Lewies, oom Gert en punjab.

November 28, 2010 in Sonder kategorie

Dawerende applous toe oom Gert, die oudste onder ons, die bal rol as seremoniële opening van ‘n geveinsde rolbaltoernooi. Die rolbalklub stel nie sy geriewe beskikbaar vir sosiale geleenthede soos hierdie reunie van oud en nog in die tuig kollegas nie. Maar nou is die saak beredder, alle voorskrifte is met daai een bal nagekom. Lekker om die manne weer te sien. Party van hulle is deur kwaai siektetoestande, geknou maar nie geknak nie. Ander lyk nog soos toet. Ou Willem dra nog steeds dieselfde patch leerbaadjie wat lyk of dit van muskeljaatkatvel gemaak is. Ander blesseriger en penseriger. Ek skat ek val in die groep..

 

Die voggies vloei ongebreidel, en die manne raak spraaksaam. Een van die ouens het intussen na Londen verkas. Hy kom elke winter Suid-Afrika toe om ‘n paar bokke te skiet. Hy skiet ook graag spek. Maar so ken ons hom, en ons is eintlik verlig dat hy nog hy is. “Ek en ‘n kollega koop nou ‘n besigheid vir een punt vyf miljoen, nie Rand nie my maat, Pond, Pond sê ek jou. Dis omtrent vyftien miljoen Rand!” Ja fok, good for you. “G’n diefwering nie…veilig…nou wel koud maar …”

 

Daar by ‘n ander groepie staan hulle en luister na Fred. Fred het bietjie gevat. Sy stem is diep en skor, klink soos iemand wat in ‘n bad seepwater poep. Sy taalgebruik is mildelik gekrui. Veral die f-woord in al sy vorme en verbuigings word kwistig ingespan sodat mens sou kon dink dat ou Fred ‘n ernstige hakkelprobleem het. iets is vreemd aan Fred, hier so by sy bo-lip langs. Het hy ‘n snor gekweek? Nee, duidelik nie. het hy snor gehad en afgeskeer? Nee, ek glo nie. Dan sien ek. Fred praat, maar sy bo-lip beweeg glad nie. Al sê hy ook “ Fokken bliksem” roer daar nie ‘n spiertjie nie.

 

Die tradisionele toesprake volg, mooi toegelig met videogrepe uit die goeie ou dae. Die manne raak half weemoedig. Dat daai dae so vinnig verby moes vlieg. “In my dae sou ons nie die kak van die stakers gevat het nie” klink kort-kort op. Mandela, F W de Klerk, Victor Matfield, een punt vyf miljoen, nie Rand nie my maat, Pond, klink dit gesellig.

 

Skielik is daar ‘n groot kommosie by die deur. Dis Oom Gert. Hy staan met ‘n rolbal in sy hand. Sy grys hare staan woes orent. Die Brylcreem wat dit flussies in toom gehou het loop in stroompies langs sy gesig af.Sy oë is wydgesper. en wild.

 

“Yom kippoer!!” skreeu hy en slinger die rolbal met onverwagse krag tussen die mense in. Die bal wip kletterend oor die teelvloer. Die manne probeer vervaard uit die pad van die aanrollende bal spring. Die ko-ordinasie en ratsheid is egter nie meer oral so skerp nie. Dis ‘n gestamp en ‘n gestruikel en ‘n geswets. “Wie de fok het Oom Gert se Coke gespike!” skreeu iemand. Dan tref die bal die poedingtafel se poot. Middelpen! Die tafel val neer met ‘n lawaai van breekgoed wat in skerwe spat op die teelvloer. Groen en rooi jellie en vla dryf soos moerasslik op die vloer.

 

“Banzai!” skreeu Oom Gert weer en sink dan in die naaste stoel neer. Hy is doodsbleek en haal hygend en hortend asem. Sy asem fluit soos ‘n virgin moffie wat benoude winde laat. Almal storm op hom af. “Oom Gert! Oom Gert” Is jy ok?” Oom Gert kyk op met waterige ogies. “Punjab”, së hy.

 

“Ons moet iets doen, oom Gert lyk nie ok nie”

 

“Gee hom nog ‘n dop laat hy kan ontspan”

 

“Fok Lewies, is jy mal?!”

 

“Ok, gee hom Coke en ‘n bietjie soutwater om sy elektroliete aan te vul. Gooi sommer bietjie sout by die Coke”

 

Oom Gert pers sy lippe opmekaar en weier om van die brousel te drink

 

“Die goed is vrotsleg man. Gooi bietjie Woestersous en tamatiesous by” doen Fred aan die hand.

 

“En ‘n bietjie custard”, beveel iemand aan. “Pasop net vir die glasstukke”

 

“Kom Oom Gert. Sluk bietjie man. Ons kan jou nie so huis toe vat na Ant Marie toe nie”

 

Die beeld van ‘n toornife Ant Marie doem uit die vergete dieptes van Oom Gert se geheue op. Hy gryp die gals en slaan met een, twee teue die konkoksie weg.

 

“Rashnapaldi” sê hy.

 

Soos ons vir hom kyk, kom die kleur terug in sy wange. Sy deinende asemhaling word egaliger. Sy hare gaan lê en ‘n uitdrukking van begrip kom in sy oë.

 

“Bliksem” sê hy.

 

Die paartie kom weer gaandeweg aan die gang, minus die vooruitsig van poeding.

 

 

Mandela, F W de Klerk, Victor Matfield, een punt vyf miljoen, nie Rand nie my maat, Pond, klink dit gesellig.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

28 antwoorde op Lewies, oom Gert en punjab.

  1. Het Oom Gert toe heelhuids by die huis gekom?

  2. Wonderful. Share a website with you , Christmas best gift, ( http://www.clothes6.us ) Believe you will love it. Accept paypal or credit card and free shipping.You can try Oh, give you satisfaction guarantee.

    Air jordan(1-24)shoes $30

    Handbags(Coach l v f e n d i d&g) $33

    Tshirts (Polo ,ed hardy,lacoste) $12

    Jean(True Religion,ed hardy,coogi) $30

    Sunglasses(Oakey,coach,gucci,A r m a i n i) $12

    New era cap $9

    Bikini (Ed hardy,polo) $16

    AF tank woman $17

    Designer nba jersy
    Designer Handbags(Coach lv fendi d&g)
    Designer Tshirts (Polo ,ed hardy,lacoste)
    Designer Jean(True Religion,ed hardy,coogi)
    Designer Air jordan(1-24)shoes

  3. “Banzai!”

    *lmga*

  4. 🙂

  5. TS het gesê op November 28, 2010

    Wille spul… ek verstaan nou nog nie alles nie…

  6. geskater van die lag.

  7. pasella het gesê op November 28, 2010

    Hi Therina, iemand het sy Coke gespike. Lees maar, er staat wat er staat!

  8. pasella het gesê op November 28, 2010

    ok mar net!

  9. pasella het gesê op November 28, 2010

    tanjooberrymuts!

  10. pasella het gesê op November 28, 2010

    Jy kan seker raai die storie is ietwat enhanced, maar die 1.5 miljoen pond is waar!

  11. pasella het gesê op November 28, 2010

    Hallo Henry!

  12. pasella het gesê op November 28, 2010

    Hallo Maghitta!

  13. pasella het gesê op November 28, 2010

    Wild en wakker Tina!

  14. pasella het gesê op November 28, 2010

    Ek is bly as ek jou ‘n smaail kon gee, Rosiedoring!

  15. Fok, Lewies, jy’s blerrie snaaks!
    Die ou smous nou sy bollie op al die blogs.

  16. Baie, baie snaaks!
    Ek dink die een met die niebewegende bolip het botox ingespuit vir ‘n jonger voorkoms.

  17. pasella het gesê op November 29, 2010

    Ja nee, die ydelheid van die mens! Lekker week vir jou Lou.

  18. Bwhaaaaaaaaaaa Lewies jou stories is so snaaks! En ek sien die gebeure hier reg voor my…he,he.

  19. funnnnnnnnnnnnnnnny

  20. pasella het gesê op November 29, 2010

    Hi Tweeling, altyd lekker om jou hier te sien!

  21. pasella het gesê op November 29, 2010

    Broer Pruim, gegroet my mater!

  22. abrham het gesê op November 29, 2010

    klink of julle jul eie tora tora tora movie geskiet het, c2h5oh is doepa wat nie on reg verduur nie

  23. pasella het gesê op November 30, 2010

    hashimoto!

  24. pasella het gesê op November 30, 2010

    Welkom tuis Flenters! Ja jong, ek is soos ‘n plotswyn, oral tuis!

  25. pasella het gesê op November 30, 2010

    Hallo Annemari! oom Gert is ‘n kwarantyn!

  26. jannel1 het gesê op Desember 1, 2010

    Uitstekend vertel Oom Lewies!

    Poernjaps!!!

  27. pasella het gesê op Desember 1, 2010

    Hallo Jan!

  28. Haha I love it when they talk foreign… {-;

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.