jy voel al beter.

  26. pasella het gesê op Maart 8, 2011

    heelwat, die pype hyg nie meer so aamborstig nie!

  27. eros01 het gesê op Maart 8, 2011

    Haai Lewies, jammer om van die siekte te hoor. Na aanleiding van die vorige pos, hoop ek jy is, vir vroukie se part, weer “bruikbaar”.xR

  28. pasella het gesê op Maart 10, 2011

    Hehehe! Sal moet uitvind!

Los ’n antwoord vir Berwick. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.