Parram pampam
November 21, 2010 in Sonder kategorie
En daar breek die onafwendbare oomblik aan–Little Drummer Boy teem oor die eter in Checkers. Nou is dit volspoed Klater Krismis toe.
Hierdie irritasietjie ten spyt, is daar ‘n tasbare gees van afwagting hier in nommer 19, die helfte van die Kaapse kinders kom kuier. Ai, kon dit nie maar almal gewees het nie! Die Stanforders het laat weet die saak is reg (sover, hulle planne is soms vloeibaar!) maar die Parklanders moet werk en sal dalk Februarie se kant kom kuier. Nou is dit ‘n presente-gekopery vir die vale. (Die dat ek al so gatvol is vir daai arme drommer drommel!)
Maar dis ‘n plesierigheid vir die toekoms. Op die oomblik sit ek alweer hier ter lande soos die nimlike Piet Snot, soos Kiepie, soos ‘n eensame uil op ‘n kluit.Vroukie is so ‘n uur gelede weg Pretoria toe, sy moet ‘n kursus in elektroniese rekordbestuur gaan doen, vir die hele blerrie week! Fokkitie fok! Maar die donker wolk het ‘n silwer randjie, ek moet more self soontoe om in dieselfde gebou waar sy haar kursus doen, ‘n workshop oor arts, culture and heritage by te woon! More-aand skwat ek dus by haar.
En hoe gaan ek my tyd verwyl? Ek kan ‘n dvd kyk, ek kan lees (Spoor van Deon Meyer lê juis hier en wag) of ek kan êrens gaan kuier. Die kuiergedagte impliseer egter dat die hosts uit meegevoel kan aandring dat ek by hulle eet, wat weer embrioties kan wees vir ‘n laatnag kuier. Daarvoor sien ek nie op hierie Sondagaand kans nie. Alleen kan ek egter nie oor hierdie saak besluit nie, ek sal wag tot die sonnetjie betaamlik gesak het en dan met ‘n glasie plonk in die hand hieroor besin. Bacchus het altyd raad, die bliksem!
pasella het gesê op November 21, 2010
Goeie plan!
pasella het gesê op November 21, 2010
dankie Therina, ook vir jou!
TS het gesê op November 21, 2010
hehehehe… die glasie sal wel seker bietjie verligting bring
fatladydagboek het gesê op November 21, 2010
lol – Bacchus het al vele probleme opgelos. Sterkte vir die week – se maar as ons vir jou ‘n bordjie kos kan deurblog.
fatladydagboek het gesê op November 21, 2010
PS – Ek het heelwat blaarslaai wat ek kan stuur!
monicahaddad het gesê op November 21, 2010
My kinders kom ook almal lekkerrrrrrr. Maar ek het nou vir jou ‘n blink plan uitgedink, hoekom gebruik jy nou nie hierdie week kreatief en maak vir daai kleinkinders van jou kerspersente nie 😉
pasella het gesê op November 21, 2010
Hy maak die alleenheid minder swaar!
pasella het gesê op November 21, 2010
Dankie, maar nee dankie! Ek is van daai ouens wat sê “Kom 1 Januarie, dan gaan ek van ‘n paar lelike kilo’s ontslae raak” en Jan kom ook nie!
pasella het gesê op November 21, 2010
Jissie Monica, jy dink te veel! Op ernstiger noot–ek hou daarvan om vir hulle stories te skryf, hulle is maar power (die stories nou!) maar dit het nogal ‘n vermaakwaarde. Ek dink op die oomblik juis aan een.
jr_hewing het gesê op November 21, 2010
ek het net gister gewonder. waar is lewies? parrram pam pam PAM.
pasella het gesê op November 21, 2010
Hi Verskriklik! Ja jong, ek weet ek is bietjie skaars deesdae, maar: I’ll be back!
pasella het gesê op November 21, 2010
En daar kaap Vroukie die boek, saamgevat Pretoria toe! Deon Meyer kan ‘n lekker storie spin, en dan het hy hier in onse buurdorp grootgeword. Ek voel ‘n spesiale lojaliteit teenoor hom net daaroor.
pasella het gesê op November 21, 2010
Hi Annemari! Lekker week daar vir jou en Sbol. Ai, die skeiding, net ‘n lekker skwat maak dit reg!
Trakie het gesê op November 21, 2010
Lekker skwat!
pasella het gesê op November 21, 2010
Hi kelkie! Ja né, as die geleentheid hom voordoen meot jy skwat!
bloukaap het gesê op November 22, 2010
raad, rede en wysheid ——-
eiewys-gekkigheid het gesê op November 22, 2010
LOL Lewies was Bacchus se raad toe goed?
jannel1 het gesê op November 22, 2010
Kan Oom Lewies nie drummer boy en Bacchus aan mekaar voorstel nie?
pasella het gesê op November 23, 2010
Hi Pruim, lyk my ken die gevoelente!
pasella het gesê op November 23, 2010
Nee, die bokker, ek moes hom ‘n paar keer raadpleeg voor hy sê!
pasella het gesê op November 23, 2010
Dis ‘n match made in hel!
DallaSePa het gesê op November 28, 2010
“Bacchus het altyd raad, die bliksem!” … die bliksem!
Jellow Lewies!!
pasella het gesê op November 28, 2010
DsP!! Jongman!
brokkies het gesê op November 30, 2010
Jellllll! Daai drummer boy maak my gekkkkkk!
pasella het gesê op November 30, 2010
Heita, sista in arms!