Lewies skud sy vere reg

Maart 2, 2011 in Sonder kategorie

???

 

 

Net na Nuwejaar 2011.

 

“Middag oom Lewies! Wat maak dat jy nou juis ‘n biokinetikus kom besoek?”

 

“Jong, ek voel die is my laaste kans om iets aan die gebeente te doen, anders gaan ek nie ou bene maak nie”

 

“Wat kwel? Wat is fout?”

 

“Die ou liggaam is stram en stroef. Voel of ek alle soepelheid verloor het. As ek soggens uit die kooi klim klink dit soos Rice Krispies in koue melk, klap, knetter en kraak. As ek by die werk uit die kar klim moet ek so hang aan die kosyn van die kar se deur, so met altwee hande, om my uit te lig, en as ek uit is steier ek eers  twee, drie tree kop – onderstebo soos ‘n Kalahari Boesman wat ‘n bok bekruip. Stram, man, stram sê ek jou.”

 

Sy druk hier tussen die blaaie, voel-voel aan die skof “Ja nee, die spiere is kliphard saamgebondel, tipies van iemand wat heeldag voor die rekenaar sit”

 

“Toe ek met die bleddie goed begin werk het, kon ek nie eers kompoeter spel nie, en nou werk ek hom asof ottermaties. Heeldag. Nine to five, en oortyd ook.”

 

“Hier is ook ‘n spasma in die lae rug. Ek sal ‘n reeks strek en versterkoefeninge voorskryf wat die spiere sal laat ontspan en verslap.”

 

“Jong, die problem is net hier in die rug. Laer af is alle ok. Niks te slap of te styf nie”

 

“Hoe meen oom Lewies nou? Oom moet meer spesifiek wees, anders kan ek nie die regte oefeninge voorskryf nie” Verbeel ek my of is daar ‘n guitigheid op haar gesig.

 

“Moet nou nie stuitig wees nie, jy weet mos wat ek meen.”

 

“Nee Oom, ek weet nie, maar ek kan raai”

 

Ek haat dit as die jong meisies sê “Nee Oom”

 

“Kyk né, toe ek op skool Biologie gehad het het ons geleer van die gewillige en die ongewillige spiere. Ek wil nou nie hê ‘n gewillige spier moet ongewillig word nie, verstaan jy”

 

“Ek verstaan Oom, maar oefening is goed vir alle spiere, gewillig of ongewillig. Kom kry die program more”

 

So twee, drie weke later, vroegerig op ‘n Vrydagoggend.

 

“Vroukie!! Kom kyk net hier!”

 

“Wassit Lewies? Is jy ok?”

 

“Honkie dorrie! Kyk net hier!”

 

“Kyk wat? Al wat ek sien is jy wat daar in jou gaterige onderbroek staan”

 

“Nee man, kyk my tone”

 

“Wat van jou tone?”

 

“Ek kan hulle sien”

 

“Nou wat daarvan? Ek kan ook jou tone sien”

 

“Ek kan hulle van hier af sien”

 

“O, jy meen jy kan jou tone sien so oor jou pens se boep”

 

“Haai, wees bietjie meer simpatiek. Buik is ‘n mooi eufemisme vir pens. Maar ja, net so, ek kan my tone sien.”

 

“Lewies?”

 

Bespeur ek ‘n skalksheid in haar stemtoon?

 

“Ja Vroukie, wassit?”

 

“Wat sien jy nog?”

 

“Hoe meen jy nou?”

 

“Is dit net jou tone wat jy sien? Is dit al?”

 

Inderdaad. Beslis meer as net ‘n skalksheid.

 

“Weet jy, dalk moet jy die saak verder ondersoek.”

 

En toe is ek laat vir werk.

 

 

 

 

 

 

 

 

30 antwoorde op Lewies skud sy vere reg

  1. maryke-anne het gesê op Maart 2, 2011

    Excellent! Laat die ander bietjie werk hoor.

  2. loudavisi het gesê op Maart 2, 2011

    Alweer laat vir werk!
    Jy beter ‘n paar ure oortyd insit om op te maak…tsk.
    😀

  3. louisna het gesê op Maart 2, 2011

    Eish lewies, dis amper nuwejaar 2012, as ons die profesiee gaan oorleef. Mooi aand, of dit wat daarvan oor is.

  4. TS het gesê op Maart 2, 2011

    aitsa die man word erg hups!

  5. DallaSePa het gesê op Maart 2, 2011

    *grin!*

  6. Hoop jou rug hou die laatkommery

  7. So wat sê jy maak oefening mens laat vir werk? dan is dit mos baie sleg vir ‘n mens.

  8. *Grin*

  9. Modigliani het gesê op Maart 3, 2011

    Jy mag sê oom, netnie NEE oom nie 😉

    Lekker dag en lekker oortyd werk na die laatkom 🙂

  10. bloukaap het gesê op Maart 3, 2011

    vikkin funny

  11. HeavyHenry het gesê op Maart 3, 2011

    Nice!

  12. pasella het gesê op Maart 3, 2011

    Ja nee, ek werk gans te hard, tyd dat die ander ook hul deel doen!

  13. pasella het gesê op Maart 3, 2011

    All work and no play, né!

  14. pasella het gesê op Maart 3, 2011

    al weer tyd om te begin oppot!

  15. pasella het gesê op Maart 3, 2011

    Sien jy nou, daai oefeninge werk!

  16. pasella het gesê op Maart 3, 2011

    Hulle fire my so oppie jop!

  17. pasella het gesê op Maart 3, 2011

    Hallo DsP!

  18. pasella het gesê op Maart 3, 2011

    Lanklaas dat ‘n chick my so ‘n kompliment gegee het! Dankie!

  19. pasella het gesê op Maart 3, 2011

    En hoe sal ek nou my verskoning kan verwoord?

  20. pasella het gesê op Maart 3, 2011

    Dit kan problematies raak. Dan moet ek maar die gewillige spiere oefen!

  21. pasella het gesê op Maart 3, 2011

    hehehe, in daai opsig seker ja!

  22. pasella het gesê op Maart 3, 2011

    Hi Thomas!

  23. pasella het gesê op Maart 3, 2011

    Vir laatkom werk ek enige tyd oortyd!

  24. pasella het gesê op Maart 3, 2011

    Hallo Pruim!

  25. pasella het gesê op Maart 3, 2011

    Dagsê Henry!

  26. louisna het gesê op Maart 3, 2011

    Het jy nog kubusglase?

  27. pasella het gesê op Maart 4, 2011

    Jis, ek was darem oortuig ek gaan ryk word van vrot melk! Lekker dom!

  28. louisna het gesê op Maart 4, 2011

    Ek was op die punt om te koop, toe bars die bom in Rapport.

  29. shlwanjan het gesê op Maart 6, 2011

    Ek is verheug om te lees Oom Lewies kom nog laat vir werk, van tyd tot tyd. Dti het so ERNSTIG beginne klink hier op hierdie blog…

  30. pasella het gesê op Maart 6, 2011

    Ja nee wat, mens moet die ou lewe nie te ernstig opneem nie!

Los ’n antwoord vir Doubtingthomas. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.