‘n Gawe van Bo

Januarie 5, 2011 in Sonder kategorie

“Lewies!”

 

Dis 6:30. Ek maak reg om werk toe te gaan. Ek sit op die bank in die slaapkamer en maak my skoenveters vas. Hoekom is my arms deesdae so kort? Hoe verder ek rek om die veters by te kom, hoe stywer trek die band tussen my blaaie en hoe korter word my asem.

 

“Lewies!”

 

“Ja, Vroukie”, hyg ek aamborstig soos ‘n panfluit.

 

“Wat is fout? Is jy ok”

 

“EK weet nie. Ek weet egter ek koop nie weer skoene met veters nie. Dis van nou af slip ons vir my.” Dis ‘n lang uitering. Hier teen die einde raak my wind op. Ek is spyt ek het nie opgehou by “Ek weet nie”

 

“Dis jou pens wat so groot raak, Lewies. Dis al die lekker eet en drink van die vakansietyd.”

 

“Lewies!”

 

“Ja Vroukie?”

 

“Weet jy wat?”

 

“Weet ek wat wat Vroukie?”

 

“Ek is begaafd. “

 

“Begaafd? Hoe meen jy nou?”

 

“Ek het altyd so gedink, maar nou weet ek dit”

 

“Het jy ‘n gesig gesien?”

 

“Nie heeltemal dit nie, noem dit ‘n helder oomblik, ‘n ligstraal wat deur die wolke breek, ‘n…’n…”

 

“Ok Vroukie, I catch your drift. Vertel my meer van die begaafdheid”

 

“Kom kyk”

 

Sy steek haar hand uit en trek my op van die bank af op.

 

Sy lei my na die badkamer toe.

 

“Kyk!”

 

“Kyk wat?”

 

“Die toiletpapier”

 

“Die toiletpapier”

 

“Ja, die toiletpapier”

 

“Wat van die toiletpapier?”

 

“Sien jy die toiletpapier”

 

“Ja Vroukie. Ek sien die toiletpapier. Wat daarvan? Wat het dit met begaafdheid uit te waai?”

 

“Jy was mos nou net in die toilet”

 

“Ek dink so, ja”

 

“En?”

 

“En wat, Vroukie?”

 

“Was daar toiletpapier op die rolletjie toe jy uitkom?”

 

“Uhmm..”

 

“Jy sien Lewies, ek het nou so pas tot die besef gekom: ek is die enigste een in die huis wat ‘n leë toiletrolletjie kan omruil. Dink jy nie ook ek is begaafd nie?”

 

 

 

 

 

 

 

35 antwoorde op ‘n Gawe van Bo

  1. touche!

  2. Sy’s lekker sarkasties.
    Hartman maak ook so en dit pluk my moer..
    Wat maak jy toe?
    Vertel, ek wil leer….
    ; )

  3. Dis hoekom 10a my soms ‘n lui fok noem …

  4. ps – Naand Oom

  5. pasella het gesê op Januarie 5, 2011

    Eina!

  6. pasella het gesê op Januarie 5, 2011

    Ek sê maar “Askies Vroukie, sallie weerie Vroukie”

  7. pasella het gesê op Januarie 5, 2011

    Dis nes die Chinese wat die wit broeke nouer maak! Dis die Geel Komplot waarteen PW ons gewaarsku het, maar ons wou nie lyster nie!

  8. pasella het gesê op Januarie 5, 2011

    Klink my daai chick laaik jou! Ten minste broodroller sy jou nie!

  9. pasella het gesê op Januarie 5, 2011

    Hallo Jong Man! Ek is bly jy is terug, en ek vertrou dat jy die vakansie terdeë geniet het!

  10. TS het gesê op Januarie 5, 2011

    Ag nee hoe kan so vrou van ‘n man wat sukkel met sy eie veters verwyt oor so ‘n kleinigheid… sy kan bly wees sy hoef nog nie jou watsenaam af te vee nie, want dit lyk die dag kom vinnig nader… *koes* 🙂

  11. ek het mos onlangs geskryf oor ek klaar is met please forgive me!
    Nou is my attitude: Jy se nie vir my nie!

  12. nie net ‘n begaafdheid om te kan omruil nie, maar ook om ‘n leë raak te sien

  13. Ouch! Maar ek dink sy slaan die spyker op die kop, meeste mans sien die goed NIE raak nie!

  14. Berwick het gesê op Januarie 5, 2011

    :-))

  15. Trakie het gesê op Januarie 6, 2011

    :-))

    Hier by ons is Wederhelf die begaafde een.

  16. jannel1 het gesê op Januarie 6, 2011

    Oom Lewies as jy nou net jou voete kan omkrul dat dit soos ‘n leë kakhuisrolletjie lyk, kan vroutjie haar begaafdheid aanwend en jou skoene vir jou aantrek.

  17. pasella het gesê op Januarie 6, 2011

    Haai Tina, nou laat jy my skoon skuldig voel!

  18. pasella het gesê op Januarie 6, 2011

    Nou sien jy, ek bevind my in goeie geselskap!

  19. pasella het gesê op Januarie 6, 2011

    Jissie, vroumense is maar fyn van nerf!
    Ek hoop jy het die boeldog se matras opgradeer!

  20. pasella het gesê op Januarie 6, 2011

    Seker daai sesde sintuig-ding!

  21. pasella het gesê op Januarie 6, 2011

    Miskien is jy reg, dis eers met die voelslag dat ek dit mis!

  22. pasella het gesê op Januarie 6, 2011

    Dit lyk my die toiletrol, of dan die leë een, kan ‘n bron van kontensie in ‘n huwelik wees. Goeie onderwerp vir ‘n DPhil!

  23. pasella het gesê op Januarie 6, 2011

    Hi Berwick!

  24. pasella het gesê op Januarie 6, 2011

    Hi Thomas!

  25. pasella het gesê op Januarie 6, 2011

    Hy is in touch met sy feminine side!

  26. pasella het gesê op Januarie 6, 2011

    Hehehe Jan Twak! Lekker praat jy rymwoord!

  27. pasella het gesê op Januarie 6, 2011

    Dis ‘n instinktiewe vaardigheid Therina, mens kan dit nie aanleer nie!

  28. pasella het gesê op Januarie 6, 2011

    Ek bemerk ‘n nuwe daadwerklikheid in jou skrywes!

  29. TS het gesê op Januarie 6, 2011

    skuus… die was dalk bietjie skerp…

  30. Trakie het gesê op Januarie 6, 2011

    Nope, hy’s net nie lui soos ek as dit by nuwe toiletpapier gaan haal kom nie.

  31. pasella het gesê op Januarie 6, 2011

    newwermaaind, ek kan dit vat!

  32. More Oom!

  33. pasella het gesê op Januarie 8, 2011

    Mole mole mole!

  34. pasella het gesê op Januarie 12, 2011

    Die arm ding lyk my kom maar so met die jare.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.