The Alchemist
Februarie 12, 2011 in Sonder kategorie
Ek het vertel van Chopper, die rondloperbrakkie wat ongenooid kom nes skrop het in ons werf en sommer gou-gou ook in ons harte. Die outjie het nou groter geword en alle vrese dat hy ‘n pieperige vlermuishond is die nek ingeslaan. Oorheersend in sy herkoms is Foxterriërbloed. Hy kon ook Plankie geheet het, hy is sommer hier op die straathoek aanmekaar gespyker. Maar die brakkie het een verstommende eienskap, hy het alchemistiese vermoëns. Hy vreet die afvalstukkies houtskool by die braaier en tjorts dan houtskooldrolle teen die ratio 50gm tuisgemaakte houtskool van 5 gm afvalhoutskool.Nou loop ek maar so met die graaf agter hom aan en drie tjortse later is daar genoeg houtskool vir Saterdagaand se braai. Die siklus word dan herhaal, Chopper vreet die afvalstukkies en produseer dan weer houtskool van gehalte. G’n garage houtskool weer vir my nie, en so word my koolstoftred hier op Moeder Aarde ook ligter.
Ek dag toe hierdie magiese vermoë moet verder ondersoek word met die oog op welvaart en verryking. Ek draai ‘n R100-noot in ‘n stukkie steak toe en Chopper vreet te lekker. Maar g’n R100 drolle nie, net so ‘n slapskyt, ek dink die kos was te ryk.
Nou ja, laat ek gaan. Daar is ‘n paar prima tjoppies wat wag om gebraai te word.
Tjorts!
TS het gesê op Februarie 12, 2011
Niemand kan julle beskuldig dar julle nie hersirkuleer nie… hehehehe … een van die dae het julle ‘n uitvoerproduk?
rosiemetdorings het gesê op Februarie 12, 2011
geniet jou tjoppie
daancoetzee het gesê op Februarie 12, 2011
Lekker lag ek!!!
loudavisi het gesê op Februarie 12, 2011
Bwhahahahahaaaa!
Net soos Lewies kan.
Wragtag!
vuurklip het gesê op Februarie 12, 2011
Jirre daai brak kán recycle! Ons Wagertjie kots haar aandete op en vreet dit wéér. Geniet haar aandete tweekeer! Ek seg toe vir Ounooi dat ek dit self met roomys gaan probeer – nou slaap ek en Wagtertjie maar saam in die hondehok …
Doubtingthomas het gesê op Februarie 13, 2011
Ek doen vanmiddag ‘n paar tjoppies, wat!
🙂
pasella het gesê op Februarie 13, 2011
Mens moet hom net goed bestuur!
pasella het gesê op Februarie 13, 2011
Soos ek sê, die geheim lê in goeie bestuur!
pasella het gesê op Februarie 13, 2011
Dis hy Tina, ons leef groen!
pasella het gesê op Februarie 13, 2011
Die die onvermoë om geld te skyt was nogal ‘n teleurstelling!
pasella het gesê op Februarie 13, 2011
Well done!
pasella het gesê op Februarie 13, 2011
Hi Latino!
pasella het gesê op Februarie 13, 2011
HalLou Lou!
pasella het gesê op Februarie 13, 2011
mmmm, ja, dalk kan ou Chopper hierdie vermoë geneties voort plant. Is Wildehond ‘n wyfiehond?
pasella het gesê op Februarie 13, 2011
More Flenters! Lekker dag daar in Pertorija!
pasella het gesê op Februarie 13, 2011
Bobtail pizza!
pasella het gesê op Februarie 13, 2011
het jy genoeg houtskool?
HeavyHenry het gesê op Februarie 13, 2011
Perpetual motion, at last!
Blikskottel het gesê op Februarie 13, 2011
Kan ons maar ons afval houtskole aanstuur? wat sou julle max maandelikse produksie wees?
pasella het gesê op Februarie 13, 2011
Juistemint! En ek het altyd gedink dis ‘n kak storie!
pasella het gesê op Februarie 13, 2011
Jy meen dan stuur ek die recycled produk weer vir jou?
HeavyHenry het gesê op Februarie 13, 2011
🙂
Berwick het gesê op Februarie 14, 2011
Ha!
zephur het gesê op Februarie 14, 2011
LOL
Geniet die braai…oftewel die volgende een
pasella het gesê op Februarie 14, 2011
Hi Berwick!
pasella het gesê op Februarie 14, 2011
Dis nou die een probleem–daar is nie altyd houtskool op kort kennisgewing beskikbaar nie!
bloukaap het gesê op Februarie 14, 2011
neee man, draai ‘n R200 innit, dan kry jy dalk change in die stinkslaptes ….
pasella het gesê op Februarie 15, 2011
Dis my probleem met finansies, ek wil nie waag nie!
pasella het gesê op Februarie 15, 2011
Hallo Flenters!