Die wit broek sit te styf…

Januarie 3, 2011 in Sonder kategorie

…voel ek vanoggend toe ek regmaak vir werk. Nee, sê Vroukie, sy het nie oorgeslaan na ander seepoeier wat die materiaal kan laat krimp nie. Nou wat dan?

Terrwyl ek hieroor mymer dink ek aan die blogs wat ek verlede jaar geplaas het. Daar was so een of twee wat my ‘n pienke plesierigheid gegee het toe ek dit geskryf het. 

Ek gaan so een of twee daarvan herhaal. verskoon maar as dit julle verveel, en maak dan maar soos die oorlogtydsliedjie sê: “Wish me luck as you wave me goodbye” (Kan glad nie onthou wie dit gesing het nie–was vir seker nie Carike Keuzenkamp nie!)

Ok, hier is dier eerste een:

Maak groot oop en sê “Aaaah”

“Geografiese tong. Mnr Lewies, u het ‘n geografiese tong” konstateer die dokter ingenome.

 

“wha.. wha, ish..”

 

“Laat ek net eers my vingers uit u mond kry dan kan u praat. U wou sê?”

 

“Geografiese tong? Wat op aarde is dit?”

 

“Laat ek net gou een van my naslaanwerke raadpleeg dan vertel ek u in leke terme”

 

Die dokter swaai sy stoel om en krap in ‘n boekrak. Dan swaai hy terug met ‘n publikasie in sy hand wat ontstellend baie na ‘n ou Reader’s Digest lyk.  Hy lek oor sy lippe en met ‘n frons op sy voorkop lees hy. Dan sê hy, “Geografiese tong is ‘n  kondisie van die tong”.   Hy klap die publikasie toe en kyk triomfantelik na my.

 

“Uhhm ja, dokter, ek dink dis hoekom ek hier is.”

 

“Inderdaad. Die kondisie manifesteer as beduidende orale ulkusse aan die papillae binne die mond, veral op die linguale perifere en surfaas.  Die voorkoms van die kondisie vergelyk met die geografiese voorkoms van kontinente soos dit uitgebeeld word in wêreldkaart”.

 

“Dok meen my bek lyk binne soos ‘n atlas? Amper soos my oë wat Maandagoggende soos padkaarte lyk!” sê ek met familiêre gemeensaamheid.

Die dokter sit regop. Sy oë flits skerp na my deur sy swartraambril. Hy kyk lank en stip na my. Ek kriewel ongemaklik op die deurgeskifte stoel. Dan vra hy met afgemete artikulasie, sy stemtoon gemoduleerd, maar subtiel dreigend. Hy klink soos Riaan Cruywagen wat die luisteraars waarsku dat die volgende videogreep ontstellende beeldmateriaal bevat wat sensitiewe kykers mag, wel, ontstel.

 

“Presies hoeveel drink u, Meneer Lewies?” Die s-klanke seil sissende  tussen sy tande deur.

 

“Nee, nee, Dokter, ek drink nie eintlik nie. Ek drink net met Nagmaal en deesdae gaan ek nie juis kerk toe nie, so…” My stem raak weg as die dokter vooroor leun. Sy gesig is naby myne, sy oë is groot en wasig agter die dik lense van sy bril, dit lyk soos lasagne in ‘n Pyrex bak.*

 

“Meneer Lewies, lyk my u ligsinnige lewenstyl mag aandadig wees aan u kondisie. As u in liggaam en gees gesond wil lewe moet u hou by hierdie maksim: Corpus sanum in mente sana”

 

“O, ek ken daai een van my Standerd ses Latyn dae af, maar dit het anders gegaan, Mens sana…”

 

“Nee, die liggaam moet gesond wees, dan is die gees gesond” sê hy met driftige oortuiging. Sy vinger wat hy hier voor my neus rondswaai ruik na KY jellie.

 

“Ek sal u ‘n voorskrif gee vir die kondisie van die tong”


“Kan Dok my dalk so ‘n paar dae afboek, asseblief?” vra ek opprtunisties, die vooruitsig van ‘n paar dae weg van die werk uitlokkend in my gedagtes.

 

“Nee! U kondisie reverdig nie ‘n siekte nota nie!  Werk is die regte medisyne, dit sal u aandag van u kondisie aflei. Is daar dalk nog iets wat pla?”

 

“Ja wel, Dok, noudat jy dit noem. Man jy weet, hier op my jare begin dit mos lol as ‘n man, jy weet, as ‘n man nou …as dit nou hier by die huiswerk begin kom…”

 

“Wat bedoel u, Meneer Lewies? Wat se lollery praat u van?”

 

“Jy weet Dok, ‘n man se kragte begin afneem” sê ek veelbetekenend, “ Afneem, af. Jy weet mos”

 

“U sal meer spesifiek moet wees, ek weet nie wat u bedoel nie.”

 

“Nee kyk Dok, die kwessie van styfheid, dinge wat moet styf wees is nie styf nie en dinge wat nie moet styf wees nie, die is styf”

 

“O, ek begryp. Maak los u broek en buk vooroor”

 

“Vir wat?” wil ek onthuts weet.

 

“Ek gaan u ‘n Voltaren-inspuiting gee vir die styfheid”

 

“Fok Dok, verstaan jy nie? EK kla nie oor die styfheid nie…”

 

“Meneer Lewies, u roekelose taalgebruik is vir my voldoende bewys dat u kondisie te wyte is aan u onbeheersde lewenstyl”

 

“Jy meen my tong ontwikkel beduidende orale ulkusse aan die papillae binne die mond, veral op die linguale perifere en surfaas omdat ek so nou en dan kru taal gebruik?”

 

“Juistemint, Meneer Lewies. Na my medies-gefundeerde opninie is dit een van die primêre oorsake. Meneer Lewies, sit, ons het nog nie die oorsaak van die probleem van u styfheid bepaal nie! Waarheen gaan u?”

 

“Ek gaan ‘n ander dokter soek, ek sien juis hier oorkant die straat is ‘n toordokter !”

 

“Meneer Lewies, moenie die deur so hard klap nie!”

 

 

 

* Ek het hierdie vergelyking geleen (gesteel want ek gebruik dit gereeld!) by ‘n blogger, ek kan nie meer onthou wie nie. Dus, met erkenning aan die anonieme blogger)

 

 

18 antwoorde op Die wit broek sit te styf…

  1. TS het gesê op Januarie 3, 2011

    … Jy kan ‘n boek uitgee… ek begin bekommerd raak oor jou algemene gesondheid

    Lekker gelees dankie

  2. vuurklip het gesê op Januarie 3, 2011

    Sê vir vroukie om minder StaSoft en meer stysel in die wasgoed te sit …

  3. nuut vir my en heerlik gelag. Het hoeka so allamintige seer op my tong, sal maar die taal moet dophou

  4. Ek onthou dit…
    🙂

  5. pasella het gesê op Januarie 4, 2011

    Dis net sy. haar naam het my ontgaan.

  6. pasella het gesê op Januarie 4, 2011

    Waar sal daai hoop vandaan kom Flenters? Waar vra ek jou?

  7. pasella het gesê op Januarie 4, 2011

    Ek ken nie van Gracie Fields nie. Dankie vir die youtube skakel, ek gaan nou luister

  8. pasella het gesê op Januarie 4, 2011

    Hehehe! Skenk bloed, red Lewies!

  9. pasella het gesê op Januarie 4, 2011

    Mmmm, interessant, en jy sê dit werk?

  10. pasella het gesê op Januarie 4, 2011

    Hi Kelly, bly ek kon jou opbeur!

  11. pasella het gesê op Januarie 4, 2011

    Lastige outjie daai seer! Ek het klater by ‘n homeo paat uitgekom wat die regtae doepa gegee het. Is maar Candidiasis.

  12. pasella het gesê op Januarie 4, 2011

    Hallo Thomas!

  13. pasella het gesê op Januarie 4, 2011

    Ek was vandag gym toe, het vir tien minute gestoot teen die deur wat sê trek. Goeie oefening, maar laat mens voel soos ‘n fool.

  14. vuurklip het gesê op Januarie 4, 2011

    Man, ek het hoeka die Stasoft bottel se inhoud omgeruil!

  15. pasella het gesê op Januarie 4, 2011

    Thanx Kay!

  16. pasella het gesê op Januarie 5, 2011

    !!!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.